Wapens en hulp kom in dieselfde vrag

ImageLugvragkontrakteurs wat betrokke is by die vervoer van internasionale hulpvoorrade en vredesoperasies na Afrika se konflikgebiede, smokkel ook wapens sê 'n prominente vredesnavorsingsgroep.

Die Stockholm Internationale Vredesnavorsingsinstituut sê in 'n verslag dat 90% van die kontrakteurs wat wapens vervoer ook deur die VN-agentskappe, EU, NAVO en bekende nie-regeringsorganisasies gebruik word.

"Die ergste plek is Soedan, waar al die maatskappye wat by die VN gelys is omdat hulle by wapensmokkelary betrokke is, gebruik word om hulp te vervoer,"het Hugh Griffiths, 'n mede-outeur van die verslag, aan AP gesê.

Hulporganisasies wat in die verslag genoem word is die Rooikruis en Dokters-sonder-grense. Hulle meen dit is moeilik om presies vas te stel wat voorheen in die vliegtuie vervoer is. Gerald Massis, direkteur-generaal van logistiek in Bordeaux, sê "Dit is soos om 'n taxi te huur. Jy weet nie wat agterna gebeur as jy uitklim nie."

Die instituut sê lugvervoer speel 'n sleutelrol in die destabilisering van dele van Afrika en ondersteun die smokkelhandel in dwelms en tabak na Europa, Noord-Amerika en die Midde-Ooste.

Selfs nadat die Veiligheidsraad die Soedannese Badrlugdiens op 'n swartlys geplaas het omdat hulle die heersende wapenverbod oortree het, het die VN se vredesmagte die lugdiens aanhou gebruik.

Ander lugvragmaatskappye sluit Aviacon Zitotrans in wat volgens die verslag gebruik word om Russiese wapens te vervoer. 'n Woordvoerder vir die Duitse Rooikruis, Svenja Koch, sê hulle het Avient gebruik vir hulp aan Zimbabwe op 16 Desember 2008. Avient, in Brittanje, is ook op die swartlys, maar Koch sê hulle gaan voortaan nie meer van dié lugvragdiens gebruik maak nie.

диагностическое оборудование автоалександр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae