Die Aartsbiskop van Kantelberg, Rowan Williams, leier van die wêreld se Anglikane, het blykbaar aan die BBC se direkteur-generaal gesê hy is bang dat die "Christelike stem" uitgedoof gaan word omdat dié stasie pas 'n Moslem aangestel het as hoof van godsdiensprogramme.
Aaqil Ahmed sal by die Britse staatsuitsaaier aansluit nadat hy voorheen verbonde was aan Channel 4.
Die Aartsbiskop wou nie verdere kommentaar in die openbaar lewer nie, maar die biskop van Manchester, Nigel McCulloch, het gesê die kerk sal die verwikkelinge fyn dophou.
