Ellisras-moord: Swart verdagte voor

Swartman, 22 jaar oud, sal Maandag in die hof verskyn vir die moord op Susan Kotze (76) van Ellisras (Lephalale) in Limpopo.

Kotze is vermoedelik met ‘n draadhanger verwurg. Die verdagte het met twee selfone, kontant en haar bakkie gevlug.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het in ‘n verklaring gesê die verdagte is Vrydag in Northam aangekeer met die gesteelde items.

Volgens inligting het die verdagte op  ‘n plaas in die omgewing gewerk, maar is vroeër vandeesmaand afgedank. “Hy het Kotze gevra vir werk en sy het glo ingestem dat hy tuinwerk doen,” het Otto gesê.

Die verdagte sal in die Lephalale-landdroshof verskyn op aanklag van moord en diefstal.

4 thoughts on “Ellisras-moord: Swart verdagte voor”

  1. Hamer en sekel (Pieter F Bruwer)

    Dié hamer slaan ons elke dag
    soos blitse uit die hemel blou,
    sy donder dreun met elke slag-
    dit dompel daagliks diep in rou.

    Dié sekel sny ons elke aand
    want elke roofdier soek sy prooi,
    sy moordenaars sluip nou verwaand-
    vermoor ons mense in hul kooi.

    Die lig verdoof nou dag en nag
    want duisternis oorheers ons land,
    en niemand hou meer buite wag
    teen dwingeland en doodsvyand.

    Dié duiwel loop dus rond en lag
    want almal staan gebalde vuis,
    en oral heers brutale mag-
    ellende woon in elke huis.

    1. Het zal zonder twijfel veel gebeuren dat er in de beraming van de snode plannen op zoek wordt gegaan naar onachtzame, te goed van vertrouwen zijnde doelen.

      i.t.t. de meest brute misdaden alhier is het opvallend hoe vaak deze daders, nog rustig bewijs opstapelend als teken van minachting ook voor ‘wetshandhaving’ na falende voorkoming, wegkomen met de auto/bakkie van hun slachtoffer Ciska.

Maak 'n opvolg-bydrae