Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA

CNN berig dat ‘n swart man, die 32-jarige Jesse Matthew, in Texas gevang is en aangekla gaan word van moord op ‘n 18-jarige blanke studente, Hannah Graham. Die polisie van Alebmarle-distrik sal later vandag om 10:00 Amerikaanse oostelike tyd (17:00 in Suid-Afrika) ‘n perskonferensie hou om besonderhede oor die saak bekend te maak.

Jesse Matthew
Jesse Matthew

Graham, wat ‘n eerstejaartjie aan die Universiteit van Virginië was, is as vermis aangemeld. In Oktober verlede jaar is haar skedel en beendere egter gevind op ‘n plek wat ongeveer 15 kilometer van waar sy laas gesien is, gevind.

Kringtelevisie-opnames en ander getuienis het die owerheid daartoe oorreed om Matthew as verdagte wat vir haar verdwyning verantwoordelik was te eien.

Die meisie het net voor sonop vermis geraak op 13 September nadat sy laas op kringtelevisie by ‘n winkelsentrum in Charlottesville vasgevang is.

Hanna Graham, waarvan slegs die skedel en beendere gevind is
Hannah Graham, waarvan slegs die skedel en beendere gevind is

Matthew is verlede jaar op 24 September op ‘n strand in die Galveston-distrik, Texas, ongeveer 2000 kilometer van waar Graham laas gesien is, in hegtenis geneem.

Alvorens die klagtes teen hom tot moord verhoog is, is Matthew vir ontvoering met die bedoeling om te verkrag aangehou.

In ‘n ander saak staan Matthew tereg op die onsedelike aanranding van ‘n vrou in Fairfax, Virginië, in 2005. Dié verhoor sal in Maart vanjaar plaasvind. Volgens die Amerikaanse owerheid is dié dame in September 2005 van agter af gegryp en onsedelik aangerand. Haar aanvaller is egter deur ‘n voetganger afgeskrik.

Inligting wat van dié vrou verkry is, het die polisie in staat gestel om Matthew met die saak van nog ‘n vermiste meisie, Morgan Harrington, te verbind. Harrington was ‘n studente aan die Tegniese Universiteit van Virginië wat insgelyks in Oktober 2009 in Charlottesville vermis geraak en drie maande later dood aangetref is. Matthew is egter nog nie van daardie saak aangekla nie.

Speurders ondersoek sy moontlike verbintenis met ander, soortgelyke gevalle in dieselfde gebied. Dit sluit in: moorde op die Virginië-Tegniese studente Heidi Childs en David Metzler, asook die doodmaak van Cassandra Morton van Lynchburg, Virginië, in Oktober 2009.

Nog ‘n studente wat vermis word, is Samantha Anne Clarke van Orange, Virginië, waarvan Matthew insgelyks deur speurders verdink word.

 

 

Internasionale sakeman en gesinslede in Stellenbosch vermoor

Die polisie kon nie berigte bevestig dat die drie lede van een gesin wat gister in die De Zalze landgoed in Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor is, met ‘n byl aangeval is nie.

Internasionale sakeman Martin van Breda, 54, sy vrou Teresa, 55, en hul 22-jarige seun, Rudi, is Dinsdagoggend in hul huis in die luukse gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het die moorde bevestig.

Volgens Traut is die ouerpaar se ander twee kinders, ‘n 16-jarige dogter en 20-jarige seun, glo tydens die aanval beseer en is hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Traut het gesê die polisie ondersoek ‘n saak van moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

Die polisie het ook berigte ontken dat ‘n jong man in sy vroeë twintiger-jare vir ondervraging ingeneem is.

Die polisiewoordvoerder, André Traut sê die ondersoek na die drie-dubbele moord gaan voort en dat hulle nie oor die motief kan bespiegel nie.

Die 20-jaar-oue seun, Henri, is glo deur die polisie vir ondervraging ingeneem het ‘n bediende wat by die bure werk, gesê.

“[Henri] kon nie ernstig beseer gewees het nie omdat hy kon loop. Ek het dit self gesien,” het Eben Potgieter, voorsitter van die landgoed se huiseienaarsvereniging gesê.

Swarte wat wit motorfietsryer skiet, kry weer borg

Die swart moordaangeklaagde Meekahefele Masooa wat ‘n wit motorfietsryer verlede jaar tydens ʼn padwoedevoorval in Johannesburg doodgeskiet het, het Maandag vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof verskyn.

Masooa (43) moet weer op 11 Augustus in die hof wees nadat regter Eben Jordaan die verhoor uitgestel het.

Staatsaanklaar Arveena Persad het aan die hof gesê alhoewel die voorlopige verhoordatum vir Maandag bepaal was, het die staat en verdediging ingestem om die saak uit te stel.

Masooa (43) word daarvan beskuldig dat hy Douglas Pearce (39) op 14 Februarie verlede jaar in Malibongwerylaan in Johannesburg doodgeskiet het.

Masooa is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Tydens sy borgtogaansoek het die hof gehoor dat albei mans op die dag van die skietery vuurwapens aan hulle gedra het. Hy beweer hy het uit selfverdediging opgetree.

Jordaan het die aangeklaagde se borgtog verder verleng.

Swart ma wat plunder val op baba

Die swart ma van die baba wat in ‘n stormloop tydens ‘n plundery in Kagiso, wes van Johannesburg, dood is, sê sy word daarvan beskuldig dat sy vir haar kind se dood verantwoordelik was.

Skares swartes het buitelandse winkels gestroop in die jongste vlaag xenofobiese geweld.

Zanele Majozi sê haar een maand-oue baba was aan haar lyf vasgemaak toe ‘n skare mense haar omgestamp het. Sy sê sy het op die kind geval, het RSG berig.

Sy het bewerings verwerp dat sy ten tye van die voorval ‘n spaza-winkel geplunder het. Vroeër is berig dat die baba 13 maande oud was, maar volgens Majozi was die kind baie jonger.

Nog twee mense is Sondagnag in Langlaagte in Johannesburg doodgeskiet.

Volgens die polisie het skares ‘n spazawinkel van ‘n buitelander geplunder en daarna aan die brand gesteek. Die plunderaars het glo op die polisie losgebrand en twee mense is noodlottig gewond.

Die Somaliese winkeleienaar, Senosi Yusuf, verskyn intussen vandag weer in die Protea landdroshof in Soweto in verband met die dood van ‘n tiener van die gebied, wat tot grootskaalse onrus gelei het.

Yusuf het na bewering verlede week ‘n 14-jarige seun doodgeskiet wat sy winkel probeer beroof het. Hy is in aanhouding sedert hy Donderdag in die hof verskyn het.

Die saak is tot vandag uitgestel sodat ‘n tolk gevind kon word.

Die voorval in Snake Park, Soweto, het gelei tot verskeie voorvalle van geweld en plundery van winkels van buitelanders in Soweto. Dit het ook na ander gebiede uitgebrei.

Bykans 200 mense is reeds in verband met die plundery in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Die Noord-Kaapse polisie het in ‘n ander voorval ‘n 27-jarige swarte in hegtenis geneem in verband met die dood van ‘n 20-jarige man in Roodepan wat vermoedelik gestenig is.

Die verminkte liggaam van Dallen Inks is in ‘n oop veld gevind. Die polisie-woordvoerder, Donald Mhluli het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting na vore te kom wat met die ondersoek kan help.

Swartman gevang met vermoorde vriendin se lyk in kruiwa

‘n Swartman is in hegtenis geneem omdat hy die ontbindende lyk van sy vriendin in ‘n kruiwa in Bloemfontein rondgestoot het, berig die Vrystaatse polisie.

Haar liggaam is onder komberse weggesteek, maar ‘n plaaslike inwoner het soos in ‘n rillerfliek haar voet onder die kombers sien uitsteek. Dit het rondom 05:30 gister in Kagisanong gebeur, het die polisiewoordvoerder Pater Kareli in ‘n verklaring gesê.

Die 35-jarige man is gevang en geslaan toe hy probeer weghardloop.

Die polisie in Kagisanong het die swartman na die Pelonomihospitaal geneem waar hy in ‘n ernstige toestand onder polisiebewaking verkeer.

