Nege regters van die Grondwethof het eenparig beslis dat artikels 15 en 16 van die Wet op Strafreg (Seksuele Oortredings en Verwante Aangeleenthede) ongrondwetlik is. Konsensuele seks, soen en vry tussen kinders van 12 tot 16 jaar sal dus nie meer as misdade beskou word nie. Die hof het bevind die artikels die waardigheid en
Swart vrou doodgeskiet nadat sy op Withuis afjaag
‘n Swart vrou het Donderdagaand glo probeer om met ‘n motor deur ‘n hek by die Withuis te jaag, het die Amerikaanse TV-netwerk ABC gisteraand berig. Dit was ‘n geïsoleerde voorval en blyk nie ‘n terroriste-aanval te wees nie, het ‘n polisiehoof wat die media in Washington te woord gestaan het ná ‘n voorval vroeër die
Lees verder: Swart vrou doodgeskiet nadat sy op Withuis afjaag
Jeugliga agter Ramaphosa vir president
Die ANC-jeugliga het sy steun aan Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, toegesê om Suid-Afrika se volgende president te word. “Dit is die regte ding om te doen. Dit is die enigste manier waarop die ANC sy interne demokratiese prosesse kan uitbou,” het Mzwandile Masina, sameroeper van die liga se nasionale taakspan (NTT), aan die
Boer in Sabie doodgeskiet in plaasaanval
Paul Mason (63) is Donderdag op sy plaas, Kruisfontein, by Sabie deur plaasaanvallers doodgeskiet. Dié was die tweede aanslag op Mason, ‘n bosbouer, se lewe. Hy is in 2010 ook op sy plaas gewond. Hy en sy vrou, Gwen (58), het vroegoggend van die huis vetrek om bosbou-spanne op die plaas te gaan besoek, berig Beeld.
Inspekteurs gaan op sjebiens toeslaan
Die Gautengse Drankraad sê korrupsie met die uitreiking van dranklisensies is een van die faktore wat die bedryf die ergste kniehalter. Die Raad het by die bekendstelling van ‘n bewusmakingsveldtog in Boksburg aan die Oos-Rand gesê handelaars met vervalste lisensies en informele persele sal vasgevat word. Wetstoepassers het hulle steun aan die Raad se veldtog
Chippy Shaik ook voor Seriti-kommissie
Die Seriti-kommissie wat ondersoek instel na die omstrede wapentransaksie is tot 14 Oktober uitgestel. ‘n Woordvoerder, William Baloyi, sê die besluit is geneem sodat sekere dokumente gedeklassifiseer kan word. Die kommissie sal ook intussen persone wat tydens getuienis genoem is, raadpleeg. Volgens berigte sal Chippy Shaik wat die hoof van verkrygings was vir die weermag
Sindikaat maai onder Weenen-renosters
Twee renosters met afgesaagde horings is lewend gevind by die Weenen Wildreservaat in KwaZulu-Natal. Daar word vermoed dat ‘n sindikaat in die gebied bedrywig is, nadat vyf renosters verlede week in dieselfde reservaat doodgemaak is. Sewentig renosters is reeds vanjaar in die provinsie gestroop. Die woordvoerder van Ezemvelo KZN Natuurlewe, Musa Mntambo sê die renosters
DA verbaas oor vyandigheid by Fort Hare
Die DA-leier Helen Zille het die ANC Jeugliga en die studenteorganisasie Sasco van intimidasie beskuldig ná haar toespraak by die Fort Hare Universiteit deur uitjouery en ‘n kragonderbreking onderbreek is. Dit is nie duidelik wat die kragonderbreking veroorsaak het nie. Zille is deur die DA Studenteorganisasie genooi om in die aanloop tot die studenteraadsverkiesing by
Einde van model-C-skole? Grondwethof plaas staat in beheer
Die onderwysdepartement het die mag om ‘n skool se toelatingsbeleid te bepaal, het die Grondwethof Donderdag bevind. Dit het gedeeltelik die appèl van die onderwysdepartement gestand gedoen teen die uitspraak van die Appèlhof en bevind dat die onderwysdepartement in Gauteng oor die mag beskik om ‘n leerling tot Rivonia Primary School toe te laat ongeag
Lees verder: Einde van model-C-skole? Grondwethof plaas staat in beheer
Stakings by BMW vervreem EU
Die vernietigende effek van stakings in onder meer die motorvervaardigingsektor, soos nou by BMW Suid-Afrika gesien, kan belangrike handelsvennote soos die Europese Unie (EU) al hoe verder van Suid-Afrika laat wegdryf, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid. Die verhouding tussen Suid-Afrika en die lidlande van die EU
