Valke-hoof geskors oor onwettige deportasies

Anwar Dramat, hoof van die Valke, is geskors oor bewerings dat hy betrokke was by die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Plaaslike media berig dat ‘n swartman onwettig aan die Zimbabwiese polisie oorhandig is wat daarvan verdink word dat hulle hom vermoor het.

Dramat se kantoor ontken betrokkenheid in enige oortreding.

Dramat is die hoof van Suid-Afrika se elite Valke-eenheid wat georganiseerde misdaad ondersoek.

“Ja. Hy [Mnr Dramat] is geskors hangende verdere ondersoeke na die Zimbabwiese deportasie,” het die polisie ministerie se woordvoerder Musa Zondi aan Sapa gesê.

Dramat het nie kommentaar gelewer sedert sy skorsing nie.

Die DA is onthuts oor die besluit en het die parlement genader om die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko se besluit te hersien om Dramat te skors.

Die party beweer die minister het nie die mag om die hoof van die Valke te skors nie.

Die Helen Suzman-stigting het reeds die hooggeregshof in Pretoria genader om Dramat se skorsing ongeldig te verklaar.

Zimbabwiese opposisie-aktiviste word glo herhaaldelik aangerand en gemartel deur die polisie en die weermag.

Twee lede van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) in Zimbabwe sê hulle is aangerand is deur lede van die regerende party in Masvingo, suid van Harare.

Suid-Afrika se Sunday Times het berig dat senior amptenare in die Valke en ander polisie-eenhede onwettige deportasies met hul Zimbabwiese eweknieë ooreenkom.

‘n 26-jarige Zimbabwiër, Witness Ndeya, was “oorhandig” deur die Valke en vermoor, glo deur die Zimbabwiese polisie, het die koerant berig.

Die Arbeidshof het intussen aan die hoof van die Valke in Gauteng, Shadrack Sibiya ‘n interdik teen sy skorsing toegestaan.

Sibiya se regsverteenwoordigers het die hof Sondag genader nadat hy verlede week ‘n kennisgewing van sy skorsing ontvang het.

Die skorsing hou na bewering verband met sy vermeende betrokkenheid by die onwettige deportasie van Zimbabwiërs.

Sibiya se regsverteenwoordiger, Victor Nkhwashu sê sy kliënt sal vir werk aanmeld.

2 thoughts on “Valke-hoof geskors oor onwettige deportasies”

  1. Ek hoor die FW de Klerk Stigting, Round Table, DA, RSA Big Business Counsel, UN, EU, internasionale Banke, Tradisionele Swart Leiers, en sekere oud en dienende ANC parlementslede gaan KOESA herroep, die feite van geweld, misdaad, staatskorrupsie, staatsbankkrotskappe, moord deur staat direk en indirek betrokke, voor die wereldmedia ontbloot, die Prez en sekere ministers aankla by die wereldhof vir misdade teen hul onderdane en minderhede (mensdom), en ‘n nuwe grondwet onderhandel wat ook voorsiening maak vir taalkantonne en etniese voorkeurkantonne vir all volke wie dit wou opeis. Die provinsies gaan vervang word met sowat 100 distriksrade/kantonne wat maksimale mag op grondvlak sal verkry. 20% van die kantonne sal volgens dominante streektale, met 3 gereserveer vir Afrikaans, ingestel word. Elke distriksraad se wetgewing moet deur ‘n senaat wat proporsioneel deur taal groepe verteenwoordig word goedgekeur word. Daar sal voorsiening wees vir verskanste eiendomsreg, vrye mark ekonomie sal in die distriksraadgrondwette verskans wees, en moedertaalonderrig word ‘n reg. Die organiseerders en hul internasionale vennote het besluit dat die verfynnings is nodig om totale verval en anargie te keer. Die internasionale raad van fasiliteerders vanaf 10 lande en vergaderfasiliteite word gedurinde Maart 2015 aangekondig. Hier kom ‘n ding.

    1. Is hierdie aangekondig vir 1 April? Ek kan nie glo dit is waar nie – indien wel kan ek die stigting nou al beloof dat hulle in hulle pekie gestuur gaan word. Die ANC het nou die mag. NIKS gaan hulle daarvan laat afsien nie – Zuma sê mos hulle gaan tot die wederkoms regeer.

Maak 'n opvolg-bydrae