Stakings by BMW vervreem EU

bmwDie vernietigende effek van stakings in onder meer die motorvervaardigingsektor, soos nou by BMW Suid-Afrika gesien, kan belangrike handelsvennote soos die Europese Unie (EU) al hoe verder van Suid-Afrika laat wegdryf, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Die verhouding tussen Suid-Afrika en die lidlande van die EU is reeds gespanne en Duitsland het onlangs hard en duidelik sy stem gevoeg by die EU se handelskommissaris, mnr. Karel de Gucht, wat skerp kritiek uitgespreek het teen die ANC-regering se beleid rakende bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die EU.

Adv. Alberts sê die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het nou ook sy kommer uitgespreek oor die hoë aantal stakings wat die land se ekonomie lamlê, en wat goed geïllustreer word deur die feit dat Suid-Afrika ondanks ‘n swak rand ook met sy uitvoer sukkel.

“Die ANC, wat sienderoë toelaat dat vakbonde die land se industrieë lamlê en beleggers verdryf, moet verantwoordelikheid neem vir die vernietigende effek wat stakings op die land se ekonomie het.

“Die ANC skep dan ook verdere onsekerheid oor eiendomsreg met beoogde wetgewing wat alle tipe eiendomsreg sal blootstel aan onteiening deur die staat.

“Verder is die ANC se strewe om Regstellende Aksie (RA) en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) nog strenger te polisieer kommerwekkend, aangesien dit van die faktore is wat ekonomiese groei strem. Die Ouditeur-Generaal het juis aangedui dat kaderontplooiing, wat moontlik gemaak word deur RA, juis die rede is vir swak dienslewering deur die staat. Wat SEB betref is dit alom bekend dat geen navorsing bestaan dat die beleid enige goeie invloed het op die ekonomie nie en of swartmense werklik opgehef word nie.

“Daarom is die voortsetting van dié beleide irrasioneel en daarom ongrondwetlik, bo en behalwe die feit dat dit inbreuk maak op die reg van minderheidsgroepe om op gelyke voet ekonomies mee te ding.

“Die Demokratiese Alliansie se ondersteuning en omarming van die beleid is ook skrikwekkend aangesien gerekende internasionale organisasies toenemend  tot die debat toetree en pleit dat SEB vervang moet word met ‘n beleid wat aan almal in die land ‘n gelyke kans op ekonomiese welvaart sal bied.

“Rothschild, die konsultasiefirma wat self die eerste SEB-transaksies gefasiliteer het, is die jongste toevoeging tot lys van invloedryke organisasies wat hom openlik teen SEB uitgespreek het,” sê adv. Alberts.

129 thoughts on “Stakings by BMW vervreem EU”

  1. “Wat SEB betref is dit alom bekend dat geen navorsing bestaan dat die beleid enige goeie invloed het op die ekonomie nie en of swartmense werklik opgehef word nie.” En binne ‘n paar dae gaan ons ‘n “wetenskaplike” studie van ‘n Frans Cronje, Kopdoek Croukamp of Samantha Vice hê wat aandui dat SEB die beste ding is sedert die uitvinding van die wiel. Snaaks die DA ook SEB aanvaar het as ‘n beleidsrigting. Wonder wat is Richard se gedagtes hieromtrent?

    Politici kan nie eers die land (of selfs ons Misluktepaliteite) behoorlik bestuur nie maar hulle wil aan die ekonomie voorskryf. Die Dunning-Kruger effek is erg in SA

  2. Sê adv. Anton Alberts, van die Vryheidsfront Plus?????
    Hy het nou baie goed geseg, goed en wel, nou wat nou? Dit bly by sê die Vryheidsfront, sê die Vryheidsfront, sê die Vryheidsfront.
    Ons wil hoor wat die Vryheidsfront vir ‘n slag doen vir die Afrikaner, of vir die mense wat vir hulle gestem het, Mnr die adv.

    1. As jy weet wat ek weet, sal jy vir Adv.Anton Alberts ‘n kas vol biltong stuur.
      Moet my nie vra wat dit is nie, want ek seg jou by voorbaat ek sal niks sê nie.
      As jy iemand in die VF+ se gat wil skop, mik dit in die rigting van Mulder.
      Dankie vir jou samewerking.

      1. Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ‘n betroubare man?

        ‘n Oor wat hoor, en ‘n oog wat sien–die HERE het hulle altwee gemaak.

        Soet is vir ‘n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

        Baie vra waar kom die beste gesegdes vandaan – ek kan jou vertel.

        Nerens anders as in Spreuke van Salomo nie.

          1. Niks gemik op jou nie ou vriend – inteendeel die regmerkie by jou pos is afkomstig van my.

      2. Arnieann ek seg slegs wat ek lees en sien en al wat ek lees en sien is ‘n gepraat en gepraat en gepraat, maar geen dade nie. Ons die kiesers kan ondersteuning bied en stem en is beperk tot net dit. Die dade, opdragte of wat ook al moet van hulle af kom. Ons hier sien niks gebeur nie en kritiseer juis dit. Indien iemand nou nog nie weet wat ek van Mulder dink nie sal niemand dit ooit weet nie.
        Hou die kieser in die duister en verloor so stemme my vriend. Dit is nie wat di FV+ kan bekostig nie.

        1. Stem heeltemal met jou saam Seg Net. As twintig jaar van niks doen tussen ons Afrikaners jou nog nie tot die besef laat kom het dat almal vir almal sit en wag nie, sal daar nog veertig jaar verloop tot ons vrek is.
          En dit is presies waarmee hulle besig is. Die ou generasie moet verdwyn, en die nuwe jong Afrikaners word gebreinspoel om die nuwe bedeling te aanvaar. Selfs ons geskiedenis is so verander dat daar geen patriotisme moet wees nie. Ons is reeds dertig jaar agter, want hierdie spel het reeds begin nog voor die ANC komunistiese liberales oorgeneem het.
          Dit is ek en jy wat die taak het om selfbeskikking in plek te kry.
          Wat gaan jy daaromtrent doen??????????

          1. Arnie wat ek daaraan kan doen is ‘n baie goeie vraag my vriend. Watter Afrikaner kan daardie vraag met ‘n positiewe antwoord beantwoord. Soos ek sit en wag ons. Die enigste politieke party wat naby my denkwyse kom is die FV+ en dit is wat ek kan doen. Om vir hulle te stem. Mens hoor of les van niks anders wat naastenby aan my oortuigings voldoen nie.

          2. Jy het ‘n paar opsies. Orania, Hopetown, Kleinfontein.
            Of nog ‘n nuwe een.
            Wat sal dit wees???

          3. Nou kom jy by die kern van alles.
            Dit wat op die tafel geplaas word, kom van ons af.
            Al wat ons gekry het is die tafel. ( Grondwet)
            Jy moet dit self in werking stel.
            Sien jy kans daarvoor????

          4. Arnie ek is ‘n boer en dom Afrikaner. Skoenmaker hou jou by jou leus. Wat ek daarvan weet is gevaarlik en is daar om sulke goed te ondersteun. Politiek is verseker nie my sterk punt nie, was nog NOOIT.

          5. Daar word hoegenaamd geen politieke vereistes aan jou gestel nie.
            Jy pak op en trek. Hoe meer mense saam met jou trek, hoe gouer kan jy oor jou frustasies kom.

          6. Arieann, nee my vriend so maklik is dit darem ook nie. Mens moet darem jou prioriteite agtermekaar kry. Beplanning van so iets vat lank en daar is baie groot finansieel kostes. ‘n Gevestigde plek soos Orania kan nie eers voortbestaan sonder skenkings nie. Daar is 1,000 en 1 goed wat in ag geneem moet word. Skole, behuising, werk , hospitaal infrastruktuur en, en, en, en. Wil jy nou hê dat ons moet so laag daal en gaan plak soos die swartes? Dit is wat sal gebeur my vriend indien dit nie georganiseerd is nie.

