Huldeblyke vir oud-rugby-administrateur stroom in

Prof. Fritz Eloff
Prof. Fritz Eloff

Huldeblyke stroom in na die dood van die voormalige rugbyadministrateur, Fritz Eloff. Die 93-jarige Eloff was vir 26 jaar die president van die Noord-Transvaalse Rugby-unie.

Hy was ook ‘n lid van die SA Rugbyraad se uitvoerende komitee vir 30 jaar, en ná die dood van Doc Danie Craven in 1993 het hy as die president van die SA Rugby Voetbalunie gedien.

Hy kon ook daarmee spog dat hy tussen 1989 en 1990 die voorsitter van die Internasionale Rugbyraad was.

Buiten rugby was hy die hoof van dierekunde aan die Universiteit van Pretoria vir 31 jaar asook die voorsitter van die Nasionale Parkeraad vir 16 jaar.

Die president van Saru, Oregan Hoskins sê Eloff was een van land se bestes en het ‘n integrerende rol gespeel om eenheid in rugby in Suid-Afrika teweeg te bewerkstellig. – RSG

6 thoughts on “Huldeblyke vir oud-rugby-administrateur stroom in”

  1. Jammer geen hulde van my af nie. Rugby is ‘n Engelse sport wat Rhodes spesifiek ingebring het om Kaapse Afrikaners te ‘verengels’ en te pasifiseer. Later is dit gebruik om aangehoudende boerekrygers in die interneringskampe te pasifiseer. Daarna het dit die ‘Engelse’ afgod van ‘n hele volk geraak. Eloff was ‘n priester van hierdie Engelse ‘godsdiens’.

Maak 'n opvolg-bydrae