Dis tyd dat ons die waarheid in die oë kyk. Die Afrikaner as kollektiewe entiteit is tot niet. Ons kollektiewe bewussyn is oor die afgelope 200 jaar gekweek uit die loutering van twee vryheidsoorloë en omstandighede wat samewerking tot 'n oorlewingsmeganisme verhef het. Sedertien is hierdie kollektiewe bewussyn polities gemanipuleer om 'n nuwe blanke volk ryp te druk deur die apartheidsjare. Om hierdie nuwe volk teen die getalle monster van die swartes te beskerm, moes die kollektiewe status ten alle koste behou en uitgebou word, en dit was ook so. Die onuithoudbare onregverdigheid en diskriminasie van Apartheid was uiteindelik 'n groter krag wat hierdie kollektief langs sy natuurlike nate en verdelinglyne laar skeur het. Verdelingslyne wat net nie weer saamgevoeg kon word na De Klerk se oorgawe nie.
Die rede waarom die huidige geslag Afrikaners nie weer vry sal wees nie, is omdat hulle nooit weer met die stigma van Apartheid wil en kan saamleef nie. Dit is die enkele groot faktor wat alle pogings tot hereniging onder Afrikaners sonder uitsondering laat sneuwel het. Of Afrikaners wel 'n saak het, hang net van hulle self af, maar die probleem lê juis by die 'Hulle' wat maar net nie weer wil heg nie. Sentiment is bloot net nie meer effektief nie – ons voorvaders se offers net nie meer groot genoeg nie.
Daar is wel 'n nog groter krag wat voortspruit uit die natuurlike behoefte van die kultuurmens. Dis die kohesie van soortgelykheid. Die implikasies hiervan werk deur op alle terreine, van sportgebied tot in die kerk en staat. Dit impliseer opsigself dat ons kollektief afgebreek is tot op plaaslike vlak waar ons in ons gemeenskappe verkeer. Dit is dan ook ons uitdaging vir vandag in die NSA. Prakties beteken dit dat as jy as Afrikaner wil leef, jy eenvoudig moet verskuif na 'n plaaslike ruimte waar jy onder eendersdenkende Afrikaners tuis kan voel en 'n vrugbare en veilige bestaan kan maak. Ek weet van 'n klompie vriende- en familiegroeipunte waar dit juis toegepas word. Hieruit kan groter raakpunte weer opgebou word, maar van die Kaap tot in die Transvaal sal ons nooit weer kollektief kan wees nie. In hierdie ruimtes bly Afrikaners voortleef in 'n postmoderne styl sonder om te veel te tob oor ons amptelike status, want daarvan is daar niks meer oor nie.
Dis 'n bitter pil om te sluk vir baie Afrikaners, maar kyk dit nou maar eenmaal in die oë, ons Afrikanerryk het vir goed sy einde bereik. Dit gaan baie frustrasie spaar as ons net eers weer ons plek kan vind in die NSA. Wie weet, vorentoe mag ons wel weer 'n eie land hê, maar dit sal gebore wees uit die praktiese en nie sentiment nie.