praag.co.za

‘Die Weste stereotipeer nog altyd vir Rusland’: Russia Today-redaktrise

Written by

in

,
Margarita Simonjan, 33, hoofredaktrise van Russia Today. Sy het dié pos op die ouderdom van 25 ontvang.
Margarita Simonjan, 33, hoofredaktrise van Russia Today. Sy is reeds op die ouderdom van 25 in dié pos aangestel.

Margarita Simonjan, 33, is die hoofredaktrise van die staatsbeheerde satellietnuusnetwerk, Russia Today. In hierdie onderhoud, wat met die Duitse tydskrif Der Spiegel gevoer is, beweer sy dat Westerse joernaliste steeds verkies om Rusland as ‘n booswig te skilder en dat haar stasie geen uitlaatklep vir regeringspropaganda bied nie.

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het ‘n anti-CNN vir Westerse gehore geskep deur middel van die internasionale satellietnuusnetwerk, Russia Today. Hy het die netwerk van stapel gestuur ten einde “die monopolie van die Angel-Saksiese massamedia te verbreek”. Die regering het kennelik in sy doel geslaag, want die netwerk geniet meer kykers in die vernaamste stede van die Verenigde State as enige buitelandse uitsaaier.

In Washington skakel 13 keer soveel kykers op Russia Today in as op sy Duitse eweknie, Deutsche Welle. ‘n Totaal van 2 miljoen Britte volg die program. Op YouTube het Russia Today, wat in Moskou geleë is, onlangs die miljardgrens verbygesteek, die eerste uitsaaier ter wêreld wat dit regkry. Die hoofredaktrise, Margarita Simonjan, 33, sien die uitsaaier as ‘n soort ministerie van mediaverdediging vir Rusland.

U netwerk sien sigself as ‘n teenvoeter vir die vernaamste Amerikaanse uitsaaiers. Hoe het u daarin geslaag om die CNN-legende, Larry King, 79, van alle mense af te rokkel?

Simonjan: U sal hom daardie vraag moet vra, maar ek weet dat hy hoogs tevrede is om weer in spel te kom.

Wat kan Russia Today aan King bied wat ander nie kan nie?

Simonjan: Ek kan uit een van sy onlangse onderhoude aanhaal: “Ek het gedink ek kan aftree, maar ek is versot op my werk. Ek het nie gedink ek sal dit mis nie, maar ek mis dit wel.”

U netwerk word deur die Russiese regering befonds. Wat staan in u missieverklaring?

Simonjan: As u op enige gewone dag op CNN of die BBC inskakel, is 80 tot 90 persent van die berigte identies. Ons wil wys dat daar baie meer stories daarbuite bestaan as die 10-per-dag wat ‘n mens gewoonlik teëkom. Ek sê nie dat mense nét na ons program moet kyk nie, ek sê hulle behoort dit óók te kyk.

Die Russiese media het ‘n ietwat meer dramatiese siening van u doelwitte. Vele vergelyk u netwerk met die departement van verdediging. U het dit self al gesê, as Rusland gaan oorlog maak…

Simonjan: … dan sal ons by die geveg betrokke raak, ja. Dit is op die land se regte, gewapende konflikte van toepassing. Onthou u die oorlog in Augustus 2008? Op daardie tydstip het die meeste Westerse mediahuise gereageer asof hulle Georgië se departement van verdediging was.

In 2008 het Russiese troepe die Georgiese grondgebied binnegeval nadat president Mikheil Saakasjwili die bevel gegee het om Suid-Ossetië aan te val, ‘n separatistiese republiek wat noue bande met Rusland handhaaf.

Simonjan: Al die Westerse uitsaaiers het slegs die Georgiese kant van die verhaal weergegee. Saakasjwili is op al die netwerke vertoon; sy verklarings is op alle programme uitgesaai. Daar is gesê dat Rusland die oorlog begin het. Daar is gesê dat die land se troepe ‘n besige mark in die provinsiale dorpie Gori gebombardeer het. Ons het dadelik ons korrespondente soontoe gestuur, wat geen spoor van hetsy ‘n geskietery, hetsy bombardemente, kon vind nie. Westerse uitsaaiers het hul dekking in die geheel op die lyding van Georgiese burgerlikes gefokus. Daar was geen verwysing na Suid-Ossetiërs nie, wat intussen elke nag artillerie-aanvalle deur Saakasjwilli moes verduur. Dit was suiwer pro-Georgiese propaganda.

Dit was nie só eensydig nie. SPIEGEL het byvoorbeeld vroeg reeds verslag gedoen dat dit Saakasjwilli was wat die eerste skoot geskiet het. ‘n Komitee van die Europese Unie het tot dieselfde gevolgtrekking gekom.

Simonjan: Sekerlik, maar bloot agterna! Hoeveel mense het werklik die EU-verslag gelees? Die meerderheid mense glo tot vandag toe dat Rusland die oorlog geheel en al sonder provokasie begin het. Die bose Rusland bespring arme klein Georgië.

Dis nie ongewoon om Rusland in die rol van aggressor te sien nie.

Simonjan: Daarteen maak ek beswaar! Rusland het geen oorlog met ‘n ander land oor die afgelope 20 jaar begin nie. By hoeveel gewapende konflikte was Amerika in dieselfde tyd betrokke? Aan hoeveel oorloë het Europa deelgeneem?

Hoe verklaar u Rusland se negatiewe beeld?

Simonjan: Die Weste het nog nooit van die Koue-Oorlog-stereotipe afgesien nie. Een ding wat min joernaliste verstaan, is dat Rusland die Sowjetunie van binne af begin afskaf het. Dit was ons wat besef het dat kommunisme ;’n mislukking was. Ons het verstaan dat dit verkeerd was om ons wil op ander volkere af te dwing. Ons het die Oosblok sy vryheid gegun. Vandag is ons ‘n ander land, met ‘n heel anderse mentaliteit — iets wat Westerse joernaliste soms moeilik vind om te begryp. U, byvoorbeeld, het vroeër verklaar dat Rusland aggressief opgetree het sonder om dit met feite te staaf.

Is Russia Today se oogmerk om objektief verslag te doen? Of gaan dit ten eerste en bowenal daaroor om ‘n perspektief te bied wat anders as dié van die Westerse media is?

Simonjan: Het u al baie voorbeelde van objektiewe verslaggewing in die algemeen raakgesien?

Daar word pogings aangewend om objektief te wees. Maar u netwerk dek net een kant, en bied die Siriese diktator Bashar Assad ‘n platform vir sy politieke boodskap aan.

Simonjan: Daar is mense wat na Assad se politieke teenstanders as die “demokratiese opposisie” verwys. Maar selfs die rebelle het vroue verkrag en kinders vermoor. Neem byvoorbeeld vir Saakasjwilli. Hy word deur die BBC as ‘n held voorgehou. Vir ander verteenwoordig hy ‘n verdrukker. Daar is geen objektiwiteit nie – slegs benaderings van die waarheid deur soveel stemme as moontlik.

Die Russiese opposisie word slegs by uitsondering op u netwerk getoon, behalwe as ‘n teiken vir smeerveldtogte. U het selfs die Russiese woernaalskrywer en dissident Roestern Adagamof van pedofilie sonder die geringste bewys daarvan beskuldig.

Simonjan: Waarom het ons oor Adagamof berig? Want hy was besig om hom in die openbaar as ‘n kampvegter vir geregtigheid  te posisioneer

Die beskuldigings wat teenoor hom gemaak is, is uitsluitlik gegrond op verklarings deur sy gewese vrou wat sê dat hy baie jare gelede ‘n minderjarige meisie in Noorweë seksueel mishandel het. Die owerheid het weens ‘n gebrek aan getuienis verseg om ‘n klag teen hom aanhangig te maak.

Simonjan: Ons het hom nie vervolg nie; ons het bloot ‘n verslag uitgesaai. Ons het ook gepoog om ‘n verklaring van die vrou en van Adagamof te verkry. Sou die Duitse media versuim om oor ‘n politieke aktivis wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 12-jarige meisie seksueel mishandel het, te berig? Ek het self met die eggenote gepraat, en ek het beslis nie die indruk gekry dat sy kranksinnig is nie.

Hoe het dit gebeur dat u netwerk die eerste was om beeldmateriaal van die inhegtenisname van ‘n CIA-spioen in Moskou gedurende Meimaand te verkry? Hoe nou werk u met die owerheid saam?

Simonjan: Ons het daardie beeldmateriaal van ‘n agentskap verkry op dieselfde manier as wat elke ander Russiese televisienetwerk te werk gaan. Dit was nie eksklusiewe materiaal nie. Ons was eenvoudig vinniger as die ander om dit te publiseer. – Spiegel Online

Comments

41 responses to “‘Die Weste stereotipeer nog altyd vir Rusland’: Russia Today-redaktrise”

  1. Linty Avatar
    Linty

    ZZZZjoeee…MOOI was darem nog nooit lelik nie!!!!

    1. Seg Net Avatar
      Seg Net

      Wat seg jy nou!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  2. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Dalk lê ons Afrikaner media heil ook daar. Kry die Russe om ons van die kommunistiese liberales te bevry.
    Hulle het mos erken dat die stelsel ‘n mislukking is. Dit is net NSA wat nog vasklou aan ‘n ou uitgediende politieke bestel.
    En daardie meisie is nie op haar bek geval nie.

    1. Schavuit Avatar
      Schavuit

      Arnieann,

      Ek glo jy het gisteraand iets te diep in die drankbottel gekyk en is nog steeds dronk ;).

      1. Hoe kan iemand kommunisties EN liberaal wees?
      2. Rusland ‘n voorbeeld? Vertrapping van menseregte, Poetin wat met 140% herkies is (‘n ou kommunis)… ek glo hulle gee nie die regte voorbeeld. Rusland is hard op weg om weer die ou USSR te word.

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        Die liberales is tot enigiets instaat. En ek kies Rusland en sy Putin enige dag voor Engeland of Amerika.
        En vir jou inlgting meneer: Ek was in my hele lewe nog nooit dronk, of ‘n suiper nie. Jy praat van goed wat aan my onbekend is. Maak daarmee net wat jy wil. En aangesien jy met hierdie aanmerking jou duim gesuig het, glo ek die res van skrywe is ook daaruit gesuig.

        1. Trippie Trip Avatar
          Trippie Trip

          Gits, ek verstaan eerlikwaar nie waarom mense nie van mekaar kan verskil SONDER om beledigend / persoonlik te raak nie.
          Wat jou repliek aanbetref, stem met jou saam Arnieann.

        2. Schavuit Avatar
          Schavuit

          Hehe Arieann,

          Moenie dit so ernstig opvat nie, ek het dit as ‘n grap bedoel en nie as ‘n persoonlike aanval nie. Dit was meer omdat ek nogal vreemd opgekyk het van jou ‘kommunistiese liberales’, dit klink net so vreemd as fassistiese Jode.

          Het jy al eens Rusland besoek? Korrupsie en drankmisbruik is daar ernstige probleme, van die laasgenoemde durf ek te sê nog erger as in Suid-Afrika. Ek het sowel Sint Petersburg as Moskou besoek, en daar is veel armoede op straat (hoofsakelik deur alkoholmisbruik en die destruktiewe lewensstyl wat dit saambring).

          Rusland is ‘n fassinerende land. Tot twee jaar terug het ek ‘n baie goeie indruk gehad van Rusland. Dit is so verskrikkelik jammer dat dit met ‘n toenemende hoeveelheid probleme kamp. Dit regering word almaar onderdrukkender, en ek glo ons gaan Poetin nog baie jare sien. Dit is behoorlik hipokriet dat hulle Edward Snowden inlaat, maar hulle eie klokkeluiders en menseregteaktiviste in die tronk beland en soms gemartel word.

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Sal seker maar tyd neem om almal se streke te leer ken Schvuit.
            Ek het geweet jy suig sommer jou duime. Daar kom gewoonlik nie veel daaruit nie nê.
            En daar is nie ‘n stad in die wêreld wat sulke pragtige geboue het nie. En ook skoon. Ek gaan ry maar met Google daar rond in die strate. Heel goedkoop. Ek kan so by so nie Russies praat nie, en hulle ook nie Afrikaans nie. So ek bly maar hier.

          2. Schavuit Avatar
            Schavuit

            So omdat ‘n stad pragtige geboue het, en die strate relatief skoon is (ek moet sê, dit is wonderlik hoe hulle die strate toeganklik hou met al die sneeu), moet ons die Russiese regering maar as ‘n voorbeeld hou terwyl hulle op sommige punte nog erger is as ons geliefde ANC regering? 😉

            Kyk liewer na die werklikheid.

      2. Seg Net Avatar
        Seg Net

        Schavuit waarom mense beledig wie jy nie ken of iets van weet nie? As dit jou manier van gesprekvoering is vat jou goed en bogger van die forum af. Jou tipe is nie hier welkom nie.

  3. Boerseun.Z.A.R Avatar
    Boerseun.Z.A.R

    Sy’s n mooi meisie,
    Is Margarita Simonjan single?

    1. Trippie Trip Avatar
      Trippie Trip

      Sy is pragtig.

      1. Boerseun.Z.A.R Avatar
        Boerseun.Z.A.R

        Ja,ek dink ek moet n bietjie by Rusland gaan kuier….

        1. Trippie Trip Avatar
          Trippie Trip

          Boerseun, dankie vir die glimlag wat speel om my mondhoeke. Ek dink natuurlik Kaapstad het van die mooiste dametjies in ons land, Pretoria nie ver agter hulle nie.

          1. Seg Net Avatar
            Seg Net

            Julle altwee moet asb. julle ooge oopmaak. ons land is vol pragtige dames, die een mooier as die ander. Geen land ter wêreld kan naby hulle kom nie. Kry nie ‘n lelike vrou nie, die een is net mooier as die ander. Voor ek vergeet BLANK, amper my verspreek of is dit verspreuk?

          2. Trippie Trip Avatar
            Trippie Trip

            Stem Seg Net, daar is nie ‘n lelike vrou nie, sommige wel mooier as ander. (verspreek) 😉

          3. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Ons het mos ‘n lewende “Speltoetser” sommer hier op Praag.
            Het jou so effe leer ken al Seg Net. Hehehe.

          4. Seg Net Avatar
            Seg Net

            Arnieann spot maar, ek is ongeskoold en probeer ten minste

          5. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Jy verstaan verkeerd Seg Net. Het jy klaar vergeet van die ” Leun/ leuen” dispuut???
            Lyk my Nuus 24 het julle super sensitief gemaak.

          6. Seg Net Avatar
            Seg Net

            Arnieann nee jong dit lyk my jy verstaan verkeerd. Ek het niks daarby bedoel nie maar saam met jou gespot. Nuus24 was ‘n ervaring, maar baie onsmaaklik die laaste paar maande. Nee, wat jy sal my nie sommer kwaad op opgewonde maak nie, te lank op forums om my aan onbenullighede te steur en ek kan ‘n grap vat en weet indien iemand ernstig is of nie.
            Geniet dit verder.

          7. Boerseun.Z.A.R Avatar
            Boerseun.Z.A.R

            Nee,Graaff Reinet.

        2. Trippie Trip Avatar
          Trippie Trip

          Pragtige Russiese blondekop en sy is “single” … weet net nie of sy Margarita Simonjan se sentimente deel nie !

          1. Boerseun.Z.A.R Avatar
            Boerseun.Z.A.R

            Nou soek ek n Russiese Visa.

          2. Trippie Trip Avatar
            Trippie Trip

            Jy kan enetjie invoer, maaaaaar, dan moet jy bereid wees om te trou ! LoL.

          3. Schavuit Avatar
            Schavuit

            Wat my nogal opgeval het in Moskou is dat baie Russiese meissies in kort jurkies rondloop ook al is dit -15 celsius. Dit was rerig…. vreemd.

  4. PJ Avatar
    PJ

    They couldn’t get RT off the air so they sent Larry King in to try to hijack it from within! RT is, and has for many years, been the only news station worth watching!

    1. PJ Avatar
      PJ

      Remember, Russian Christians took almost a century to win back their country and the so-called Western Elite Oligarchs will never forgive them for daring to kick them out. If only the Boers had been able to do so with the mining houses.

  5. Willy Avatar
    Willy

    En daardie baie vodka drinkende Russe wat hulle “beauties” los dat hulle al hoe meer uitwyk na ander lande toe, selfs desperaat pleit op FB. Wie nie ‘n treë agter die Russiese vrouens hoef te staan nie is die Israeliese jong dames en net so slim ook. Baie beskikbaar nou se dae.

  6. Kshusha Avatar
    Kshusha

    Ek is van Russiese oorsprong, Russiese ma en Afrikaanse pa. Ek het baie familie in Rusland, en besoek die plek ten minste een maal per jaar. Alhoewel ek baie trots is op my land, en alhoewel dit waar is dat die weste dubbele standaarde het tov hul russiese verslaggewing, wil ek PRAAG en Fransie graag reghelp met sekere feite: eerstens, in Rusland is daar geen persvryheid nie, en die Oligarge regeer die land. Ek het ‘n familielid wat by RT werk, en sy raak baie depressief oor die streng sensuur, geen joernalis kan so leef nie. Alhoewel Rusland net een Oorlog gevoer het onlangs (met Georgië), voer die regering ‘n skrikbewind teen die landsburgers. Ons is almal te bang om iets teen die regering te sê. Mense word in tronke gemartel, kinderregte word geïgnoreer (misdade van kinders word slegs gerapporteer as dit die regering se agenda pas, bv ‘n inlangse aanneming deur ‘n amerikaanse paartjie. Die kind is dood, maarniemand weet hoekom nie). Dieselfde as in SA, het alle industrië behalwe mynbou (en olie) platgeval sedert die einde van die Sowjet Unie. Ook, soos in SA, het ‘n klein groepe russe skatryk geword tydens die perestroika, onder meer ons president, en ook Boris Yeltsin. Lg het basies die hele parlement doodgeskiet in die negentigs, dit was aaklig, en dit was toemy ma besluit het om te imigreer. Baie Russe mis die Sowjet Unie, en mnr Putin, geslepe vent, begin nou meer hulde te bring aan Stalin as deel van sy veldtogte. Westerse media hou ook daarvan om die Sowjet Unie op ‘n baie ongenuansieerde manier uit te beeld. Wat min mense verstaan, is dat ons ekonomie in die 79s en 80s baie sterk was, en ons het glad nie die res van die wêreld nodig gehad nie. Die strooi het weer begin met mnr Yeltsin, hy was net so erg soos Stalin. Mnr Putin nie veel beter nie, hy kan mnr Zuma ‘n les of 2 in korrupsie leer, nkandla ‘n vulletjie teen sy inkopie sprees. Ek het jul onderhoud met Fransie gesien, en alhoewel sy soms die waarheid praat, verstaan sy duidelik nie die vogende nie (agv taalgaping), Russe is nie baie nasietrots nie, dinge soos literatuur verenig hul wel. Egter as hul die geleentheid het, imigreer hul binne ‘n oogwink. Ook, Rusland is ‘n multikulturele samelewing, en alboewel daar soms struwelinge is, is daar ‘n skere mate van respek. Die regering ignoreer egter gruwel aanvalle op Jode, caucasiërs (mense van die Suide), en homoseksuele deur Nazi agtige bendes soos die skinheads. Ook, anders as wat Fransie glo, weet min mense van SA, wat nog die Afrikaanse taal. Miskien het sy te doen met nieu Nazis (‘n baie klein minderheid). My hart bloei vir die land van my ma (ek beskou dit ook soms as my eie), en vat SA met sy gemors en persvryheid enige dag bo Rusland.

    1. Kshusha Avatar
      Kshusha

      My ma het my pa in 1993 ontmoet net voor die skietery, het het haar gevra om te trou. Sy wou eers nie, maar toe gebeur dit: http://articles.latimes.com/1993-10-05/news/mn-42407_1_death-toll. My pa het haar help imigreer, en ek is ‘n jaar later gebore. Terloops, Rusland se regering bly ook in ‘n ‘wit huis’, of beloi dom.

  7. Kshusha Avatar
    Kshusha

    Ook, terloops, ek is nie ‘n voorstaander van die Sowjet Unie nie, maar my ma en grootouers kan getuig dat hul baie beter af was as nou. My ouma en oupa kry tesame ‘n oensioen van sowat R 3000 per maand, en as dit nie vir my ma was wat rande soontoe stuur nie, was hul op die straat sois baie ander ou mense. Ook, gelukkig, te danke aan die Sowjet unie het hul ‘n huis ontvang, soos meeste ander Russe. Nalatingskap van Sowjet Unie: ant-semitisme, ateisme, ‘n groot meerderheid Russe met huise, ‘n baie hoë geletterdheidsyfer in beide Rusland en die voormalige Republieke, en wêreldklas infrastruktuur. Treine is oud maar baie meer betroubaar as in VK. Wat het die nuwe regering bereik? Hul het kerke herbou, skole laat agteruitgaan (russiese universiteite word nie internasionaal erken, agv nepotisme en mense wat grade koop), baie swak dreinering (dit maak veral herfsmaande gevaarlik wanneer die ys smelt), professionele mense wat buite hul veld werk (ingenieurs, argitekte, ruimtevaarders ens kry nie maklik werk nie ) voorplantingsvoordele (baie oer), mense wat te vroeg trou agv van lg en dus baie hoë egskeidingsyfer, baie baie meer korrupsie as in die 70 s en 80s. Wat ek egter van Rusland hou is die parke, vriendelike mense, en baie goedonderhoude museums. Ook, mits jy nie met gangsters betrokke taak nie, en nie mnr Outin beledig nie, en nie gay of joods of caucasies is nie, is dit veilig. Die kultuur is redelik intellektueel, anders as in SA (insluitend die Afrikaner wat nie buite die boksie kan dink nie).

    1. Kshusha Avatar
      Kshusha

      Ook, om ‘n dokter of tandarts te sien moet jy omkoopgeld gee. Basies moet mens altyd kontant aan jou dra in geval die polisie jou probleme gee (hulle is baie korrup, antwoord ook nie altyd hul fone nie). Alkoholisme is ‘n groot probleem, veral onder mans. Dis nie veilig om vleis hier te eet nie, want boere koop gesondheidsinspekteurs om. in die somer is daar baie brande agv die feit dat moerasse drooggelê word deur die regering. baie kense gaan dood in die brande. oorndienalgemeen is veiligheid in die werksplek nie baie goed nie, jy sien baie maal mense swys sonder brille, boupersele word nie ordentlik afgekamp nie, ens. SA is ligjare vooruit in die opsig. Gesinsgeweld word nie as misdaad geklassifiseer nie, en dus slaan baie mans hul vroue. Ek sal nooit met ‘n russiese man wil trou nie, hulle is soms goed, maar oor die algemeen arrogant en buffelagtig. Ook, publieke geriewe isnwalglik, gewoonlik, na ‘n russiese besoek, is ek altyd so dankbaar vir ons skoon publieke badkamers veral.

      1. Kshusha Avatar
        Kshusha

        Ook vir fransie, daar is ‘n mannedag EN ‘n vrouedag. Mannedag is slegs vir soldate. Ek gee geskenke vir my oupa, maar nie vir my broer nie. Daar is ook nie so iets soos ‘n russiese huisvrou nie, hul vat gewoonlik net ‘n jaar of wat af na geboorte. My ma het baie gesukkel om aan te pas in SA hieroor, want in die 90s is SA vroue nog baie onderdruk in die werksplek. sy kon ook nie cope met al die gefrustreerde huisvroue nie. Nog ‘n nalatingskap van kommunisme: ‘n streng werksetiek en baie beroepsvroue. Baie meer liberaal as wat hul ooit sal erken. Ek het nie my hart uitgestort oor my ander land, niks anders om te sê op die oomblik nie, maar indien u enige vrae het vra gerus. My ma kan ook help om te antwoord oor Sowjet Unie, sy het baie stories oor haar ervaringe.

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Skoon publieke badkamers in Suid Afrika?

        Hoe kwalifseer jy “buite die boksie dink” of gee n voorbeeld asseblief.
        Ek aanvaar daar is ook nie rasgedrewe moordadigheid in Rusland is soos hier in Suid Afrika nie – omdat jy nie melding daarvan maak nie.

        1. Kshusha Avatar
          Kshusha

          Daar is rasgedrewe moordadigheid. En badkamers in Rusland is ongelooflik erg. Gaan soontoe en kyk vir jouself.

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Kwalifiseer vir my rasgedrewe moordadigheid in Rusland.

            Hier in Suid Afrika is Durband se strand so erg bemors dat dit net ingeploeg kon word en die op enige ander manier skoongemaak kon word nie.

            As jy sypaadjies beskou as publieke toilette soos hier in Suid Afrika ja dan moet ek jou waarskynlik gelyk gee mens kan darrem so hier en daar trap.

          2. Kshusha Avatar
            Kshusha

            Lees asseblief al my kommentare, jy sal jou antwoorde daar vind. jy kan ook domestic violence en racism in Russia google as jy wil. Ek hou nie daarvan om myself te herhaal nie. Terloops, ek dink nie jy sal inpas in Rusland nie, mense daar hou van lees.

          3. Kshusha Avatar
            Kshusha

            en doen asseblief jouself ‘n guns en gaan self na rusland, sien vir jouself wat is vuil. ek het die opsie om permanent soontoe te trek, niks hou my in SA nie, maar ek verkies SA. Voor jy verder fights met my pick, hou op aannames maak en doen jou navorsing.

          4. Riempies Avatar
            Riempies

            Sjoe ek het nie geweet dat jy alleenreg vir jou toe eien om op Praag n mening te gee nie – ek vind dit gewoonlik wanneer iemand so tekere gaan en so beldigend reageer op n normale opmerking is dit weens n gebrek aan n sinvolle antwoord.
            Moet asseblief nie verder moeite doen om met my te praat nie.

        2. Kshusha Avatar
          Kshusha

          Nie uit die boksie dink, bv jy wat aannames maak sonder navorsing doen. Wil jy wragtig met my stry oor ‘n plek wat ek baie goed ken? Die plek is soos my eie land?

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Jy verstaan nie my kommentaar nie lees weer en as van mening is jy kan my vrae antwoord maak so of los dit as jy nie kan nie.

Leave a Reply