Die lyk is as die verdagte se 31-jarige vriendin geëien.

‘n Moordsaak is geopen en ‘n nadoodse ondersoek vind plaas.

Bejaarde egpaar buite Bloemfontein afgemaai

Die name van die bejaarde egpaar wat laas nag op hul Bainsvlei-hoewe buite Bloemfontein doodgeskiet is, is bekend gemaak.

Die Vrystaatse polisie het die name van die bejaarde egpaar bevestig wat in die jongste plaasmoord deur swart aanvallers afgemaai is, tussen Kwaggafontein en Bainsvlei buite Bloemfontein.

Woordvoerder Sam Makhele sê die lyke van Toon en Rienie Swanepoel, tussen die ouderdomme van 72 en 70 onderskeidelik, is gevind kort ná twee swart verdagtes in die egpaar se bebloede bakkie aangekeer is.

Hy sê ‘n derde verdagte is kort daarna in Kelly’s View in hegtenis geneem.

Hy sê al drie sal na verwagting verskyn in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van moord en roof.

Die eerste twee verdagtes is enkele ure na die voorval gearresteer en het reeds die plek waar die lyke gelaat is aan die polisie uitgewys.

Polisiewoordvoerder Chaka Marope sê die egpaar is omstreeks middernag aangeval. Hulle is vasgebind en van ‘n televisiestel en kamera beroof.

Die rowers het die egpaar daarna doodgeskiet en hul lyke 3km van hul huis af in ‘n bos gelaat.

Ellisras-moord: Swart verdagte voor

Swartman, 22 jaar oud, sal Maandag in die hof verskyn vir die moord op Susan Kotze (76) van Ellisras (Lephalale) in Limpopo.

Kotze is vermoedelik met ‘n draadhanger verwurg. Die verdagte het met twee selfone, kontant en haar bakkie gevlug.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het in ‘n verklaring gesê die verdagte is Vrydag in Northam aangekeer met die gesteelde items.

Volgens inligting het die verdagte op  ‘n plaas in die omgewing gewerk, maar is vroeër vandeesmaand afgedank. “Hy het Kotze gevra vir werk en sy het glo ingestem dat hy tuinwerk doen,” het Otto gesê.

Die verdagte sal in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklag van moord en diefstal.

Valke-hoof geskors oor onwettige deportasies

Anwar Dramat, hoof van die Valke, is geskors oor bewerings dat hy betrokke was by die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Plaaslike media berig dat ‘n swartman onwettig aan die Zimbabwiese polisie oorhandig is wat daarvan verdink word dat hulle hom vermoor het.

Dramat se kantoor ontken betrokkenheid in enige oortreding.

Dramat is die hoof van Suid-Afrika se elite Valke-eenheid wat georganiseerde misdaad ondersoek.

“Ja. Hy [Mnr Dramat] is geskors hangende verdere ondersoeke na die Zimbabwiese deportasie,” het die polisie ministerie se woordvoerder Musa Zondi aan Sapa gesê.

Dramat het nie kommentaar gelewer sedert sy skorsing nie.

Die DA is onthuts oor die besluit en het die parlement genader om die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko se besluit te hersien om Dramat te skors.

Die party beweer die minister het nie die mag om die hoof van die Valke te skors nie.

Die Helen Suzman-stigting het reeds die hooggeregshof in Pretoria genader om Dramat se skorsing ongeldig te verklaar.

Zimbabwiese opposisie-aktiviste word glo herhaaldelik aangerand en gemartel deur die polisie en die weermag.

Twee lede van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) in Zimbabwe sê hulle is aangerand is deur lede van die regerende party in Masvingo, suid van Harare.

Suid-Afrika se Sunday Times het berig dat senior amptenare in die Valke en ander polisie-eenhede onwettige deportasies met hul Zimbabwiese eweknieë ooreenkom.

‘n 26-jarige Zimbabwiër, Witness Ndeya, was “oorhandig” deur die Valke en vermoor, glo deur die Zimbabwiese polisie, het die koerant berig.

