Swart ma wat plunder val op baba

Die swart ma van die baba wat in ‘n stormloop tydens ‘n plundery in Kagiso, wes van Johannesburg, dood is, sê sy word daarvan beskuldig dat sy vir haar kind se dood verantwoordelik was.

Skares swartes het buitelandse winkels gestroop in die jongste vlaag xenofobiese geweld.

Zanele Majozi sê haar een maand-oue baba was aan haar lyf vasgemaak toe ‘n skare mense haar omgestamp het. Sy sê sy het op die kind geval, het RSG berig.

Sy het bewerings verwerp dat sy ten tye van die voorval ‘n spaza-winkel geplunder het. Vroeër is berig dat die baba 13 maande oud was, maar volgens Majozi was die kind baie jonger.

Nog twee mense is Sondagnag in Langlaagte in Johannesburg doodgeskiet.

Volgens die polisie het skares ‘n spazawinkel van ‘n buitelander geplunder en daarna aan die brand gesteek. Die plunderaars het glo op die polisie losgebrand en twee mense is noodlottig gewond.

Die Somaliese winkeleienaar, Senosi Yusuf, verskyn intussen vandag weer in die Protea landdroshof in Soweto in verband met die dood van ‘n tiener van die gebied, wat tot grootskaalse onrus gelei het.

Yusuf het na bewering verlede week ‘n 14-jarige seun doodgeskiet wat sy winkel probeer beroof het. Hy is in aanhouding sedert hy Donderdag in die hof verskyn het.

Die saak is tot vandag uitgestel sodat ‘n tolk gevind kon word.

Die voorval in Snake Park, Soweto, het gelei tot verskeie voorvalle van geweld en plundery van winkels van buitelanders in Soweto. Dit het ook na ander gebiede uitgebrei.

Bykans 200 mense is reeds in verband met die plundery in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.

Die Noord-Kaapse polisie het in ‘n ander voorval ‘n 27-jarige swarte in hegtenis geneem in verband met die dood van ‘n 20-jarige man in Roodepan wat vermoedelik gestenig is.

Die verminkte liggaam van Dallen Inks is in ‘n oop veld gevind. Die polisie-woordvoerder, Donald Mhluli het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om met inligting na vore te kom wat met die ondersoek kan help.

Vlugtelinge wil Limpopo-spaza’s wettig bedryf

spazaBuitelandse handelaars wat spazawinkels in Limpopo bedryf het die Noord-Gautengse Hooggeregshof gevra vir ‘n bevel om hulle in staat te stel om in die provinsie handel te dryf, sê ‘n Business Day–verslag.

Die saak handel oor die reg van vlugtelinge en asielsoekers hulself te ondersteun deur die bedryf van ondernemings in Suid-Afrika.

Die polisie het die afgelope jaar sowat 600 winkels gesluit wat voorraad-verliese van R42 miljoen tot gevolg gehad het.

In klopjagte is winkels van spesifiek Ethiopiese en Somaliese burgers geteiken. Die prokureurs wil duidelikheid kry oor of asielsoekers hul eie ondernemings mag open of nie.

Die asielsoekers en vlugtelinge beweer hulle is doelbewus verhinder om besighede in Limpopo te bedryf.

Kate Hofmeyr, vir vyf buitelandse burgers, die Somaliese Vereniging van Suid-Afrika en die Ethiopiese Gemeenskap Vereniging van Suid-Afrika, aan die hof gesê die buitelandse burgers kon nie toegang tot die formele arbeidsmark kry nie en die enigste manier vir hulle beskikbaar is om ‘n inkomste te verdien deur die opening van spazawinkels, terwyl hul asiel- en vlugtelingaansoeke verwerk word.

Sy het gesê hulle bestaan ​​is negatief geraak deur die Limpopo se Ekonomiese Ontwikkelings-, Omgewing en Toerisme Departement se weiering om aansoeke vir handelslisensies te aanvaar.