praag.co.za

Becker van Waterkloof-vier uit op parool

Written by

in

,

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is Dinsdag op parool vrygelaat.

‘n Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê Becker is vrygelaat na ‘n bevel van die hooggeregshof in Pretoria.

Sy prokureurs het vroeër dié maand ‘n dringende aansoek om parool in die hooggeregshof gebring. Dit is toegestaan.

Die vier seuns van Waterkloofhoërskool, naamlik Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het glo op 1 Desember 2001 ‘n hawelose swarte in Moreletapark, Pretoria, aangerand.

Hulle is in Junie 2005 skuldig bevind aan moord.

Die slagoffer is nooit uitgeken nie. Die vier is op 11 Februarie 2014 vrygelaat ná vyf en ʼn half jaar van die 12 jaar tronkstraf wat hulle opgelê is.

Becker en Du Preez se parool is egter teruggetrek nadat ʼn selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe hulle partytjie hou in die tronk. Hulle is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe.

Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is. Du Preez kan eers weer in Januarie 2015 vir parool oorweeg kan word.

Comments

3 responses to “Becker van Waterkloof-vier uit op parool”

  1. Puma0163 Avatar
    Puma0163

    Ek vertrou dat Becker nou nederigheid geleer het. My vraag is, hoekom word Frikkie du Preez nie saam op parool ontslaan nie? Hulle is immers “in” vir dieselfde goed!

    1. Kaylee van Yken Avatar
      Kaylee van Yken

      Geldige vraag Puma. Ek hoop werklik hierdie jongman het daar uitgestap en duur lewenslesse geleer, beginnende met nederigheid en respek en dit deel maal van sy daaglikse lewe.

  2. jan Avatar
    jan

    Ek sien Ton Vosloo was Coenie se gas op Kwela.

    Mens kon jou verbeel dat hy maar teensinnig met die minderwaardige kinderlike Afrikanerpret van Kwela wou assosieer want sy multi-miljaard-besigheid is ‘n totaal ander beeld van die Afrikaner Volkie. Naamlik Tsafendas Die Reitz4, Rhoody Don Steenkamp, Oscar, DuToit, Kotze Boeremag en Waterjkloof 4 Die Christen skole en nou die Du Preez tragedie van Rawsonville.ens ens ens ad nosium

    Naspers se skatkamers is mos vol Afrikaner juwele. soos Madame Tusseax se museum.

    Ton kan hom nie juis met beuselagtighede soos Kwela ophou nie
    Hmm?

Leave a Reply