Beeld het Saterdag berig dat ‘n bejaarde egpaar op hul plaas in Lindley naby Muldersdrift in Gauteng aangeval is en die boer vermoor is.
Nog niemand is in hegtenis geneem vir die moord op Charles Henderson (61) en die aanranding van sy vrou Jenny (60) nie, het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.
Henderson het die hond hoor blaf en het gaan ondersoek instel toe hy met ‘n graaf en ‘n baksteen aangeval is. Hy is buite die kombuisdeur herhaaldelik oor die kop geslaan en daarna die huis in gesleep. Sy vrou is teen die kop geskop en geslaan.
“Ek kan nie meer nie,” het Charles sy laaste woorde aan sy vrou geprewel voordat hy gesterf het, het Beeld Saterdag berig.
Die egpaar was met hul rûe teen mekaar vasgebind deur die swart aanvallers. Jenny het drie ure lank gesukkel om haarself los te wikkel nadat haar man gesterf het.
Die boer is vemoor vir R600, selfone, ʼn televisiestel, DVD-speler en ‘n iPad.
Alhoewel ‘n verdagte in hegtenis geneem is danksy die iPad se spoorsein, het die polisiewoordvoerder Dlamini dit ontken.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.