Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is Dinsdag op parool vrygelaat.
‘n Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Becker is vrygelaat na ‘n bevel van die hooggeregshof in Pretoria.
Sy prokureurs het vroeër dié maand ‘n dringende aansoek om parool in die hooggeregshof gebring. Dit is toegestaan.
Die vier seuns van Waterkloofhoërskool, naamlik Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het glo op 1 Desember 2001 ‘n hawelose swarte in Moreletapark, Pretoria, aangerand.
Hulle is in Junie 2005 skuldig bevind aan moord.
Die slagoffer is nooit uitgeken nie. Die vier is op 11 Februarie 2014 vrygelaat ná vyf en ʼn half jaar van die 12 jaar tronkstraf wat hulle opgelê is.
Becker en Du Preez se parool is egter teruggetrek nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe hulle partytjie hou in die tronk. Hulle is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe.
Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is. Du Preez kan eers weer in Januarie 2015 vir parool oorweeg kan word.
