Die misdaadbekampingsgroep Pagad sê die polisie moet dwelmhandelaars op die Kaapse Vlakte vasvat of sy lede sal dit self doen. Pagad het by vergadering wat gehou is in Freedom Park Sondag, die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beskuldig daarvan dat hulle nie misdaad hokslaan nie. Ontstoke inwoners by die Freedom Park Gemeenskapsaal, sê daar is ‘n
Zuma na landbouberaad, Cyril neem waar
President Jacob Zuma sal vandeesweek Suid-Afrika se afvaardiging na die Afrika Unie-beraad in Ekwatoriaal-Guinee lei, het RSG berig. Die beraad word van Woensdag tot Vrydag in Malabo gehou. Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj, sê die klem sal op landbou en voedselsekerheid. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal waarneem as president terwyl Zuma uit die land is. Die
SA geskiedenis moet glo nog swarter word
Die ANC wil graag swarter geskiedenis in alle skoolkinders se kele afdruk. Dié nuutste plan vir meer intensiewe ideologiese breinspoeling, sal lande soos Kuba uitsonder. Die huidige kurrikulum plaas glo te veel klem op die Europese geskiedenis in plaas van “plaaslike helde en heldinne en hul stryd”, sê die onderwysersunie Sadou. Die idee van ‘n
Waterpypbars, rioolstorting kopseer vir Pretorianers
Wat vir Johan Erickson soos ’n klein waterlekkie gelyk het, het binne dae in ’n waterramp verander met derduisende rand se skade. Erickson en Meyerstraat se inwoners in Wonderboom-suid, Pretoria, is Donderdagaand omstreeks 23:00 deur ’n geweldige slag wakkergemaak.’n Gebarste waterpyp voor Erickson se huis was die oorsaak vir dié helse ontploffing. “Die water het
Lees verder: Waterpypbars, rioolstorting kopseer vir Pretorianers
Universiteit Stellenbosch: Die wortel van die kwaad
In die Suid-Afrikaanse politiek is die Dakar-safari van 1987 na Senegal redelik goed bekend. Frederik van Zyl Slabbert beskryf dit as ‘n “ontmoeting tussen leiers van die ANC in ballingskap en hoofsaaklik Afrikaanssprekende professionele mense” (Duskant die geskiedenis, Kaapstad: Tafelberg, 2006, p 58). In hierdie boek is daar ‘n foto van die Dakar-gangers en ‘n
Lees verder: Universiteit Stellenbosch: Die wortel van die kwaad
Lyke van agt myners opgespoor
Die SAPD in Gauteng het op die lyke van agt onwettige mynwerkers Sondagaand in ’n goudmyn by Benoni afgekom nadat hulle deur mynpersoneel ontbied is. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê twee van die lyke was ondergronds. “In die stadium is die motief vir die moorde onbekend. Al agt is in die bolyf
Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap
Ek wou vandag eintlik graag oor ander onderwerpe as Afrikaans en die Universiteit Stellenbosch (US) geskryf het. As ek uitstel, sou my reaksie op onlangse berigte egter inboet aan aktualiteit. Sowel Afrikaans as die US is vir die Afrikanersaak so belangrik dat ek verplig voel om nog ‘n rubriek hieraan te wy. Die US het
Lees verder: Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap
Watermonsters by Bloemhof toon nalatige rioolbesmetting
Uitslae van toetse op watermonsters wat by Bloemhof in Noordwes ingesamel is, toon dat die munisipaliteit nalatig was toe drinkwater met riool besmet is. Die burgerregte-groep AfriForum het die toetse aangevra nadat drie babas dood is weens die vuil water. Die toetse het bevestig dat die water uit die Vaalrivier besmet was. AfriForum het die
Lees verder: Watermonsters by Bloemhof toon nalatige rioolbesmetting
Opod ondersoek skerppuntaksie by Barberton
Die ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat na die polisie op oproermakers gekiet het in Barberton, is aan die gang. Die direktoraat sal bewerings ondersoek dat die polisie skerppuntammunisie tydens gewelddadige protesoptrede by die Emjindini-trust gebruik het. Een persoon is in die maag geskiet toe die polisie op oproeriges geskiet het. Vyf mense is later in
Korrektiewe dienste sloer oor voorvadergeeste by Derby-Lewis-aansoek
‘n “Onvolledige” voorlegging om mediese parool, is klaarblyklik die rede waarom Clive Derby-Lewis se aansoek sloer. Derby-Lewis het op 2 Mei aansoek om mediese parool gedoen. Die departement van korrektiewe dienste het as rede aangevoer dat die dokumentasie nie “korrek” ingevul is nie. Die prokureurs van Derby-Lewis gaan nou die Hooggeregshof nader om die departement
Lees verder: Korrektiewe dienste sloer oor voorvadergeeste by Derby-Lewis-aansoek
