Zambi?rs wil hulle geld van Chiluba terug h

Image'n Zambiese hof het gesê daar sal later die maand besluit word of 'n Britse hofbeslissing teen eks-president Frederick Chiluba is Zambië geldig is om die terugbetaling van gesteelde fondse moontlik te maak. Chiluba was vanaf 1991 tot 2001 staathoof.

Die beslissing van 2007 het Chiluba skuldig bevind aan die diefstal van staatsfondse van ongeveer 50 miljoen dollar. Chiluba het 'n aansoek gebring om die registrasie van die beslissing in Zambië te keer, maar het misluk.

Regter Evans Hamaundu het gelas dat alle vertoë ingehandig word voordat hy uitspraak lewer op 29 Mei. Zambië se prokureur-generaal wil hê die Londense beslissing moet in Zambië gereistreer word om plaaslike jurisdiksie te verseker.

Regter Peter Smith het in 2007 bevind dat Chiluba Londense bankrekeninge gebruik het van die Zambiese regering en het beslis dat hy toegang tot sy pensioen by Barclays Bank geweier word in Lusaka asook sy eiendomme in Ndola.

Smith het gesê die Zambiërs weet wie vir die duur pakke betaal het, die handgemaakte hemde met 'n monogram daarop geborduur en handgemaakte skoene waarvan die hakke spesiaal opgebou is om Chiluba langer te laat vertoon.

Chiluba het tydens sy ampstermyn 100 000 dollar verdien, maar het blykbaar genoeg geld gehad om een miljoen dollar by 'n eksklusiewe Switserse boetiek te blaas op een slag. Zambiërs moet oorleef op een dollar per dag.

пазлы для детейЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae