Die misdaadbekampingsgroep Pagad sê die polisie moet dwelmhandelaars op die Kaapse Vlakte vasvat of sy lede sal dit self doen.
Pagad het by vergadering wat gehou is in Freedom Park Sondag, die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beskuldig daarvan dat hulle nie misdaad hokslaan nie.
Ontstoke inwoners by die Freedom Park Gemeenskapsaal, sê daar is ‘n skerp styging in bendes en dwelmmisbruik in hul gemeenskap.
Een inwoner sê die polisie doen nie genoeg om die probleem te bekamp nie.
“Vir my is dit asof die polisie saam met die bendelede werk, want ons sal ‘n saak maak, maar niks kom van die saak nie en die dossier verdwyn.”
Inwoners sê as hulle verslag doen van kriminele aktiwiteite, wil die polisie nie onmiddellik reageer nie, of versuim hulle om misdadigers vas te vat.
Hulle het gevra vir ‘n toename in die polisie se sigbaarheid in die gebied.
Pagad het beloof om die Mitchells Plain-gemeenskap te help in die bekamping van misdaad.
Pagad sê inwoners is desperaat vir effektiewe maatreëls om oortredings soos dwelmhandel te bekamp.
Volgens ander inwoners werk sekere lede van die polisie saam met bendelede en dwelmhandelaars.
Die beweging se nasionale koördineerder, Abdus Salaam Ebrahim, het die gemeenskap van Tafelsig in Mitchell’s Plain toegespreek.
Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om op te staan vir hulle regte en hulle teen misdaad te verset.

Ek stem 100% saam met PAGAD – PUNT ! Die SAPD is vir seker kop in een mus met hierdie bendes en boonop nie in staat om misdaad te bekamp nie. Bring terug ons oud-SAP-manne !
Hmmmm… Hier kom broer teen pa en ma teen dogter geweld… Familie vetes versus familie ambisies…
Hierdie projekte onder die vaal vanne is soos seisoene… Dit verander eenvoudig net nie. Al wat Koeberg se mure vry van graffiti hou is hoë heinings, nie vooruitgang nie.
Ag Pagad moenie wag vir die poliesie nie want julle gaan lank wag! Begin daad by woord voeg en neem julle gebied terug van die bendes af. As die poliesie (let wel spelling is korrek so) probeer intree vat hulle ook vas. Die polisie sou julle kon help maar ongelukkig sit ons nou met Poliesie!!!
“Poelieste” merk hulle ook reg – daar in die waai van die Platberg se knie…
Absoluut korrek Dolk Polieste is die korrekte spelling in daai geweste! hie hie
Drie hoera’s vir Pagad!!