          7. Arnie is daar nie in elke beroep iemand wat hom of haar toespits op dit waarvoor hulle betaal word en in spesialiseer nie? Wie sorg vir jou kos op die tafel?

          8. Maw, jy is meer deel van die probleem as wat jy kan bydra tot ‘n oplossing.
            Jy skree die hardste van almal op hierdie forum oor alles wat nie so lekker in die land is nie.
            Hoe maklik WIL jy dit hê.
            Ek soek nie skoor met jou nie, maar ek sal wragtig nie saam met jou in ‘n loopgraaf wil wees nie.

          9. Arnie kan doen en maak net wat jy wil my vriend. Ek het my sienswyse en so elke persoon op die forum. Wat doen jy om ‘n positiewe bydrae te lewer? Wat is op die tafel op hierdie oomblik vir selfbeskikking? Wat doen hulle wat betaal word om vir die Afrikaner te veg? Wat doen jy om te verseker dat hulle wel hulle werk doen?

            Ek wil nie ‘n argument aanknoop nie maar daar is so baie struikelblokke in wat oorkom moet word wat jy nie raaksien nie. Vir jou is dit alles altyd so maklik. Doen dit, doen dat, maak sus en maak so. Waarom het jy dit nog nie gedoen wat jy heeltyd profiteer nie?

          10. Hoe weet jy wat ek doen of nie doen nie.
            Kom ek sê jou sommer reguit wat my modis operandi is.
            Ek vertrou niemand wat vir my voorkom as ‘n doemprofeet nie. En hier op Praag is daar geen tekort aan hulle nie.
            Ek het al meer mense hier gewerf as wat jy sal glo.
            Ek is met groter dinge doenig as wat jy oor kan droom.
            *
            Ek vra jou die vraag vir die laaste keer.
            WIE moet jou probleme vir jou oplos????
            En dan is daar nog ander redelikke vraë wat ek aan jou gestel het, wat ook nog onbeantwoord is. Kom ons begin van ‘n kant af, en los die gerondspringery.

          11. Arnie Jy kan maar op jou ou perdjie klim en hom ry ou maat. Kwaad word gaan jou absolute niks in die sak bring nie. Lees my kommentaar hier bo en seg my wat het ek nie geantwoord nie. Jy antwoord niks wat ek vra nie, maar kom elke keer met ‘n teen vraag.
            Goeie ding om mense te werf hou aan daarmee maat.

            Soos ek seg waarop soek jy nog antwoorde?
            Ek vra jou ook baie reguit waarom doen jy nie wat jy profiteer nie en vir die ander mense seg wat om so maklik te doen soos, vat mense en trek., hoe meer hoe beter? Besef jy wat jy regtig seg of kwytraak vriend?

          12. Jy gee nie aandag aan wat ek vir jou skryf nie. Nou swaai jy gat om met jou teen aanval te begin. En wat jou die idee gee dat ek op my perdjie spring sal net jy weet.
            Ek het jou ook gesê dat ek nie swaarde wil kruis met jou nie, en dat ons die probleme een vir een moet oplos.
            Net soos wat iemand by ‘n “Priester” kom om te bieg, jy weet.
            Sonder om oorlog te maak.
            Of is dit buite jou vermoë.

          13. Arnie kom ons redeneer hierdie ding soos groot volwasse mense en hou op met draaie en beskuldigings. Ek sal elke vraag van jou reguit antwoord, doen jy net dieselfde. Ander wat dit lees moet asb. hulle mening lig.

          14. Jy sal nog lank en deeglik moet skoolgaan om my met jou slap riemme te probeer vang. ek is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie.
            En jou pogings om die debat in jou guns te swaai, is so duidelik soos daglig.
            Gaan voer hierdie argument met jou tuinboy verder.

          15. Indien jy nie in staat is om met my in ‘n gesprek deel te neem nie my maat moet jy liewer nie aan sulke gesprekke deelneem nie. Ek is ‘n leek op hierdie gebied en redeneer wat my gesond verstand vir my seg.
            Ek seg weer vra my ‘n vraag en ek beantwoord dit vir jou. Beantwoord ook my vraag. So maklik soos dit. Jy moet nog baie leer ou maat moet nie goed seg wat jy nie kan doen of bewys nie. Jy tas duidelik in die donker rond. Spring van een ding na die ander. Vra ek luister.

          16. Ek het jou in ‘n hoek vasgeverf, en jy spartel nog steeds om daar uit te kom.
            Ek het jou van die begin af gesê dat ek jou nie vertrou nie, en jy het dit weer bewys.
            Jy is hier op Praag om die hele ding te probeer ontspoor. En jy het ‘n paar helpers hier wat onder mekaar kode boodskappies stuur.
            Dit nou maar vir eers daargelaat.
            Maak daarmee wat jy wil.

          17. Arnie antwoord my vraag op die forum. Ons spring nou rond van berig na berig. Dit wil seg as jy in staat is om ‘n gesprek wat jy begin het voort te sit. Glo nie jy is enigsins in staat nie.

          18. Arnie – Sjert noem vir my wederegtelik rieme en jy praat nou hier
            van slap rieme – ek hoop nie julle is tussen die lyne besig om van my skinder nie – ek “watch” julle!

          19. Hehehe, neeeeee !!! nooit gesien nie. Wys jou net hoe belankrik is rieme nê.
            En vandag word die riem erg ingelê hier op Praag.

          20. Wie is die mense wat betaal word om hulle werk te doen???
            Jy hou aan om rond te spring met jou argumente.
            Kom ons handel een ding op ‘n slag af.

          21. Wie betaal die FV+ se mense en Mulder wat in die parlement sit se salarisse of werk hulle vir dit waarin hulle glo sonder betaling?

          22. Seg Net nou het ek jou verloor – Wie word betaal om vir
            die Afrikaners te veg?(as ek nou hier tussen jou en Arnie se gesprek n eiertjie mag le 😉

          23. Riempies jy is welkom ons gesels en doen gerus mee en seg jou seg. Waarom stem ons vir die FV+? Of waarvoor het ek en ander dan vir hulle gestem en registreer? Betaal die belasting betaler nie ons vriend Mulder om in die parlement te die nie? Wat doen di klont daar vir di Afrikaner, wat ook ‘n gedeelte van sy salaris betaal?

          24. Nee goed nou is ek met jou – maar gelukkig betaal
            ons nie alleen nie daar is n hele paar swartes en kleurlinge wat saam help betaal aan sy salaris 😉

          25. Amper vergeet ek.
            Jy beweer dus dat dit onmoontlik sal wees vir selfbeskikking.
            Dws as almal soos jy dink en redeneer.
            Ek sal ook graag jou oplossing wil sien as jy een het.
            As jy nie een het nie, dan kwalifiseer jy nie om die planne wat reeds aan gewerk word te kritiseer nie.
            Kom ons gesels nou sommer lekker met mekaar hieroor, en stryk die ou probleempies een vir een, en vir altyd uit.

          26. Kom ons maak so, soos ek jou vantevore geseg het ek is nie ‘n politikus nie. Wat ek jou ook geseg het, as jy kan onthou, is dat ek nie ‘n oplossing vir die probleem het nie. Ook het ek vir jou geseg dat mens niks van iemand hoor wat gebeur nie. Ook gevra wat is al op die tafel? Haal my asb. aan waar ek die planne wat reeds aan die werk is kritiseer het. Ek weet nie eers van die planne nie. Wat bedoel jy as almal soos ek redeneer? Hoe redeneer ek volgens jou? Moet nie woord in my mond lê nie my vriend.

