Egiptiese kaper saam met Brit afgeneem

Die kaper van die vliegtuig van die Egiptiese lug­redery, Seif Eddin Mustafa, het met ‘n oorwinningsteken die Cipriese hof in ‘n polisievoertuig verlaat. ‘n Britse man, Ben Innes, het homself saam met die kaper laat afneem tydens die drama. “Slegs Ben kon ‘n Selfie kry! #proud,” het ‘n familielid Sarah Innes later getwiet nadat hy

Lees verder: Egiptiese kaper saam met Brit afgeneem

Grondwethof besluit vandag oor Nkandla

Die Grondwethof gaan vandag uitspraak lewer daaroor of Zuma ten minste ‘n gedeelte van die R246 miljoen wat Nkandla gekos het, uit sy eie sak moet betaal. Dit volg op ‘n aansoek voor dié hof wat meer as ‘n maand gelede deur die EFF en die DA gebring is. Die uitspraak sal verskeie aspekte van

Lees verder: Grondwethof besluit vandag oor Nkandla

Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Doelbewuste misleiding

Leon van den Heever, die Direkteur vir Studentewerwing van die Universiteit Stellenbosch (US), skryf soos volg in Die Burger (30 Maart, p 10). Ek haal die brief in sy geheel aan. “Oor Jan Heunis (DB, 28.03) se stelling ‘Die US-bestuur het deur sy werwingspogings en afwykings van sy taalbeleid die US verengels’: “Die Universiteit Stellenbosch

Lees verder: Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch: Doelbewuste misleiding

Katlehong gespanne na jongste xenofobiese geweld

Die situasie in Katlehong aan die Oosrand is gespanne nadat geweld Dinsdagnag uitgebreek het in die jongste vlaag xenofobiese aanvalle. Winkels, wat aan buitelandsers behoort, is geplunder en in puin gelê. Een plunderaar is in die geweld doodgeskiet toe die buitelanders glo hul eiendom wou beskerm. Die polisie het bevestig dat vier buitelanders – wat

Lees verder: Katlehong gespanne na jongste xenofobiese geweld

Oud-ANC-raadslid verskyn weer vir moord

‘n Voormalige ANC-raadslid, wat teregstaan op die moord op sy vrou, verskyn na verwagting vandag weer in die Bloemfonteinse landdroshof. Maphabole Godfrey Maphobole, ‘n voormalige ANC-raadslid van die Tokologo plaaslike munisipaliteit, is vroeër borgtog van R20 000 toegestaan. Die 33-jarige staar onder meer aanklagte van moord en dwarsboming van die gereg in die gesig. Maphobole

Lees verder: Oud-ANC-raadslid verskyn weer vir moord

Islamitiese Staat uit Palmira verdryf

Die Siriese stad, Palmira, wat deur djihadiste van die Islamitiese Staat (IS) in Oktober 2015 in puin gelê is, is herower. Siriese troepe het met die hulp van Russiese lugaanvalle die naweek daarin geslaag het om die antieke stad te ontset wat as ‘n Unesco-wêrelderfenisplek verklaar is. Pres. Bashar al-Assad het die sege as ‘n

Lees verder: Islamitiese Staat uit Palmira verdryf

Sleutelfiguur in Kanadese politiek en gesin uitgewis

Die Franse deel van Kanada, Quebec is in skok na die skielike dood van voormalige Kanadese kabinetsminister, Jean Lapierre, sy vrou en drie van sy broers en susters. Die hele familie is in ‘n vliegtuigongeluk uitgewis. Die gesin was onderweg na die begrafnis van Lapierre se pa in die ooste van Quebec. Volgens die Kanadese

Lees verder: Sleutelfiguur in Kanadese politiek en gesin uitgewis

Veiligheidsdiens steeds op bystand by Mafikeng-kampus

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus se akademiese program kon Dinsdag sonder enige onderbrekings of voorvalle van oproer hervat. Kampuswoordvoerder, Phenyo Mokgothu, sê die dienste van sekuriteitsmaatskappy word steeds gebruik. Die veiligheidsdiens is tans nie op die kampus ontplooi nie, maar op bystand as sou geweld uitbreek. Die kampus het dié week heropen nadat dit vir

Lees verder: Veiligheidsdiens steeds op bystand by Mafikeng-kampus

Werkers by Delareyville-meul maak amok

Die N14-roete tussen Delareyville en Vryburg in Noordwes is weer oop vir verkeer nadat dit Dinsdagaand weens oproer moes sluit. Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die situasie is vanoggend kalm nadat die pad Dinsdag omstreeks 19:00 gesluit is weens stakende werknemers van Botselo Milling. Die meule in Delareyville behoort glo aan ‘n familie. Die betogers het

Lees verder: Werkers by Delareyville-meul maak amok

Voormalige Britse soldaat vir wapens en ‘Nazi-simbole’ voor

‘n Sewentig-jarige man van Kaapstad, wat van die besit van onwettige wapens en “Nazi-simbole” aangekla word, sal in Mei weer in die hof verskyn, het RSG berig. Keith Conroy het Dinsdag in die Goodwood Landdroshof verskyn. Die polisie het in Desember sy huis in Bothasig tydens ‘n klopjag deurgesoek nadat ‘n wenk ontvang is. Conroy

Lees verder: Voormalige Britse soldaat vir wapens en ‘Nazi-simbole’ voor