deur Leon Lemmer Die Vryheidsfront Plus het pas by monde van sy leier, Pieter Mulder, te kenne gegee dat hierdie party sy missie verbreed met die oog op diversiteit en samewerking. Die VF Plus gaan hom vorentoe nie net aan die bevordering van die belange van blankes toewy nie, maar aan dié van alle minderheidsgroepe
EFF betoog voor SAPD-hoofkantoor in Johannesburg
Agt lede van die EFF het ‘n kort betoging buite die Gauteng se SAPD-hoofkantoor in Johannesburg gehou. Lede van die EFF se provinsiale opdragspan het struggle-liedjies gesing, insluitend “Siyaya” [Ons is op die pad vorentoe] en in ‘n sirkel gedans, onder die wakende oog van ‘n handvol polisielede. Die betogers, geklee in rooi bykomstighede van
Lees verder: EFF betoog voor SAPD-hoofkantoor in Johannesburg
Swazi’s vat Cosatu-leiers vas
Cosatu beweer die Swazilandse polisie het ‘n opposisieleier in hegtenis geneem asook ‘n vergadering van vakbondleiers uit Suid-Afrika ontwrig. Cosatu se buitelandse sekretaris, Bongani Masuku, sê Mario Masuku, die leier van PUDEMO – die Swazilandse opposisieparty, is Vrydag in hegtenis geneem onderweg na ‘n betoging teen die regering van Koning Mswati III. Die Swazilandse polisie
Kragsabotasie in Johannesburg ‘terrorisme’
Die optrede van die werknemers wat betrokke is daarby om substasies regoor die stad af te skakel, is gelyk aan terrorisme, het Gauteng se LUR Faith Mazibuko het Vrydag gesê. “Ons is kwaad as ‘n provinsiale regering, en wat gebeur het is gelyk aan ‘n daad van terrorisme,” het Mazibuko aan verslaggewers gesê. Sy het
Zuma mag appelleer oor spioenasiebande
Regter Rammaka Mathopo het Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof verlof tot appèl aan president Jacob Zuma se regspan toegestaan ivm die openbaarmaking van transkripsies van die omstrede spioenasiebande. Hulle voer aan dat die bande vertroulik is en kan Zuma benadeel indien die transkripsies oorhandig word. Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het in 2009 besluit nalv van
Vermeende Bredasdorp-verkragter verskyn
‘n Voorverhoor gaan vanoggend in Kaapstad gehou word in die saak van verkragting en moord teen Johannes Kana. Kana het reeds skuld beken op ‘n aanklag van seksuele aanranding. Die Bredasdorp-tiener, Anene Booysen (17), is in Februarie op ‘n buitengewone wrede wyse vermoor. Sy is op ‘n konstruksieterrein gevind. Die saak sal na verwagting na
Talle dakloos na brand 40 plakkershutte verwoes
Sowat 50 mense is dakloos gelaat nadat ‘n brand by die Rugby Club-lokasie in Roodepoort uitgebreek het, het die Johannesburgse nooddienste gesê. Robert Mulaudzi, woordvoerder, het gesê die brand, wat omstreeks 05:00 uitgebreek het, is vermoedelik veroorsaak deur ‘n foutiewe elektriese toestel of ‘n kers. Altesaam 40 plakkershutte is verwoes. Die DA het verlede jaar
Lees verder: Talle dakloos na brand 40 plakkershutte verwoes
‘Staat besit net 14% van grond’
’n Grondoudit deur die kantoor van die landmeter-generaal het vasgestel dat die staat alleen 14% van die grond in Suid-Afrika besit. Volgens die landmeter-generaal, Mmuso Riba, is 79% van die land se grond in privaatbesit. Opmetings in die Transkei is nog nie voltooi nie, maar dit sluit slegs 7% van die totale landoppervlak in. Opposisiepartye
G20 diep verdeel oor Sirië
Die staatshoofde van die wêreld se vernaamste ekonomieë, die G20, kon nie daarin slaag om hulle diepe verdeeldheid oor die konflik in Sirië te oorkom by samesprekings by die G20-beraad wat tans in St Petersburg in Rusland plaasvind nie. Die VN en Arabiese Liga se gesant vir Sirië, Lakhdar Brahimi, het hom ook by die
Huldeblyke vir oud-rugby-administrateur stroom in
Huldeblyke stroom in na die dood van die voormalige rugbyadministrateur, Fritz Eloff. Die 93-jarige Eloff was vir 26 jaar die president van die Noord-Transvaalse Rugby-unie. Hy was ook ‘n lid van die SA Rugbyraad se uitvoerende komitee vir 30 jaar, en ná die dood van Doc Danie Craven in 1993 het hy as die president
Lees verder: Huldeblyke vir oud-rugby-administrateur stroom in