Die Arbeidshof het intussen aan die hoof van die Valke in Gauteng, Shadrack Sibiya ‘n interdik teen sy skorsing toegestaan.

Sibiya se regsverteenwoordigers het die hof Sondag genader nadat hy verlede week ‘n kennisgewing van sy skorsing ontvang het.

Die skorsing hou na bewering verband met sy vermeende betrokkenheid by die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Sibiya se regsverteenwoordiger, Victor Nkhwashu sê sy kliënt sal vir werk aanmeld.

Swart verdagte weer voor vir veearts-moord

‘n Swartman gaan na verwagting vir ‘n tweede keer Maandag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord en verkragting van Rensia de Wet (46), veearts.

Die beskuldigde was na bewering een van De Wet se werknemers.

Die 30-jarige swarte is in polisie-aanhouding sedert De Wet se moord in Desember. Hy het op 15 Desember vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en huisroof, het Sapa berig.

Hy is in KwaMagugu buite Nelspruit in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn wenk reageer het. Die verdagte het glo op die landgoed gewerk waar De Wet gebly het.

De Wet se halfnaakte liggaam is op 9 Desember in ʼn plas bloed in haar huis op die Nottinghill Equestrian Estate gevind. Sy het steekwonde oor haar liggaam gehad.

Die verdagte kan nie geïdentifiseer word totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie.

Vermoor by onklaar motor op snelweg

‘n Man is Donderdag vermoor langs sy motor op die M2-snelweg naby Denver in die suide van Johannesburg gevind.

“Dit is nog nie seker wat gebeur het nie, maar dit lyk asof sy motor gaan staan het en dat hy stilgehou het,” het inspekteur Edna Mamonyane, woordvoerder van die metropolisie, gesê. “Hy het uitgeklim en mense langs die snelweg het hom waarskynlik gekonfronteer.”

Beamptes in ʼn metropolisiepatrolliemotor het die motor opgemerk en gesien die enjinkap staan oop. “Die man se liggaam is naby sy motor aangetref. Hy is in die kop geskiet.”

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het bevestig paramedici het die man, ongeveer 40, op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Becker van Waterkloof-vier uit op parool

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is Dinsdag op parool vrygelaat.

‘n Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Becker is vrygelaat na ‘n bevel van die hooggeregshof in Pretoria.

Sy prokureurs het vroeër dié maand ‘n dringende aansoek om parool in die hooggeregshof gebring. Dit is toegestaan.

Die vier seuns van Waterkloofhoërskool, naamlik Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het glo op 1 Desember 2001 ‘n hawelose swarte in Moreletapark, Pretoria, aangerand.

Hulle is in Junie 2005 skuldig bevind aan moord.

Die slagoffer is nooit uitgeken nie. Die vier is op 11 Februarie 2014 vrygelaat ná vyf en ʼn half jaar van die 12 jaar tronkstraf wat hulle opgelê is.

Becker en Du Preez se parool is egter teruggetrek nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe hulle partytjie hou in die tronk. Hulle is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe.

Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is. Du Preez kan eers weer in Januarie 2015 vir parool oorweeg kan word.

Gedenkdiens vir vermoorde Groenewalds

‘n Gedenkdiens sal Vrydag by die Moreletapark NG-kerk in Pretoria gehou word vir die vermoorde Werner Groenewald en sy twee kinders

Hul oorskot het Woensdag in Suid-Afrika aangekom.

Teresa Conradie, ʼn familiewoordvoerder, het Donderdag gesê hulle oorskot het uit Kaboel aangekom.

Groenewald se vrou, Hannelie, ‘n mediese dokter, is Dinsdag terug uit Afghanistan.

Groenewald (46), en sy kinders Jean-Pierre (17) en Rhodé (15), is op 2 Desember in ’n Taliban-aanval by hul huis in Kaboel doodgeskiet.

Hannelie en haar man het opheffingswerk vir Partnership in Academics & Development (PAD) in Kaboel gedoen.

Sy was nie tuis toe aanval plaasgevind het nie, maar by die kliniek waar sy gewerk het.