            Dan vra ek jou weer waarom doen jy nie wat jy vir ons seg om te doen as dit so maklik is nie.

            Lees my kommentaar hier onder.

          27. Wat op die tafel is, vra jy ???
            Het ek nie jou Jaap Kelder se E-pos adres gegee nie.???
            Het jy al die moeite gedoen om sy doenne en lates te gaan oplees.

          28. Arnie, nee my vrind dit kan nie het nog nooit in die bestaan van enige organisasie wat vir ‘n saak so gewerk nie. My vraag bly steeds wat word gedoen. Moet elke Afrikaner wat wil weet nou vir Kelder kontak om uit te vind? Ek het ‘n paar keer van hom gelees met belasting sake en dit was al. Daar is bitter baie min Afrikaners wat nie eers van sy bestaan bewus is nie. My skatting is 99%. Hoe moet die mens daarvan weet indien niks bekend gemaak word nie?

            Dit is nie hoe ding gedoen behoort te word nie.

          29. Maak bekend wat gedoen word dat daar steun kom. Ons is onbewus wat aangaan. Twee of tien mens weet die res, ek is een, seg daar gaan niks aan nie.

          30. Net sodat daar doemprofete agter elke bos kan uitspring en hulle pogings verdag maak soos jy op hierdie forum maak??/

          31. Arnie jy is ‘n liggewig my maat, probeer doen waarvoor jy opgelei is. Ek seg weer ek is ‘n leek op hierdie gebied ,maar jy kan nie eers met my redeneer nie? Los dit liewer. Jy gaan jou naam met ‘n plank slaan.

            Soos ek voorheen vir jou geseg het, niemand op die forum het jou aangevat en redeneer nie, noudat jy bietjie vrae gevra word is jy soos ‘n kat op ‘n warem sinkplaat.

          32. En daar probeer jy weer !!! Foeitog flok.
            Jy het met jou wyse van argumente nou net mooi die teendeel bewys.
            Ek vertrou jou nie sover as wat ek kan spoeg nie.
            En ek spoeg nie!!

          33. Dit is jou probleem ou maat, en ek het dit vir jou so twee dae of wat geseg toe word jy kwaad. Moet nie saam met di groot honne piepie nie, jy is nie in dieselfde klas nie. Jy en jou vriend Willy kan maar praat ek weet van julle. Hoop net hy stuur vir jou ook wat hy vir my stuur en nie net wat ek vir hom gestuur het nie. Moet my nie te vlak vat nie my vriend jy kan moontlik heel veras word.
            Is jou van nie de Beer nie?

          34. Ek het nog nooit ‘n geheim daarvan gemaak nie.
            Ek gebruik my volle geboorte name op baie ander plekke ook.
            Ek hoef nie my identiteit soos jy weg te steek nie.
            Nou daag ek jou hier voor almal uit om dit ook te doen.
            En slim draai en swaai argumente sal jou nie red nie.
            En dit wat jy kwansuis van my weet kan jy hier op Praag vertel as dit is soos jy beweer.
            Go for it.

          35. Arnie vra jou weer het Willy ook die vieslike e-pos wat hy vir my gestuur het vir jou gestuur of net die vieslike wat ek vir hom gestuur het?
            Nee my vriend ek kruip nie weg nie. My van is Maritz indien jy belang stel. Ek bly in Klerksdorp.
            Kyk bo is ‘n gedeelte wat seg FOROM antwoord my daar indien jy wel in staat is, wat ek betwyfel.

          36. ‘n gebrek aan IK laat mens aan baie dinge twyfel.
            Ek het met jou en vyande niks te make nie.
            Ek het jou gevra om te sê wat jy sodanig van my weet.
            Of het jy weer ‘n kans gevat soos met al jou ander stellings????

          37. Ai my ou verstaan jy Afrikaans? Ek is ‘n leek wat die politiek aanbetref. Ek het jou ook geseg dat jy my nie moet onderskat nie. Indien jy nie verstaan nie se my wat jy nie verstaan nie en ek spel dit vir jou uit. Ek het niks en nêrens geseg dat ek iets van jou of vir wat dit werd is van enige persoon iets af wet nie. Jy bly woorde in my mond lê. Nee man van watse materiaal is jy gemaak? Kaller van ‘n ander koeie. Seg vir my watter stellings praat jy van? Weet jy wat jy skryf vriend? Jy bly vashaak op een ding soos ‘n plaat. Redeneer met my indien jy kan. Duidelik kan jy nie.
            Seg WEER vra my en ek antwoord jou. Verstaan jy dit darem?

          38. Ek weet van die vete tussen jou en Willy niks van nie. en stel ook nie in die minste belang nie.
            Jy maak die bewering dat ek nie jou vraë beantwoord nie.
            Nou herhaal ek my storie weer.
            Vra jou vraag hier en nou, en ek antwoord jou.

          39. Nou wat nou Arnie moet nou net nie vir my vertel dat julle gaan saamstem nie – dit is nou al die tweede keer dat ek julle vang saamstem!

          40. Nou WIE moet daardie probleem vir jou oplos????
            Ek vra die vraag weer, want jy het my nie daarop geantwoord nie.

  3. Ek neem waar, Adv Alberts spreek homself baie uit die laaste tyd … is dit nie bietjie laat nie ? Waarom moet alles eers ten gronde gaan alvorens aandag daaraan gegee word ?

    Voel vry om van my te verskil – ek is gekant teen enige vorm van staking … ek is maar te dankbaar ek het werk in my geboorteland.

  4. Trip dit is reeds die probleem, daar is nog hoop, maar dan moet hulle nou doen en minder praat, Voeg die daad by die woord. Verkiesing is om die draai, 20 jaar is amper verby en hulle bly by praat in hulle m0er in en doen sweet blou f-ol.

    Dit wat hulle elke keer seg het ons al by herhaalde maal hier op die forum geseg. Hierdie is die plek om te praat en daar waar hulle sit is die plek om die dade te doen. Ons stem vir hulle om hulle verkiesings beloftes na te kom, maar dit gebeur nie. Ek ken nie die politiek goed nie, maar daar is wat my betref ‘n slapgatheid en hulle moet van Mulder ontslae raak so gou hulle kan.

      1. Riempies jy is reg, net een groot probleem hoe raak ons van Mulder ontslae? Hier is dit presies wat ek bo geseg het. Hulle daar bo kan die daad doen en hier kan ons praat. Ons kan wel stem, maar dit is tot waar ons MAG op hierdie stadium beperk is.

        1. Ek bepleit dit al jare dat Mulder onder sy gai geskop moet word.
          Dit is mos duidelik dat die vent nie gaan doen wat hy belowe het nie. En hy sprak nie ‘n sprook oor selfbeskikking nie. So nou en dan laat val hy daardie woorde, maar dit beteken dalk iets heel anders in sy planne.
          Steun vir Jaap Kelder, en mense soos Sunette.
          Hulle het absoluut geen versteekte agendas nie.
          ‘Stemmery is pure bluf politieke retoriek met niks om die lyf nie.
          Ons stem ons self net dieper in die gemors in.

