Die onluste wat Newclare sedert Maandag teister, is ‘n rasse-oorlog in die kleine tussen swartes en bruines. Inwoners is al vir jare in mekaar se hare. “Die regering bou huise wat vir ons [swartes] bestem is en dan voor die huise klaar is, besluit die bruines om in te beweeg en neem die plek vir
Swart inwoners by Burgersfort maak amok
Inwoners van Gaselepe, buite Burgersfort in Limpopo het amok gemaak nadat skietwerk by ‘n nabygeleë myn na bewering ‘n man se lewe geëis het. Die polisie sê die slagoffer is na bewering na skietwerk by die Bokoni platinum-myn deur ‘n klip getref, en is op die toneel dood. Die gemeenskap het minstens een huis aan
Polisie ontplooi in Johannesburgse gebiede na oproer
Verskeie paaie is Maandag in Ennerdale, Johannesburg gesluit vanweë protesoptrede. Die polisie moes inderhaas in die gebied ontplooi word nadat rassisme opgevlam het het oor die toewysing van behuising. Provincial- en James-weg is was vir die grootste deel van die dag gesluit. Motoriste is aangeraai om Lenasia-rylaan as alternatief te gebruik. Na wat berig word
Lees verder: Polisie ontplooi in Johannesburgse gebiede na oproer
Duisende vlug voor ISIS-aanslag
Duisende Siriese Koerde het die grens tussen Sirië en Turkye oorgesteek. Tienduisende burgerlikes stroom na Turkye om die aanslag van die Islamitiese Staat te ontvlug. ’n Aanval deur die Islamitiese Staat op Irakse basisse in twee westelike dorpe het gister die lewens van minstens 17 lede van die veiligheidsmagte en 40 jihadi’s geëis. Die aanvalle
Spertyd vir oproer in Hong Kong kom nader
Te midde van ’n waarskuwing oor “ernstige gevolge vir openbare veiligheid” deur die Hongkongse regering en ’n naderende spertyd om die betogings te staak, het betogergetalle op straat afgeneem, maar is dit onseker of hulle aan die oproep gehoor gegee het of bloot asem skep voor hernude protesaksie. Op die vasteland het die Kommunistiese Party
Namibiese visbedryf in opstand
Honderde werkers van vismaatskappye het Vrydag in Walvisbaai aan ’n massa-protesaksie deelgeneem teen wat hulle as die miskenning van hul arbeids- en menseregte beskou, het die Republikein berig. Dié betoging volg kort op die hakke van ’n soortgelyke protesaksie verlede week toe viswerkers grond van die munisipaliteit van Walvisbaai geëis het sodat hul werkgewers vir
Ramaphosa, Fransman sit keel op oor uitsettings
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap ondersteun oor sy teenkanting teen die uitsetting van plaaswerkers. Ramaphosa en die voorsitter Marius Fransman, het Sondag plaasgemeenskappe besoek tydens ‘n deur-tot-deur veldtog op Mbekweni in die Paarl. Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op boere wat na bewering betrokke is by die uitsetting
Lees verder: Ramaphosa, Fransman sit keel op oor uitsettings
ANC in Gauteng staan sterk teen e-tol
Die ANC se Gautengse provinsiale konferensie het vroeër in Pretoria ten einde geloop waar die e-tolstelsel onder meer bespreek is. Afgevaardigdes het hul teenkanting teen die huidige formaat van die stelsel uitgespreek. Volgens die afgevaardigdes is dit te duur en behoort ‘n brandstofheffing, wat geadministreer sal word deur SAID, die Inkomstediens, dit befonds. Die ANC
Woolworths dreig boikotters met die hof
Die kleinhandelgroep Woolworths het gewaarsku dat hy die BDS-organisasie (Boycott, Divestment and Sanctions) hof toe kan neem omdat betogers en boikotters glo die “veiligheid” van sy personeel en klante “bedreig”. “Ons werknemers, van alle gelowe en kulture, vertel ons dat hulle toenemend deur die betogings bedreig voel. Daarbenewens berig die gesinne van ons werknemers dat
Pastoor kry lidmate om blomme te eet
Lesego Daniel, die omstrede pastoor van Rabboni Ministries in Ga-Rankuwa, se lidmate het Sondag blomme geëet. Die pastoor was voorheen in die nuus nadat hy lidmate aangemoedig het om petrol te drink en gras te eet. Daniel het ontken dat hy ‘n luukse lewe op die rug van sy goedgelowige lidmate lei. Hy het Sondag
