Vermeende Bredasdorp-verkragter verskyn

Johannes Kana
Johannes Kana

‘n Voorverhoor gaan vanoggend in Kaapstad gehou word in die saak van verkragting en moord teen Johannes Kana.

Kana het reeds skuld beken op ‘n aanklag van seksuele aanranding.

Die Bredasdorp-tiener, Anene Booysen (17), is in Februarie op ‘n buitengewone wrede wyse vermoor. Sy is op ‘n konstruksieterrein gevind.

Die saak sal na verwagting na die Swellendamse hof verskuif word waar ‘n verhoordatum in Oktober bepaal sal word.

Booysen was nog lewendig waar sy erg geslaan en haar ingewande oopgesny op ‘n konstruksieterrein in Bredasdorp op 1 Februarie gevind is.

Sy het in die Tygerberg-hospitaal ‘n dag later aan haar beserings beswyk.

Die staat beweer dat Kana haar eers verkrag het en haar daarna oopgesny het, wat gelei het tot haar dood.

In Mei, het die Staat aanklagte teen Kana se mede-beskuldigde, 22-jarige Jonathan Davids, teruggetrek.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NV) se woordvoerder Eric Ntabazalila het gesê ‘n ondersoek het aan die lig gebring dat daar onvoldoende getuienis is om ‘n skuldigbevinding teen Davids te kry.

Voordat sy dood is, het Booysen gesê vanuit haar hospitaalbed dat vyf of ses mans betrokke was by die aanval.

Sy het die naam “Zwai” geprewel, wat beide die bynaam van Davids en ‘n ander man Zwelitsha is. – eNCA