‘n Swartman gaan na verwagting vir ‘n tweede keer Maandag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord en verkragting van Rensia de Wet (46), veearts.
Die beskuldigde was na bewering een van De Wet se werknemers.
Die 30-jarige swarte is in polisie-aanhouding sedert De Wet se moord in Desember. Hy het op 15 Desember vir die eerste keer in die hof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en huisroof, het Sapa berig.
Hy is in KwaMagugu buite Nelspruit in hegtenis geneem nadat die polisie op ʼn wenk reageer het. Die verdagte het glo op die landgoed gewerk waar De Wet gebly het.
De Wet se halfnaakte liggaam is op 9 Desember in ʼn plas bloed in haar huis op die Nottinghill Equestrian Estate gevind. Sy het steekwonde oor haar liggaam gehad.
Die verdagte kan nie geïdentifiseer word totdat hy op die aanklagte teen hom gepleit het nie.
