Vrese oor grootskaalse grondbesetting in Kaapstad

Die wapenmaatskappy Denel het ‘n dringende interdik bekom teen verdere onwettige besettings van sy grond in Khayelitsha op die Kaapse Vlakte.

Plakkers sê egter hulle sal bly omdat hulle nêrens anders het om te gaan nie.

Die EFF het die grondbesettings vanaf Maandag 6 April aangemoedig, want dit word histories erken as die dag waarop Jan van Riebeeck in SA aangekom het. Die EFF sê die aankoms van Van Riebeeck in 1652 het “die begin van die Europese vernietiging in die vasteland” ingelei en 6 April is “‘n belangrike herinnering aan gronddiefstal en onteiening deur die Europeërs”.

Te midde van vrese dat grootskaalse grondbesettings Kaapstad hierdie week kan tref, het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Maandag ‘n groep van sowat 100 plakker na ‘n stuk grond gelei om te beset in Khayelitsha aan die buitewyke van Kaapstad.

Vroeër Dinsdag het sommiges begin bosse aan die brand steek om meer ruimte te skep om hul plakkershutte te bou op die eiendom in privaatbesit.

Die EFF het Maandag ‘n beroep op alle hawelose mense gedoen om oop en onbesette grond te identifiseer en “betrokke te raak in die stryd om hul grondregte te herstel”.

Volgens die Stad Kaapstad, was daar twee plekke wat in Khayelitsha geraak word.

Die ander erf behoort aan die stad en is sedertdien skoongemaak.

Richard Bosman, Kaapstad se uitvoerende direkteur vir veiligheid en sekuriteit, het gister gesê dat die stad sal Denel help om die strukture te verwyder.

Die staatsbeheerde maatskappy het gesê hulle beroep hulself op ‘n uitsettingsbevel teen die onwettige besetters.

Denel het vroeër strafregtelike aanklagte teen die vermeende onwettige grondbesetters ingedien.

‘n Woordvoerder van Denel, Vuyelwa Qinga, sê wetstoepassers is in die gebied ontplooi en het toestemming om verdere besettings te verhoed.

“Ons het nêrens om te gaan … ons is gelukkig want die EFF en Malema ondersteun ons,” sê Elizabeth Damba, een van die plakkers. Sy het gesê sy kan nie bekostig om huur te betaal nie want sy is werkloos.

Die EFF se Wes-Kaapse leier Nazier Paulsen, wat ook ‘n lid van die provinsiale wetgewer is, het gesê die party sal enige hofuitspraak om die besetting te stop, teenstaan.

Die besetting van private grond, deur EFF-lede en ondersteuners, is ‘n kriminele oortreding, het opposisielede gesê.

‘Staat besit net 14% van grond’

vallei’n Grondoudit deur die kantoor van die landmeter-generaal het vasgestel dat die staat alleen 14% van die grond in Suid-Afrika besit.

Volgens die landmeter-generaal, Mmuso Riba, is 79% van die land se grond in privaatbesit.

Opmetings in die Transkei is nog nie voltooi nie, maar dit sluit slegs 7% van die totale landoppervlak in.

Opposisiepartye het gevra dat die verslag by die parlement ingedien word sodat die geldigheid van die bevindings nagegaan kan word.

Die kabinet het die verslag oor grondbesit tydens Woensdag se roetine-kabinetsvergadering aanvaar. Dit is deur die landmeter-generaal ter tafel gelê.