    1. Die tyd is hier dat minder ge-praat-praat word en Van praat-praat-Mulder ontslae geraak word. Ek het groot geloof in die potensiaal Van die Noord-Kaap en sy mense en Upington is met n doel ontwikkel. Praat-praat Mulder is eerder n politieke Verdeler Van Afrikaners as n konsolideerder met sy lou flou almal terede stel Visie. Die VF het wel n onderbenutte infrastruktuur waarop hy parasiteer. Hy neuk egter maar op n manier met die DA SAPPE se politieke stroompie saam wat einlik nie raad met hulself het nie want hulle wil op te Veel stoele sit met te Veel Vingers in die politieke till. En wat is daarmee Verkeerd om n paar knap Engelse Afrikaners in te trek, Jy sien en hoor hulle duidelik hier op Praag. Hulle word netso gemoor. Praag behoort moeite te doen om Afrikaner leiers in teikengebiede bekend te stel en wat en wie hulle is en waarVoor hulle staan EN UITLEEF. Skerp leiers met skerp handige ingeligte tonge en onVermoeide inspireerder werkerondernemers. Die Regte Afrikaner skrywers is alreeds daar en hul platform raak steeds groter!

  5. Solank die ANC aan bewind is sal dinge net meer agteruit gaan. Vryheidsvegters weet niks van om ‘n land te bestuur nie. ‘n Voorbeeld is die res van Afrika. Hierdie politici kan praat dat hulle blou is in die gesig, dit sal niks help nie. Die dinge moet gebeur. Ek dink adv Alberts gebruik sy uitgesprokenheid net vir verkiesingspunte vir die VF+. Daar bestaan nie ‘n leier vir ons nie, ons kort een dringend!

    Van stakings gepraat. In die maatskappy waar ek werksaam is het die laer range 6.2%, hoër range 3%, en top bestuur wat in die koerante gepubliseer was 29% verhoging gekry. Nou ja, as dit nie onregverdigheid is nie dan weet ek nie. In een maatskappy is daar onder die broodlyn en superrykes.

    1. Jy is heeltemal reg Willy. Jou eerste sin se alles.
      En soos jy verder se, moet ons nie dink dat dit enigsins beter gaan raak nie nie, inteendeel dit gaan net baie swakker gaan.
      Iets wat ek al lankal bepleit, en ek is seker hier sal Riempies, Trippie, Arnieann en nog ‘n paar ander (jammer ek kan nie almal se name noem nie) sal met my saamstem, is dat ons na maniere moet begin kyk om meer aktief te raak, en een van die maniere is soos om die Red October byvoorbeeld te ondersteun. As ons dit nie kan bybring om die optog by te woon nie, moet ons darem ten minste die woord, via Facebook, Twitter, sosiale blaaie, Mxit, e-posse, mondelings, briewe ens. so wyd as moontlik versprei. Elkeen moet iets anders begin doen as om net agter die rekenaar te sit en elke dag te vertel hoe gatvol hy is. Ons kan dit nie bekostig om vir VF+ te wag om dinge te laat gebeur nie,; hulle speel politiek. Dit gaan van elkeen van ons afhang om die regte, wettige ding, op die regte tyd te doen.
      Maar Red October is net een inisiatief. Waar is die ander? Steve sing pro-Afrikaner liedjies en dit is goed. Waar is die gewone man (en vrou) se bydrae? Dan het ‘n website, en ons dink ons dra by deur die anti’s aan te vat en lang relase te skrywe. Wat doen ons verder?
      Ons moet op ‘n manier aan alternatiewe bydrae dink en ander wettige maniere van griewe lug begin ondersoek. Selfs Shannon, wat nie eers in Suid Afrika is nie, sien die nodigheid van so iets in. Hy stel dit nie altyd soos wat ons dit wil hoor nie, maar hy is heeltemal reg.
      En net so by the way, hierdie skrywe is nie op jou gerig nie, dis net dat jy iets baie belangrik gese het wat my brein weer op ‘n knop gekry het.
      Om te skryf is goed, maar ons almal moet meer begin doen. Die wettige alternatiewe.

      1. Jy is so reg Ratel en dankie vir jou insiggewende kommentaar. My oorlede pa het altyd gese; Jou ramkat. Ek sê dit nou vir jou Ratel. Jou ramkat. Soos ek en jy tereg gesê het. Praat is verby, doen moet ons doen. Anders is ons verlore. Kyk hoe kla en sê ons sleg hier op die forums. Ek is self skuldig. Wat positief het hieruit gekom? Niks maar niks. En so sal dit aangaan tot die koeie huistoe kom. Niks gaan dit beter maak nie. Die tyd het gekom om van die rusbank waar ons so graag vanaf bevele skree, op te staan en self iets aan ons lot te doen.

          1. Jaaaaaaa !!!!!
            Hou op met hierdie onnodige gat happery. Ons is aan die sefde kant. Overgeset synde ::: Ek sal ‘n liberale blikx….m al sy hel gee op hierdie forum.

          2. Arnieann Met wie praat jy maat? Indien dit met my is daag ek jou uit. Bewys sommer ook jou stelling indien jy met my praat wat ek aaneen. Vir jou is ek nie die minste bang nie. Hierdie is ‘n openbare forum en dreigemente is nie nodig nie.
            Wat gaan jy in elke val maak vriend? Vir Willy roep?

          3. Erken jy dus dan dat jy ‘n liberale is. Want dit is wat ek gesê het.
            Ek het jou elders daarop gewys dat jy sommer lukraak beskuldigings uitdeel aan wie jy wil.
            En maak jou flokken oë oop en jy sal sien dat ek met jou saamstem op jou eie skrywe.
            Is jy ‘n idioot Boet????

          4. Voordoen help niks ou vriend en kwaad word en beskuldigings is wat mens wat nie kan redeneer nie doen. Jou uitlatings daag ek uit om dit te bewys.

          5. Jy is wragtig ‘n idioot. Gaan lees weer aandagtig wat ek daar geskryf het.
            Daag my uit om wat te bewys. Jy is so vol van bewyse. Is jy nie dalk Frikkie Potgieter nie. Hy is mos bewys dedonnerd.

          6. Frikkie Potgieter? Wie de hel is hy?

            Kom ek seg jou moet nie aantygings maak wat jy nie kan bewys nie.

          7. Jy is wragtig ‘n idioot.

            En maak jou flokken oë oop

            : Ek sal ‘n liberale blikx….m al sy hel gee op hierdie forum.

            Dws as almal soos jy dink en redeneer.

            Jy is hier op Praag om die hele ding te probeer ontspoor. En jy het ‘n
            paar helpers hier wat onder mekaar kode boodskappies stuur.

            Ek vertrou niemand wat vir my voorkom as ‘n doemprofeet nie.

            Ek vertrou jou nie sover as wat ek kan spoeg nie.
            En ek spoeg nie!!

            ENS ENS ENS

            Nou praat jy my vriend?

            Ons het nog glad nie by dit uitgekom waaroor die argument ontstaan het nie, maar is inteendeel verder van mekaar verwyder.
            Wat is die doel van al hierdie beskuldigings?

      2. Ratel my rooi balonne het gekom ek gaan dit ooral in die dorp opsit waar ek kan – my kinders het gese “Mammie sit asseblief n pruik op en dra mammie se groot sonbril” – Ek het gese – ek sal nie ek is nie skaam waarvoor ek staan nie!

          1. Ek dink almal wat hier lees moet fotos van hulle optogte neem en hier op Praag plaas – baie goeie idee Willy.

          2. Ek het iewers gelees dat die mense hulle gaie af sukkel om hulle name via selfone op die beswaarlys te sit. die sms op selfone wil of kan dit nie doen nie.
            Daar het reeds al oor ‘n honderd duisend mense via selfoon “Likes’geplaas.
            Weet jy dalk meer hieroor????

          3. Skuus ek kom nou eers terug na jou Arnieann. Het nie ‘n waarskuwing gekry toe jy hierdie vraag aan my gestel het nie. Toevallig hier uitgekom. Nee, ek is nie bewus van dit nie.

      3. Daar is heelwat alternatiewe wat ons kan volg as die mense net heel kommin eenvoudig hulle vasgeroeste breins in rat wil skop.

        Hoe op aarde dink julle het Orania van die grond gekom??????

        Hulle het heel eenvoudig ‘n eenvoudige dem besluit geneem.

        Het julle my mooi gelees??????

        Hulle het heel eenvoudig net besluit om te doen wat ons almal weet wat dit is.

        Ek het vir Jaap Kelder ‘n brief geskryf, en hom gevra of daar nog “Oranias gestig kan word, of is daar ‘n spesiale proses of goedkeuring nodig al dan nie.

        Die antwoord is kort en saaklik: Die reg is reeds daar om dit te doen as jy dit wil doen.

        Dink tog daaroor. Waarom laat die regering Orania en Kleinfontein in vrede???

        Omdat hulle geen wet oortree nie. So maklik en eenvoudig soos dit.

        Ek sal julle almal hier en nou sê wat die fout is. Ek gaan Riempies se skrywe steel en hier herhaal.
        ******
        Dit is die probleem ons almal praat van “hulle ” en nie van “ek” of “ons” as dit by doen kom nie.
        *******
        Gaaf ! nou dat julle ‘n slaggie aandag in die klas gegee het,
        Waar stig ons Orania No. 2 ?????????

        1. Dag Jaap

          Is dit moontlik om nog Orania’s te stig. Indien dit wel moontlik is, wat is die prosedure.

          *

          (J) Enige dorps ontwikkelaar of ander groep kan ‘n nuwe “ Orania “ stig. Jy kan dit doen deur met ‘n kaal stuk veld te begin soos in die geval van Kleinfiontein of om ‘n
          bestaande dorp oor te neem soos in Orania . Daar kom van tyd tot tyd myndorpies op die mark soos wat in Alexanderbaai gebeur het.
          Dit is egter ‘n baie lang en duur proses want die hele
          infrastruktuur moet van vooraf opgebou word. Bv. die peka neut bome in Orania begin nou eers, na meer as twintig jaar, ‘n behoorlike opbrengs te
          lewer.
          *
          (A) Ek glo dat baie Afrikaners hulle dalk in so ‘n gebied sal wil vestig.

          *

          (J) Mens sal op nuwe plekke vestig 1.
          Vir veiligheids redes of 2. Vir werksgeleenthede.
          *
          (A) Nie almal hou noodwendig van die huidige Orania nie. Dit
          sou goed wees indien daar nog meer groei punte sou kon kom.
          Ek het gelees dat Orania dit selfs aanbeveel om nog sulke gebiede, veral in die Noord Kaap moet stig.
          (J) Sien aangehegte
          *
          Arnie. Jaap Kelder

          More daar!

          My oog val op hierdie artikel vanoggend en ek wonder
          hoeveel mense al sedertdien by die VVK
          geregistreer het? (vvk.co.za: Grondteller: Vorm16) Die Zoeloes het alreeds in
          1996, stil-stil ‘n Trust gestig , waarin hulle 2.7miljoen hektaar geregistreer
          het !

          Die gebiede is NIE aaneenlopend nie.

          WAT is fout met die Boere-Afrikanervolk?

          Het hulle dan nou DOM geword of is al die slimmes
          landuit?

          Moontlike volkstaat?
          July 17, 2012 ⁠
          – ⁠ Nuus ⁠ – ⁠ 15 comments

          Nadat sowat 1-miljoen van die RSA se geleerdste en
          moontlik welvarendste Afrikaners die land verlaat het en hulle in Westerse
          lande gevestig het, is daar steeds sowat 3-miljoen volksgenote wat in die Nuwe
          Suid-Afrika vasgevang is en nie landuit kan of wil vlug nie.

          Behalwe dat vele Afrikaners te arm is om hul land van
          geboorte te verlaat, is daar diegene wat of te oud is, of wat gestrem is, of om
          ander redes nie die land kan, of sal, of mag verlaat nie.

          Om aan hierdie “gestrande” Afrikaners ‘n heenkome te
          bied, het ‘n paar vriende – onder leiding van mnr Dick Davel van Hopetown –
          besluit om die Noord-Kaap as moontlike volkstaat te laat ontwikkel.

          ‘n Voorlopige kaart van ‘n MOONTLIKE Afrikaner-volkstaat
          in die provinsie Noord-Kaap, is opgestel. Dit sluit ‘n gebied in wat van die
          Weskus tot by die Vanderkloofdam, en ongeveer van Port Nolloth en Kenhardt in
          die noorde, tot by Lambertsbaai en Loxton in die suide, strek (hierdie gebied
          is slegs ‘n rowwe aanduiding, en kan kleiner of groter gemaak word, na gelang
          van omstandighede).

          Die voorgenome volkstaat sal waarskynlik in 3
          ontwikkelingstreke ingedeel word, naamlik die Weskusstreek; die
          Sentraal-Karoostreek; en die Oranjerivierstreek.

          Hopetown (waar mnr Davel tans woon) sal voorlopig as
          hoofkantoor dien, en die buurdorp – STRYDENBURG – sal as een van die eerste en
          belangrikste groeipunte dien. Verskeie eiendomme op hierdie 2 dorpe is reeds
          gekoop, en daar word beplan om die ou skoolgeboue in enkelkwartiere te omskep.
          ‘n Opleidingskollege vir ambagsmanne word ook in die vooruitsig gestel, sodra
          daar genoeg beleggers is wat dit finansieel moontlik sal maak. ‘n Volkstrust is
          reeds vir dié doel geskep.

          wat belangstel om hulle iewers aan die Weskus
          te gaan vestig, kan mnr Martin Kemp by nommer 082-466-4738 vir meer inligting
          kontak. Sy e-posadres is martinkemp@kyknou.net

          Daar is nog geen kontakpersoon vir die
          Sentraal-Karoostreek aangewys nie, maar mnr Dick Davel kan vir enige algemene
          navrae gekontak word. Sy e-posadres is Afrdick@gmail.com

          Noudat die regering opdrag gegee het dat Pelgrimsrust se
          17 sakemanne die dorp moet verlaat, kan hulle dit gerus oorweeg om hulle in die
          westelike deel van ons land te kom vestig, en om met nuwe sake-ondernemings in
          die beoogde volkstaat in die Noord-Kaap te begin.

          Geskryf deur “Die Vryburger” se spesiale korrespondent,
          Peter Murray

          15 thoughts on “Moontlike volkstaat?”

          Stoffel
          July 17, 2012 at 5:54 pm

          Ek dink die woorde ‘Volkstaat”, “Moontlike Volkstaat”,
          “Voorgenome Volkstaat” en selfs “Volkstrust” behoort met uiterse omsigtigheid
          gebruik te word. Hoeveel “volkstate” is op die horison en waar lê die fokus?
          Die volkstaat waarvoor die VVK hom be-ywer, die “moontlike volkstaat” waaroor
          die onderhawige berig handel (of is dit een-en-dieselfde?) of al die ander
          volkstate wat deur ander volkstaat-propagerende groepe verkondig word? Dit sal
          interessant wees om te weet of die VVK-Volksraad homself vereenselwig met die
          gedagte van ‘n “moontlike volkstaat” in die aangeduide gebied. Ek mag verkeerd
          wees maar ek dink dat, wat die VVK-Volksraad betref, die ligging en omvang van
          grondgebied vir die VVK-Volkstaat nog vêr van gefinaliseer is indien dit
          hoegenaamd op hierdie stadium op die agenda is.

          Indien die VVK-Volksraad geen amptelike sanksie of enige
          oorweging aan die “moontlike volkstaat” wat hier ter sprake is, verleen het
          nie, behoort dit duidelik so gestel te word ten einde verwarring te voorkom.
          Miskien behoort daar, wat die VVK betref, van ‘n VVK-Volkstaat gepraat te word
          ten einde onsekerheid oor wie se “Volkstaat” ter sprake is, uit die weg te
          ruim.

          By gebrek aan meer inligting kan die “moontlike
          volkstaat” waaroor die berig handel, myns insiens meer as ‘n nedersetting as ‘n
          moontlike volkstaat beskou word.

          Voornoemde is nie bedoel om afbreuk te doen aan die
          prysenswaardige poging om aan Afrikaners ‘n tuiste binne groepverband te skep
          nie.

          Hoe meer rigtings daar getrek word hoe groter is die
          volkstaat op die ou einde

          Ek sal eerder aanhou trek as wat ek stil sit en wag om
          vermoor te word. Elke klankie wat ek hoor, vrees ek vir my familie. Ek swot om
          land uit te gaan. Ek weier om hier te bly en “mense” te help wat deur die nag
          ander mense se lewens en mense regte wegneem. Wat doen ons? Wat sal jy doen as
          “Hulle” jou dogter, vrou en ma voor jou verkrag, en dan bid jy maar dat hulle
          nie jou familie sal dood maak nie, alhoewel jou familie graag dood sal wil wees
          na wat met hulle gebeur het. Sal jy nie self bid dat dit nie sou gebeur het
          nie? As jy wil kan jy maar stil sit. Ek is te lief vir my familie om nie te
          baklei nie.

          Ek kon maklik die woord “moontlike” met “definitief”
          vervang het, maar dan sou daar waarskynlik ‘n stortvloed van kritiek gewees
          het, want wie gee my die reg om te sê dit sal DEFINITIEF daar wees!

          Vir diegene wat ons ondersteun is die keuse goed, veral
          as alle faktore in ag geneem word. Natuurlik sal daar mense wees vir wie dit
          nie ‘n goeie keuse is nie, maar dit is nie belangrik nie.

          Die Nuwe Suid-Afrika is nou meer as 18 jaar oud, en
          intussen stry en baklei Afrikaners op al wat ‘n forum is oor wat, waar,
          wanneer, gedoen moet word. Niemand doen egter iets positiefs nie. Dit praat
          net, maar doen niks.

          Intussen word daar gemiddeld 5 Afrikaners per dag
          vermoor, om van ander soorte misdaad nie eers te praat nie.

          Of die voorgestelde volkstaat nou gaan realiseer of nie,
          daardie gebied het die minste misdaad, en die kanse dat ENIGE volkstaat gaan
          slaag, is daar die beste.

          Ek het doelbewus nie presiese grense getrek nie, omdat
          kritici weer oor ‘n paar jaar (wanneer omstandighede miskien radikaal gaan
          verander) vir my gaan vra waarom my grense dan nie gerealiseer het nie.

          Die groeipunte is reeds aangedui, en die res van die
          gebied kan slegs bepaal word as Afrikaners bewys het dat hulle ‘n volkstaat wil
          hê en dit fisies gaan beset. Jy kan ‘n perd krip toe lei, maar jy kan hom nie
          dwing om die water te drink nie.

          Wat die volkstaat se ligging betref; enige gebied in
          Suid-Afrika sal vir ons volk goed wees, maar ons moet net een ding onthou, daar
          is ander volke en etniese groepe ook in die land. Almal ding mee om ‘n plekkie
          in die son. Solank die ANC regeer sal die Afrikaner ‘n minderheidsgroep bly, en
          dus agter in die ry moet gaan staan. Die ANC gaan nie vir ons ‘n volkstaat in
          die mooi, ryk en vrugbare dele van Suid-Afrika gee nie, ook nie daar waar die
          swartes oorweldigend in die meerderheid is nie. Ons kan nie 10-miljoen swartes
          uit ons volkstaat verjaag nie, maar ons kan met 500 000 kleurlinge gaan
          onderhandel oor hoe die gebied verdeel kan word. (In sekere distrikte in die
          “moontlike” volkstaat woon daar slegs Afrikaners en Afrikaanssprekende
          bruinmense. Dis tog BAIE makliker om met hulle te onderhandel, eerder as om
          miljoene swartes te verjaag).

          Die Noord-Kaap is DEMOGRAFIES gesien die beste provinsie.
          En, die Sentraal-Karoo is DEMOGRAFIES gesien die beste deel van die provinsie.
          Die teenstand van volksvreemdes in Suid-Afrika sal in daardie deel die minste
          wees.

          Wat meer is, ‘n halwe eier is beter as ‘n leë dop. Waarom
          wag vir die heel eier, wat heel waarskynlik nooit sal opdaag nie, as jy ‘n
          halwe eier kan kry. Wie nie waag nie, wen nie. Ek dink 18 jaar se wag is lank
          genoeg, en 40 000 Afrikaners se lewens is ook genoeg. Ons praat nie meer nie,
          ons doen nou!

          Ten eerste, om te sê “Niemand doen egter iets positiefs
          nie. Dit praat net, maar doen niks.” is wat die “VVK” en die “Boere-Afrikaner
          Volksraad” betref, doodgewoon net nie waar nie en ‘n miskenning van die harde
          werk en volharding wat die VVK en meedoende ondersteunende organisasies onder
          moeilike omstandighede aan die dag gelê het. Om sovêr te kom om ‘n
          Volksraad-verkiesing te hou en aan die Staatspresident van die RSA ‘n brief
          (met opvolgbriewe) af te lewer waarin die ge-identifiseerde Boere-Afrikaners se
          eis vir selfbeskikking in ‘n eie staat gestel word, is nie niks doen nie.
          Daarbenewens is die volksaak onder oorsese lande se aandag gebring,
          vergaderings word gehou en waar en wanneer ookal moontlik word die volksaak
          bevorder, ten spyte van teenkanting en doodswyging van die hoofstroom-media.

          Dit is egter so dat die Boere-Afrikaner Volksraad slegs
          diegene wat hulleself “amptelik” as ‘n volk of deel van ‘n volk wat
          selfbeskikking wil hê, ge-identifiseer het en die Volksraad verkies het, kan
          verteenwoordig. In hierdie verband gaan dit dus nie oor losse groepe of ‘n
          breë, veralgemeende volksaak nie.

          Tweedens gaan dit wat die “VVK” en die “Boere-Afrikaner
          Volksraad” betref om “Boere” en “Afrikaners” wat dieselfde grondliggende
          oortuigings, waardes en norme nastreef, en in bepaalde verband volksgenote wat
          onafhanklikheid voorstaan. Vandaar die benaming “Boere-Afrikaner Volksraad”.
          Dit gaan dus nie slegs oor mense wat hulleself as Afrikaners beskou nie.

          Derdens, om selfbeskikking te verwesentlik gaan nie oor
          ..” as Afrikaners bewys het dat hulle ‘n volkstaat wil hê en dit fisies gaan
          beset.”. Dit gaan daaroor dat daar ingevolge die Volkereg opgetree moet word en
          bepaalde prosedures gevolg moet word. Boere-Afrikaners het as volksgenote wat
          onafhanklikheid voorstaan reeds bewys dat hulle ‘n volkstaat wil hê deur by die
          die VVK te registreer en ‘n verteenwoordigende raad by wyse van ‘n formele
          verkiesing, te kies.

          Vierdens “.. maar ons kan met 500 000 kleurlinge gaan
          onderhandel oor hoe die gebied verdeel kan word.” Daar kan nie met groepe in
          die land onderhandel word oor hoe die gebied verdeel kan word nie. Die Regering
          van die betrokke land (in ons geval die RSA-regering) word deur ‘n
          ge-identifiseerde volk of gedeelte van ‘n volk in kennis gestel dat hy sy reg
          op selfbeskikking wil uitoefen en onderhandelings word met die Regering
          aangeknoop. Dit is presies waarmee die “Boere-Afrikaner Volksraad” besig is.
          Die verdere stappe wat geneem moet word indien die betrokke regering nie wil
          onderhandel nie, is nie hier ter sprake nie. Watter onderhandelings-
          bevoegdheid het die Kleurlinge oor RSA grondgebied en grondverdeling en hoekom
          sal “miljoene swartes verjaag” moet word.

          Vyfdens, “Wat meer is, ‘n halwe eier is beter as ‘n leë
          dop.” Ek dink nie vir een enkele oomblik dat dit vir die “Boere-Afrikaner
          Volksraad” om halwe eiers of leë doppe gaan nie. Dit gaan om selfbeskikking in
          sy volle omvang. ‘n Mens kan nie agter in jou kop ‘n gedagte van “tweede prys
          is goed genoeg” hê as dit by selfbeskikking kom nie.

          Sesdens – kyk stap 2 onder ”Die regsargument” op die VVK
          se webblad – “Indien wel, word in onderhandeling getree om die terme en
          praktiese implementering daarvan te beding wat betref ligging en grootte van ‘n
          gebied waar ons onsself sal regeer; moontlike oorgangsreëlings in die lig van
          huidige bevolkingsamestellings in so ‘n gebied; en dergelike ander aspekte wat
          eers op daardie stadium ter sprake is. Voorstelle insake grootte en ligging van
          ‘n gebied moet aan die volk voorgelê word vir finale goedkeuring.”. Let op
          “daardie stadium ter sprake is” en “moet aan die volk voorgelê word vir finale
          goedkeuring.”. In laasgenoemde verband is “die volk” vir wie se selfbeskikking
          die VVK en die Boere-Afrikaner Volksraad hulle be-ywer, diegene wat by die VVK
          geregistreer is.

          Ten laaste, “Ai tog” my kommentaar hierbo was nie bedoel
          as “baklei oor wie se volkstaat dit is” nie. Daar is, soos Peter Murray tereg
          sê, baie forums met uiteenlopende opvattings, wat ‘n volkstaat voorstaan. Die
          enigste instelling waarvan ek egter weet wat iets daadwerkliks doen, in
          ooreenstemming met aanvaarde beginsels van die Volkereg, is die VVK en die
          “Boere-Afrikaner Volksraad”. Myns insiens is daar geen ander manier om die bal
          aan die rol te sit nie en dit was vir my uiters verwarrend om in die Vryburger
          te lees van die “moontlike volkstaat”, wat, sovêr ek kon vasstel, nêrens
          verband hou met die VVK of die Boere-Afrikaner Volksraad nie.
          Leon Cornelius dan ook opmerk is die Boere-Afrikaner
          Volksraad verteenwoordigend van ‘n wyer spektrum mense wat saam in die
          loopgrawe staan.

          Met alle respek; In 1995 was daar ook diegene wat gesê
          het “Nou moet ons ‘n volkstaat kry, en vinnig ook!” Daardie gesprekke duur nou
          al 18 jaar, en intussen het 70 000 Afrikaners gesterf, net omdat sekere mense
          “vergaderings” beter ag as “fisieke optredes”.

          “Ons” volkstaat is nie maar net “nog ‘n volkstaat” nie,
          maar ons werk in dieselfde rigting as wat oorspronklik deur Prof. Carel Boshoff
          aan die hand gedoen het.

          Onlangs nog het swart groepe smalend gevra “maar waar is
          jul volkstaat dan,” of “waar is die gebied wat kwansuis aan julle behoort?”

          As ons sou sê dis die Vrystaat, of dis Gauteng, of dis
          Mpumalanga, sal hulle ons uitlang en sê dat ons ‘n onbeduidende klein minderheidsgroep
          is, en dat daardie gebied wat ons as ons eie beskou, ook aan hulle behoort.

          Ek wil nie in ‘n klein gebied soos Gauteng saam met
          10-miljoen swartes woon nie, nog minder wil ek probeer om hulle met ‘n geweer
          daar wegjaag. En, as jy hulle met die hof dreig, sal hulle weier en ‘n reuse
          rewolusie uitlok.

          Daarteenoor; Noord-Kaap het slegs 200 000 swartes
          (waarvan die meeste in Kimberley woon). Noord-Kaap is meer as 361 000 vk/km
          groot. Dit is S.A. se veiligste provinsie. Orania het reeds ‘n meerderheid
          blankes (meer nog, daar woon GEEN nie-blankes nie). Strydenburg en Hopetown is
          vinnig op pad om ook blank te word. Indien 500 000 Afrikaners hulle oor die
          volgende 10 of 20 jaar in die “grens-distrikte” (dit wil sê, distrikte waar die
          Afrikaner-agterstand klein is) gaan vestig, het ons 10 distrikte waarin ons ‘n
          volstrekte meerderheid sal hê. In die hele Transvaal en Vrystaat glo ek nie
          daar bestaan sulke distrikte nie. Gaan kyk maar na die “Demografie van
          Suid-Afrika” op Wikipedia.

          * Laastens; as ek weet die VVK se doen-en-late gaan op
          die ou end suksesvol wees, is dit ‘n ander saak, maar watter waarborg het ek
          dat dit wel die geval sal wees. Tussen 1995 en vandag was daar al tientalle
          organisasies (waaronder die Volkstaatraad) wat hulle vir oplossings beywer het,
          maar almal het misluk. Intussen duur die misdaad onverpoosd voort.

          As ons vir daklose, werklose, verarmde blankes (veral
          bejaardes) ‘n heenkome wes van die Oranjerivier kan gee, waarom nie. In Gauteng
          word hulle nou teen sowat 5 per dag afgemaai, terwyl Noord-Kaap se moordsyfer
          omtrent 5 per jaar is.

          Bouwerk aan 2-slaapkamerhuisies vir verarmde bejaardes
          begin sodra ons die R250 000 (wat ons benodig) ingesamel het. Daar is 20 000
          verarmde bejaardes in Gauteng wat (soos slagskape) sit en wag dat dit hul beurt
          moet wees om deur barbare vermoor te word. Ons, wat lede van De Goede Hoop
          Trust is, gaan nie wag vir daardie 20 000, hulpelose, tenger oumensies, om
          vermoor te word nie. Ons wil hulle so vinnig as wat ons vir hulle onderdak in
          Noord-Kaap kan gee, uit Gauteng weg kry, want môre (wanneer die VVK eendag
          gereed is) mag dit te laat wees.

          ‘n Baie interessante gesprek! En ja, ek sal ook graag ‘n
          klip in die bos wil gooi!
          dink elk se sienings het goeie en slegte punte.
          het ek prof. Carel Boshoff se boek onder oe
          gehad en ek sal graag ‘n debat oor die vlge. punte wil he nl.:

          is die sog. wyd-verspreiding van ons Boere-Afrikanervolk
          (koukasiers), wat telkemale teen ons kop gegooi word, nie net oe verblindery
          nie?

          waarom KAN ons nie die O.V.S. as ons WETTIGE erkende
          gebied terug opeis nie?

          sou die swartes dan nou ‘n bohaai opskop oor die 1913
          Naturelle-gebiede, kan ek GEEN rede sien waarom ons NIE die OVS kan opeis nie.

      1. Dankie Arnieann ek glo jou. Ek het ‘n voorstel en dit is of Jaap nie ‘n artikel kan skryf of iemand van ons Praag skrywers nie? Ons is geseën met ‘n hele paar swaargewig skrywers. As daar ‘n artikel bestaan, wil ek asb dit onder oë kry dat ek net meer weet van Jaap en sy idee?

          1. Dankie Arnieann. Ek glo Praag sal dit plaas.
            Wanneer ons daar kom sal ek vir Riempies vra. Ek weet sy sal kan help.
            Moet sê ek sien nogal uit.
            Lekker dag vir jou.

          2. Nou hoe nou Arnie – hoekom vra jy of Praag dit sal plaas – natuurlik sal Praag dit plaas as dit aan Praag voorgele word vir publikasie.

  6. Ek kry nounet ‘n boodskap op Twitter dat Colgate sy vervaardigingsbedrywighede uit Suid Afrika gaan onttrek. 2000 poste verlore. Ons dank gaan aan die ANC en hul bondgenote Cosatu en die SAKP vir hierdie fantastiese voorbeeld van hoe om NIE ‘n land te bestuur nie. Indien die Twitter boodskap waar is, is dit die begin van die einde. Die Europese ekonomie is aan flarde met mense wat toustaan vir werk. Die Europese regerings is agter die skerms besig om Europese maatskappye te oortuig om hul vervaardiging weer na Europa te verskuif aangesien baie Europeërs nou bereid is om vir veel minder te werk – net om te werk. Persoonlik gaan ek ‘n groot verlies lei as Colgate land-uit waai. Ek doen besigheid met hulle. Erger is egter die 2000 ekstra mense – en ons kan dit met 5 maal vir die afhanklikes – wat ook nou deel word van die massa werkloses in hierdie land. Die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank het reeds direkte waarskuwings aan die vakbonde in SA gerig. In ‘n gesprek met een van my Australiese kliënte (hy is ‘n gebore Australiër) kom dit aan die lig dat die Australiese motorbedryf byna toegemaak het as gevolg van vakbonde, totdat die Australiese regering drasties begin optree het. BMW, Volkswagen, Mercedes-Benz – noem maar op: hulle kan (en sal) hul bedrywighede in SA staak indien die situasie nie verbeter nie.
    Die feite is op die tafel. Die tyd van praat is verby. Indien ons enigsins iets wil hê om vir ons kinders na te laat, moet ons nou daadwerklik optree. Kom ons trek ons gesamentlike koppe uit die sand, staan saam en begin ons mag te wys. Anders is daar baie binnekort niks oor nie.

    1. Die goue geleenthede begin nou kop uitsteek.
      Kontak Colgate Palmolive, en stel Oania aan hulle bekend.
      As hulle daarheen trek, is die pad oop vir almal om hulle te volg.
      Doen dit so gou as wat jy kan. Al begin hulle net op kleinskaal om die idee te toets. Orania word feitlik wêreld wyd aanvaar.

      1. Arieann dit is wat my bekommerd, Solidariteit is nie goed genoeg nie maar waarom aanvaar Orania maandelikse geldelike bydraes van af hulle? Hoor my mooi, ek stem nie saam met wat Solidariteit alles doen nie, maar daar is goed waarmee ek saamstem. Julle wil nie die petisie vir die plaasmoord teken nie, maar aanvaar hulle geld? Hoe werk dit vriend?
        FORUM heel bo gaan en antwoord indien jy opgewasse is.

        1. Jy maak sommer jou eie afleidings oor hoe ander mense optree en dink.
          As de klerk in ‘n storie betrokke is, dan ignoreer ek daardie organisasie.
          As enige ander Afrikaner organisasie hulle nie steun nie, dan bly ek ook weg.
          Daar het jy nou ‘n antwoord van my af. Ek ken jou standpunt, en wil nie daaroor utbrei nie.
          Wat ookal Orania se verbintenis met hulle is, is nou maar so.
          Ek woon nie op Orania nie. Die plek is nie vir my nie.
          Verder steun ek alles wat hulle doen.
          Ek is ‘n uitwoner van Orania, en ek steun hulle ook geldelik.

          1. As de klerk in ‘n storie betrokke is, dan ignoreer ek daardie organisasie.
            Hoe nou? Steun en dra by waar Solidariteit betrokke is?
            Dubbele standaard?

            Verstaan nou baie goed.

          2. Ag jirre tog.
            My bydrë is vir die kinders wat daar skoolgaan.
            Ek het nie nodig om jou gelukkig te hou nie.

          3. Ja broer dit is baie moeilik indien jy nie soos ‘n volwasse iets kan uitredeneer nie om met sulke kommentaar te wil kom. En die J woord is beslis nie nodig nie ou maat.

          4. Ek is nie jou vriend of jou maat nie.
            Ek is baie kieskeurig oor my vriendekring.
            As jy jouself as volwasse beskryf, dan loop jy daardie pad alleen, en dan verkies ek om nie so genoem te word nie.
            En ek sal, soos ek reeds ‘n vorige keer vir jou gesê het,
            nie verder met jou in gesprek tree nie, en beskou hierdie skrywe as die finale een.

        2. Waarom het hulle ook nou skielik ‘n petisie oor plaasmoorde????
          Hoekom steun hulle nie Sunette voluit nie?????
          Hulle het Jaap Kelder ook probeer kaap, en ‘n moerse gemors daarvan gemaak.
          Hoekom het hulle nie al lank voor Sunette begin met hulle petisie nie.
          Nee !! Iemand anders moet dit eers begin, en dan spring hulle op die “Band Wagon”.
          En so “By the way” Gaan jy deelneem aan die “Red October” optog????
          Ek gaan as jy wil weet.

          1. Ek ondersteun “Red October” en alle pogings wat enige organisasie aanwend vir die Afrikaner, wat nie te seg is dat ek die organisasie steun nie, maar wel die daad.
            Sal fotos daarvan plaas.
            Jammer AfriForum – Plaasmoord
            Solidariteit – Kwota stelsel in rugby
            My fout.

          2. Ek neem aan geen sport deel nie, want dit is nie meer sport nie.
            Ek vlieg met my vliegtuig rond. Daar waar ek van alles en almal afgesny is.

    2. Ek was vir baie lank betrokke by Nissan. Hulle het hulle fabriek in Australie in ‘n oogwink gesluit gedurende daardie tyd. Ek dink dit was binne 2 maande toe sit die hele plant sonder werk. Die rippel effek is gevoel deur al die Australiaanse maatskappye wat part aan die aanleg verskaf het!

      1. Dankie, Stephan, vir jou bydrae. Dan sal jy weet hoeveel derduisende mense se inkomste hang direk en indirek van die Suid Afrikaanse motorbedryf en sy sub-nywerhede af. Hier kom groot moeilikheid. Dankie Zuma, ek sien jy werk hard om daai 5 miljoen werksgeleenthede te skep…

  7. Arniann goed hier kom die vraag wat jy bly ontwyk.

    Jy seg aanmekaar vir ander wat om te doen. Soos vandag vir my en ek haal jou aan :

    Daar word hoegenaamd geen politieke vereistes aan jou gestel nie.
    Jy pak op en trek. Hoe meer mense saam met jou trek, hoe gouer kan jy oor jou frustasies kom. Het jy dit al gedoen en werk dit?

    Waarom doen jy nie dit wat jy prolifereer en vir ander mense seg om te doen wat so maklik is nie?

    1. Dit is nie ‘n vraag wat jy vra nie. Jy maak ‘n stelling.
      En as jy my kommentare behoorlik lees sou jy gesien het dat ek daardie vraag reeds geantwoord het. My skrywe was: Jy het geen idee wat ek doen, en nie doen nie. Ek loop my pad en jy kan met joune maak wat jy wil.
      Ek ken ook nie die woord “prolifereer” nie, en kan jou nie daarop antwoord nie.

Maak 'n opvolg-bydrae