Wrede moord en verkragting op bekende vroueveearts

Terwyl Helen Zille en die polities korrekte media veldtogte teen “blanke rassisme” voer, word al hoe meer blankes en Afrikaners uitgemoor. Die jongste slagoffer op Witrivier is dr. Rensia de Wet, 46, ‘n briljante veearts en perdekenner wat in 2002 die Theilermedalje as topstudent by Onderstepoort ontvang het.

Die bekende veearts en perdekenner, dr. Rensia de Wet
Die bekende veearts en perdekenner, dr. Rensia de Wet

De Wet is vermoedelik verkrag alvorens sy vermoor is, want haar lyk is halfkaal in haar slaapkamer gevind. ‘n Brigadier Selvy Mohlala van die SAPD het verklaar: ““Sy was in haar slaapkamer en was halfnaak. Sy is vermoedelik verkrag en is telkemale in die nek en bors gesteek.” Volgens berigte is sy in ‘n plas bloed gevind met haar twee honde wat by haar liggaam gewaak het. Bure het eergister teen 16:30 op die moordtoneel afgekom.

Niks word uit die houthuis waarin sy op die Nottinghill-Ruitersentrum gewoon het, vermis nie. Sy was geskei en kinderloos.

Vriende en bure op die perdelandgoed het haar as ‘n diere- en perdeliefhebber beskryf. ‘n Vriendin, Tanya Dekker, sê: “Sy het so ’n passie vir diere, veral perde, gehad. Die landgoed was vir haar ’n plek van veiligheid en sy en die eienaars het mekaar jare lank geken.”

Dr. De Wet het self ‘n perd op stal in die landgoed gehad. Op haar Facebook is talle foto’s van perde en vulletjies te siene, asook van haarself te perd. Sy het in perdevoeding gespesialiseer en het op ‘n stadium vir ‘n sjeik in Doebai gewerk na wie se perde sy omgesien het.

Nog ‘n vriendin, Kraai Kamffer het aan die media gesê: “Sy was my vriendin, en ʼn baie liefdevolle mens. Sy was baie lief vir diere én mense,” waarna haar gemoed vol geskiet het.

“Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie, maar ons ondersoek die saak,” het brig. Selvy Mohlala van die SAPS gesê. ‘n Moordsaak is geopen.

 

Gemengde huwelik eindig met moord

‘n Swart prostituut 25, van Pietermaritzburg is Maandag skuldig bevind aan die moord op haar 60-jarige wit man, Alan Griffiths.

Die twee was agt maande lank getroud, het Sapa berig.

Alan se liggaam is in ʼn veld in Estcourt opgespoor. Hy is verwurg en geslaan.

Thenjiwe, sy vrou, het glo met die moordenaars gereël om op 20 Januarie 2006 hulself as rylopers voor te doen op die pad naby Colenso waar sy en haar man sou ry.

Regter Rishi Seegobin was in die hooggeregshof in Pietermaritzburg besig met sy uitspraak toe die krag onderbreek is. Dit was te donker in die hofsaal om voort te gaan en hy het gesê hy sal Dinsdag sy redes vir sy besluit verskaf. Hy het beslis dat haar borgtog opgeskort word en sy in aanhouding gehou moet word.

Alan, ʼn alkoholis, was ‘n afgetrede ingenieur in Richardsbaai toe hy Thenjiwe, ʼn prostituut, ontmoet het. Sy het by ‘n kroeg op die dorp mans opgetel.

Josias Mare, Alan se voormalige prokureur, het aan die hof gesê dat sy kliënt binne ʼn maand nadat hulle getrou het, wou skei.

Thenjiwe het glo sy motor oorgeneem, hom in die huis toegesluit of uitgesluit en sy het by haar familie ingetrek.

Volgens Mare het Alan maandeliks ʼn pensioen van R4 500 ontvang wat Thenjiwe sou ná sy dood sou kry.

Sy grootste bate was egter die huis ter waarde van ongeveer R700 000. Hy het ook gesê sy kliënt se gesondheid het duidelik agteruitgegaan na die huwelik.

Hy het die gevolge aan die paartjie verduidelik indien hulle binne gemeenskap van goedere sou trou.