praag.co.za

Tag: capitol hill

  • Swart vrou doodgeskiet nadat sy op Withuis afjaag

    Swart vrou doodgeskiet nadat sy op Withuis afjaag

    Swart vrou geskiet na jaagtog by Capitol
    Swart vrou doodgeskiet na jaagtog by Capitol

    ‘n Swart vrou het Donderdagaand glo probeer om met ‘n motor deur ‘n hek by die Withuis te jaag, het die Amerikaanse TV-netwerk ABC gisteraand berig.

    Dit was ‘n geïsoleerde voorval en blyk nie ‘n terroriste-aanval te wees nie, het ‘n polisiehoof wat die media in Washington te woord gestaan het ná ‘n voorval vroeër die dag naby die Withuis gesê.

    ‘n Vrouebestuurder het glo met ‘n eenjarige swart kind in ‘n motor gepoog om ‘n versperring naby die Tesourie binne te dring. Dié versperrings is deel van die afgesperde gedeelte om die Withuis.

    Die motor het toe na Capitol Hill gejaag. ‘n Skietvoorval het na die jaagtog gevolg.

    Die verdagte is doodgeskiet, het SkyNews berig. daar word bespiegel dat sy van Somaliese afkoms kan wees

    ‘n Geheime agent asook ‘n veiligheidsbeampte is in die voorval beseer en in die hospitaal opgeneem.

  • Toegesneeude amptenare kos miljoene

    Pas het iets die VSA weer getref wat in Suid-Afrika ondenkbaar is: Die staatsdiens op Capitol Hill het tot stilstand gekom omdat die amptenary weens sneeustorms nie by die werk kon kom nie. Die amptenare se snoesige “vakansiedag” in hul huise kos die VSA $100 miljoen per dag.

    Dit het die vraag opnuut laat ontstaan: Behoort so iets so verlammend in te werk, veral in hierdie tyd waar mense met ongelooflik baie kommunikasiemiddele tuis tog nog “aan diens” kan wees?

    Die Christian Science Monitor berig dat tot 9 %, of te wel 102 000 amptenare, reeds ooreenkomste met die staat het om van hul huise af te werk, en die regering wil hierdie persentasie nog verder opstoot.

    Jare gelede, toe Robert (Taalbul) van Tonder met sy Boerestaat Party (sy spelling) die politieke toneel kleurvol gemaak het, het ‘n koerantredakteur opgemerk dit kos ook net iemand met ‘n tikmasjien en faksmasjien om ‘n politieke party heel sigbaar te kan maak. ‘n Mens kan jou bloot indink hoe sigbaar ‘n eenman-party met ‘n rekenaar, e-pos en die internet kan wees, met nog ‘n selfoon op die koop toe.

    Kantoorhuur is duur – nie net in huurgeld nie, maar in skoonmaakkostes, kommunikasieinstrumente, meubels, water en ligte. ‘n Gedesentraliseerde opset waar elkeen, of so veel as moontlik van die personeel van hul huise af werk, klink aantreklik. Voeg hierby die voordele van fleksietyd, sodat kinders by die skole gehaal kan word, en vele meer.

    Dit is vanselfsprekend dat nie alle tipes werk hulle tot hierdie soort desentralisasie leen nie. Sekere aanpassings is nodig, soos dat die fokus van werksure na werkslading verskuif. Uit ‘n arbeidsregtelike oogpunt sal die fokus waarskynlik verskuif van werknemers na kontrakteurs.

    In Washington lyk dit of dié praktyk, ten spyte van die regering se aanmoediging, stadiger in die staatsdiens posvat as in die private sektor. ‘n Gevestigde gemaksone van veral senior personeel wat traag is om die nuwe kommunikasietegnologie baas te raak, en wat gevestigde werkspatrone soos om gereeld laat te kom, staan in die weg van behoorlike ontplooiing.

    teplovoyФільчаков Олександр Васильович прокурор