Paul Mason (63) is Donderdag op sy plaas, Kruisfontein, by Sabie deur plaasaanvallers doodgeskiet.
Dié was die tweede aanslag op Mason, ‘n bosbouer, se lewe. Hy is in 2010 ook op sy plaas gewond.
Hy en sy vrou, Gwen (58), het vroegoggend van die huis vetrek om bosbou-spanne op die plaas te gaan besoek, berig Beeld.
Vier gewapende rowers het kort nadat die Mason-egpaar gery het toegang tot die perseel verkry deur ’n gat in die heiningdraad te knip.
Hulle het die bejaarde tuinwerker oorval, vasgebind en in ’n buitetoilet toegesluit.
Die tuinwerker het later aan die polisie gesê hy het sowat ’n uur later gehoor hoe die Masons terugkeer. Drie skote het geklap. Mason is twee keer in die bors en een keer in die onderlyf getref.

Ons land bloei en ons sit en rusie maak onder mekaar. Wat gaan dit vat om ons wakker te skud uit hierdie slaap.
Oog vir n oog en tand vir n tand?
StalinX, ons nog te vol van ons self, dit gaan te goed……. my bakkie is groter as joune en ek bly in n beter buurt…….. my pizza plek staan nog en die Pick n Pay werk nog.
………………dit sal NOOIT in ons land gebeur nbie……..
Ek het mos gese kom weg uit daardie vuil stede –
maar ore het julle nie – ons het nie mooibakkies wat ons mee kan spog en
kompeteer nie – in die kleindorpies nie, ons skinder net lekker van Anna en Faan
wat alweer by die see saam gesien is ( dis nou Anna van Boet en Faan van Elsa)
en die dominee se vrou wat alweer n nuwe rok aanhet en kompeteer met melkterte
wat ek in elkgeval elke keer wen want Piet wat die voorsitter van die tuisgebak
kompetiese is – hou baie van my, en dan skinder ons van Marie wat so spog met
haar slim kinders en vertel mekaar dat ons kinders eintlik baie slimmer is, dan
speel ons jukskei bak Saterdag vir ons kerk pannekoek by die Spar en OK en
Sondag na kerk gaan braai ons op die strand vleis en deel met ons bure die
verskillende geregte daarby. Oja amper vergeet ek almal groet almal en almal
help almal as daar probleme by iemand is.
O, hoe pyn my hart nou van verlange! Ek soek so plekkie om te woon.
Henriette, jy hoef nie te ver te soek nie. Orania voldoen aan ‘n hele paar vereistes – kom kyk! Die anderdag het die AP Kerk ‘n Dankfees gehou, en die hele dorp het dit saamgevier. Maak nie saak aan watter kerk jy behoort of nie behoort nie, man en muis was daar!
Vrydagaande word daar saam gekuier op die Kuierstoep. Die kleinspan hou hulleself besig in die speelpark, en al die ander kuier en koop tot laat.
Een keer ‘n maand hou ons vendusie. Jy bring die goedjies wat jy moeg voor is of nie meer plek voor het nie, en gaan dan huis toe met ‘n ander persoon se goedjies waarvoor hy weer nie plek gehad het nie….. vet pret!
Daar is nog HOPE ander interessanthede wat Orania met liefde aanbied (veral met die vakansieseisoen om die draai). En hoe meer mense Orania toe verhuis, hoe meer interessanthede kan aangebied word!
Sterkte aan de nabestaanden van deze terroristische aanslag.
Kunnen Boere in afgelegen gebieden niet hun bezit in een coöperatieve beheersvorm met een zetel in het buitenland zekeren?
Met als doel onderlinge verwevenheid en een derde partij(bestaande uit henzelf) die zich niet laat afschepen middels bureaucratische verwerking na een aanslag maar knalharde verhaalsmogelijkheden uitvoert die de prijs voor nalatige wetshandhaving inpepert.
Tot nu toe zal de prijs voor dit soort misdaden tegen de menselijkheid te laag zijn ?
Die gemors! Die mooi Oos Transvaal en toeristemekka het ‘n misdaadnes geword. Dis omdat hy teenaan Mosambiek is en die gemors droogvoets en sonder enige hindernis oor die grens kom.
Sterkte aan die familie.
En die media sal seker weer niks hieroor sê nie.
Ek het hievan gelees op News24. Jy moes die kommentaar gesien het wat geskryf is hieroor, dit is genoeg om van siek te word.Ek is so bly Praag noem dit wat dit is, n plaasmoord. Daar word dit rooftog genoem. Ek haat dit eintlik N24 te lees, veral as dit om sulke dinge gaan, maar hulle sê mos, hou jou vriende naby, maar jou vyande nog nader.
Hendriette – Dalk n bietjie later tans is hulle te vryerig vir ondersteuners.
Terrible news…
Sien julle by die uniegebou Donderdag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
VERSEKER !
In al ons volle glorie!!
Die tyd het lankal aangebreek … ons gaan wragtig hande moet neem en saam staan.
Sunette Bridges News Page
Dit is die 133ste keer die jaar dat ek die gedig plaas vir NOG ‘n Oupa, Pa, Man of Seun wat vermoor is!!!
Vandag was maar net nog ‘n dag en nog ‘n Pa is dood
En nog ‘n Ma se kinders lê en huil hier in haar skoot
Nog ‘n goeie lewe is nou vir goed verby…
Nog ‘n gesin se vrede wat skielik einde kry
Hy was ‘n Pa ‘n Man ‘n Vriend voorsiener van hul brood
Het alles in sy sweet verdien sy hart oneindig groot
Was voor sy Skepper net ‘n kind in kinderoë ‘n held
Maar vir sy goeie dade moes hy dit ook ontgeld
Hy’t selfs sy vyand lief gehad miskien was dit die fout
Hy’t almal om hom heen vertrou geglo dis sy behoud
Maar hier in donker Afrika word goed met kwaad vergeld
En een vir een word nog ‘n Pa begrawe in die veld
Hoe lank moet dit nog aanhou voor ons sê dis genoeg
En hoeveel Pa’s met ons verloor en hoe lank moet ons wroeg
Ons Oupas en ons Oumas het ons geleer van bid
Maar ook van saamstaan-opstaan van trots en volksbesit
So Afrikaner Man en Vrou gaan ondersoek jou hart
En deel net vir ‘n oomblik weer in mekaar se smart
Besef dan net dis nou of nooit wat ons weer saam moet staan
As ons nie as ‘n nasie ten gronde hier wil gaan. … Sx