Oproeriges steek munisipale voertuig aan die brand

‘n Groep woedende inwoners van Letlhabile van Brits in Noordwes het ‘n munisipale voertuig aan die brand gesteek, het RSG berig. ‘n Polisielid op die toneel sê die groep het probeer om munisipale grond te beset om hutte op te rig toe hulle die voertuig aan die brand gesteek het. Niemand is beseer nie. Die

Lees verder: Oproeriges steek munisipale voertuig aan die brand

Gewapende rowe by Johannesburgse winkelsentrums

Twee winkelsentrums in Johannesburg het Maandagoggend onder gewapende rowers deurgeloop. Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, sê gewapende rowers het Maandagoggend ‘n selfoonwinkel by die Northgate-winkelsentrum besteel. Gewapende rowers het ook met ’n groot bedrag geld van die selfoonwinkel in die Northgate-winkelsentrum gevlug, sê Dlamini. “Twee gewapende rowers het by die die selfoonwinkel ingestap en vuurwapens uitgehaal.

Lees verder: Gewapende rowe by Johannesburgse winkelsentrums

Bejaarde met dwelms gevang

‘n Bejaarde man en ’n vrou wat in besit van Mandrax met ’n geskatte straatwaarde van R1,2 miljoen betrap is, het Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in ‘n verklaring gesê. Die saak sal tot 8 September uitgestel word om ‘n formele borgtogaansoek te doen, het Mashudu Malabi, woordvoerder, gesê. Die

Lees verder: Bejaarde met dwelms gevang

SA-fasiliteerder na Lesotho

Lesotho se afgesette premier, Thomas Thabane, wat Saterdag na Suid-Afrika gevlug het, het Maandag gevra dat ‘n SAOG-vredesmag na sy land ontplooi word. Hy het gewaarsku dat die “situasie buite beheer is”. Die SAOG het ook ooreengekom om ‘n streeksfasiliteerder na die land te stuur om met die koalisieregering saam te werk. Probleme soos oorgrenswapensmokkelary

Lees verder: SA-fasiliteerder na Lesotho

Geheimsinnige organisasie wil christenskap in Afrikaanse skole verbied

‘n Geheimsinnige “organisasie” het so pas ‘n hooggeregshofaansoek in Johannesburg geloods om alle Afrikaanse skole te verbied om enige vorm van christelike verwysing, gebed of die lees van die Bybel in Afrikaanse skole te verbied. Mnr. Johannes de Klerk Pietersen voer in hofstukke voor die Gautengse Hooggeregshof, Johannesburgse plaaslike afdeling, aan dat dit “ongrondwetlik” is

Lees verder: Geheimsinnige organisasie wil christenskap in Afrikaanse skole verbied

Oekraïnse vliegtuig stort neer in Sahara

‘n Vliegtuig van die Oekraïne met sewe mense aan boord het in die Sahara-woestyn in Algerië neergestort, het die Algerynse staatsmedia (APS) berig. Die Antonov 12-vragvliegtuig, wat onderweg was na Ekwatoriaal-Guinee vanaf Glasgow in Skotland, het omstreeks 02:00 Saterdagoggend naby die grens van Mali en die Niger neergestort. Dit het vroeër by ‘n lughawe in

Lees verder: Oekraïnse vliegtuig stort neer in Sahara

Toestand uiters gespanne op Kaapse Vlakte

Oproer in Nyanga en Philippi op die Kaapse Vlakte het gesorg vir ‘n uiters gespanne toestand in die gebied. Die onrus het uitgebreek toe taxibestuurders begin staak het nadat hulle na bewering deur verkeersbeamptes en taxi-eienaars geteister word. Sewe busse van Golden Arrow is aan die brand gesteek en nog busse is gevandaliseer. Die spanning

Lees verder: Toestand uiters gespanne op Kaapse Vlakte

Zuma: Jesus moet weer kom

Pres. Jacob Zuma wil hê “God moet weer sy seun aarde toe stuur net om ons almal hierdie keer van ons sondes te kom reinig”. Die president het sy besoek aan Rusland met ‘n dag verkort om Suid-Afrikaanse hoë kommissarisse en ambassadeurs toe te spreek. Hy het ‘n beroep gedoen om die land se ekonomie

Lees verder: Zuma: Jesus moet weer kom

Paniek heers in Kiëf weens nederlae teen selfverdedigingsmagte

Die Russiese President, Wladimir Poetin het ingestem tot samesprekings om Oos-Oekraïne se selfstandigheid te bespreek. Dit moet volgens Poetin gedoen word om die regmatige belange van mense in die gebied te beskerm. Samesprekings word vandag in Mintsk in Belo-Rusland tussen die Europese Unie, die Oekraïne en Rusland gevoer om die krisis in die Oekraïne te

Lees verder: Paniek heers in Kiëf weens nederlae teen selfverdedigingsmagte

Die berge treur, hoofstuk 1

[soundcloud id=’165696713′] Hierdie verhaal deur die Franse skrywer Henri Troyat gaan oor die berggids Isaie Vaudagne wat deur sy jonger broer Marcellin aangesê word om saam met hom na die toneel van ‘n vliegongeluk in die Alpe te gaan om die dooie passasiers te gaan besteel. Ná sy eie bergongeluk jare gelede, wou Isaie nooit

Lees verder: Die berge treur, hoofstuk 1