Seksmisdadiger kry parool

Die seksmisdadiger Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan binnekort op parool vrygelaat word, het die Sunday Times Sondag berig. Die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur. Visser dien tans tronkstraf van sewe jaar uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie.

Lees verder: Seksmisdadiger kry parool

SAOG vra dat Zim-sanksies opgehef word

Suider-Afrikaanse leiers het die internasionale gemeenskap gevra om sanksies teen Zimbabwe op te hef in die lig van president Robert Mugabe se oorwinning by die stembus. Die voorsitter van die SAOG, Joyce Banda sê Zimbabwiërs het nou genoeg gely. Lede van die SAOG sê hulle is tevrede dat die Zimbabwiese verkiesing vry en vreedsaam was.

Lees verder: SAOG vra dat Zim-sanksies opgehef word

Mosambiek se stropers teiken Kruger

Owerhede sê stropers uit Mosambiek is verantwoordelik vir grootskaalse stropery in die gebied. “Mosambiek word algemeen beskou as ‘n veilige hawe vir stropers. Die renosterhorings word gesmokkel uit die land deur Maputo,” sê Limpopo Nasionale Parke se woordvoerder Antony Alexander. Renosterhoring kos nou byna R700 000 per kilogram op die swartmark.Terwyl 25 renosters 10 jaar

Lees verder: Mosambiek se stropers teiken Kruger

Oud-lid gevang met blouligte, polisie-uniforms, ammunisie

ʼn Voormalige polisieman is Sondag by sy huis in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, in hegtenis geneem nadat daar oa polisie-uniforms en ammunisie in sy besit gevind is. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, sê die 47-jarige oud-polisieman se arrestasie kom na ʼn operasie wat gesamentlik deur die Valke en die nasionale intervensie-eenheid onderneem is. Phiyega sê die

Lees verder: Oud-lid gevang met blouligte, polisie-uniforms, ammunisie

Bewerings ondersoek dat Britse weermag by Diana se dood betrokke was

Die Britse polisie ondersoek nuwe inligting oor die dood van prinses Diana, insluitend die bewering dat sy deur iemand in die Britse weermag vermoor is. Scotland Yard het eergister gesê hulle gaan die geloofwaardigheid van die inligting na. Diana, haar kêrel, Dodi al-Fayed, en hul motorbestuurder, Henri Paul, is op 31 Augustus 1997 in ’n

Lees verder: Bewerings ondersoek dat Britse weermag by Diana se dood betrokke was

Tweede huis in Krugersdorp brand weens leë brandkrane

Skaars ‘n week nadat ‘n gesin van Kenmare, Krugersdorp, al hulle besittings in ‘n huisbrand verloor het, is die besittings van nog ‘n gesin in dié area ook deur ‘n brand verwoes. Elaine du Preez, ‘n buurvrou van die huis in Howthweg wat aan die brand geraak het nadat vlamme van ‘n veldbrand daarheen versprei

Lees verder: Tweede huis in Krugersdorp brand weens leë brandkrane

Sadou agter Vavi

Die onderwysersvakbond, Sadou, se grootste streek in KwaZulu-Natal, Kokstad, eis ‘n terugtrekking van die besluit om die president van Sadou, Thobile Ntola, en die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, te skors. Sadou se Kokstad-streek het gister ‘n vergadering in Port Edward gehou. Ntola is geskors nadat hy ‘n platform aan Vavi verskaf het om Sadou

Lees verder: Sadou agter Vavi

15 onwettige Soweto-sjebiens oor die naweek gesluit

Vyftien onwettige sjebiens rondom Soweto is oor die naweek gesluit, het die polisie van Gauteng Sondag verklaar. “Die eienaars is in hegtenis geneem en die drank gekonfiskeer,” sê adjudantoffisier Kay Makhubela. Volgens hom is die onwettige kroeë in Eldoradopark, Zola, Diepkloof, Protea Glen en Dobsonville gevind. ‘n Aantal ander arrestasies in dié gebiede is Saterdagaand

Lees verder: 15 onwettige Soweto-sjebiens oor die naweek gesluit

Wit gesin gaan bly maand lank in Mamelodi

Max du Preez en vele liberale meningsvormers het mense al aangemoedig om dit te gaan doen, hoewel hulle nooit self tot die stap oorgaan om in ‘n ‘kasi” (swart sleng vir ‘n lokasie) te gaan bly nie. ‘n Welaf gesin van Pretoria-Oos, die Hewitts, het egter besluit om die daad by die woord te voeg

Lees verder: Wit gesin gaan bly maand lank in Mamelodi

‘Die Weste stereotipeer nog altyd vir Rusland’: Russia Today-redaktrise

Margarita Simonjan, 33, is die hoofredaktrise van die staatsbeheerde satellietnuusnetwerk, Russia Today. In hierdie onderhoud, wat met die Duitse tydskrif Der Spiegel gevoer is, beweer sy dat Westerse joernaliste steeds verkies om Rusland as ‘n booswig te skilder en dat haar stasie geen uitlaatklep vir regeringspropaganda bied nie. Die Russiese president, Wladimir Poetin, het ‘n

Lees verder: ‘Die Weste stereotipeer nog altyd vir Rusland’: Russia Today-redaktrise