Die Gautengse Drankraad sê korrupsie met die uitreiking van dranklisensies is een van die faktore wat die bedryf die ergste kniehalter.
Die Raad het by die bekendstelling van ‘n bewusmakingsveldtog in Boksburg aan die Oos-Rand gesê handelaars met vervalste lisensies en informele persele sal vasgevat word.
Wetstoepassers het hulle steun aan die Raad se veldtog toegesê en beplan om in die aanloop tot die kerstyd toe te slaan op onwettige permitte, drinkplekke en handelaars.
Daar sal ook gefokus word op handelsure, en die verkoop van drank aan kinders. Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het drankhandelaars ook ingelig oor belastingvereistes. – RSG
