Regter Rammaka Mathopo het Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof verlof tot appèl aan president Jacob Zuma se regspan toegestaan ivm die openbaarmaking van transkripsies van die omstrede spioenasiebande.
Hulle voer aan dat die bande vertroulik is en kan Zuma benadeel indien die transkripsies oorhandig word. Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het in 2009 besluit nalv van die bande, om die korrupsieklagte teen Zuma te laat vaar.
Mathopo het in sy uitspraak gesê daar is verskillende interpretasies moontlik van die Appèlhof se vroeëre beslissing dat die NVG die dokumente aan die DA moet oorhandig.
Die appèlhof het die NVG destyds 14 dae gegee om alle dokumente, opnames, materiaal en getuienis wat gelei het tot die onttrekking van kriminele aanklagte teen Zuma te oorhandig.
Die DA het die hof genader in September verlede jaar om voormalige waarnemende NVG-hoof Nomgcobo Jiba te dwing om die verkorte rekord, insluitend die opnames, te oorhandig nadat die NVG versuim het om die opnames binne 14 dae te gee.
Regter Rammaka Mathopo het verlede maand beveel dat die interne memoranda, verslae of notules van vergaderings wat handel oor die inhoud van die opnames of die transkripsie self oorhandig moet word, vir sover hierdie dokumente nie die vertroulikheid van Zuma se skriftelike of mondelinge vertoë tot die NVG skend nie.
Die DA wil die transkripsies bekom wat hulle glo inkriminerende inligting bevat oor die president.
Mathopo het gesê daar is verskillende interpretasies van die hofbevel moontlik en dus sal die Appèlhof daaroor moet beslis.


Hmmm … hier word weer op groot skaal ge”cover”.
Hier gaan dadels van kom want die een skuld die ander ‘n guns.
Duidelik is daar ‘n beskerm linie om hom.
Jip. Die NP regering het ook sulke dinge aangevang. Daar was ministers betrokke by diamantsmokkelary en dit is stil stil doodgevee – dit het nooit eers die beheerde media gehaal nie.
Typical baboon African jastice…. hau ! boggom !
Wekom terug, De Juur. Wat is so geheim aan hierdie band. As die idioot niks het om weg te steek nie, waarom dan al die fuzz? Hierdie gemors het ALTYD ‘n geraamte in die kas en dit is nie net ‘n kleintjie nie, nee die is ‘n merske een. As dit is wat ek vermoed dan dink ek dat die ou nogal worry, want hulle mag mos net vir twee termynne staan. Ek dink die ou het vir hom daardie self ontwerpte tronk gebou en ‘n ou gaan sukkel om hom uit sy gat te kry. Wat ‘n heugelike dag sal dit wees as hy met sy jack in die tronk gaan sit, hoop net iemand tref hom met ‘n klip teen die kop
Dan praat hulle van “democracy” Hoe belaglik.