‘n Veelparty adhoc-komitee in die Parlement sal op die been gebring word om die minister van Polisie se verslag oor Nkandla te bestudeer. ‘n Reusebedrag van die belastingbetaler se geld is aan die privaatwoning van ‘n politieke ampsdraer bestee, maar Zuma word in die verslag kwytgesteld van enige finansiële aanspreeklikheid vir die opgraderings van 246
Uitspraak oor Derby-Lewis vandag verwag
Die Hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting vandag bepaal of die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, ‘n fout gemaak het deur Clive Derby-Lewis se paroolaansoek te weier. Maandag het Derby-Lewis ‘n aansoek ingedien om Masutha se besluit te hersien. Derby-Lewis is destyds in hegtenis geneem omdat vals getuienis gelewer is wat beweer
VSA loods aanval op FIFA oor Rusland
Amerikaanse senatore het ‘n oproep gedoen dat FIFA-baas Sepp Blatter moet bedank. Die VSA probeer om Blatter te ontsetel as die hoof van die sokkerorganisasie weens sy steun vir Rusland om die volgende Sokkerwêreldbekertoernooi aan te bied. Die Amerikaanse mislukking om kleurrewolusies in Europa, soos in die Oekraïne en nou Macedonië te laat slaag teen
SA se dors na alkohol
Suid-Afrikaners drink sowat 5-miljard liter alkohol per jaar. Trouens, alkohol het gesorg dat ‘n voormalige Suid-Afrikaanse maatskappy wat eers aan mynwerkers drank verkoop het, SAB Miller, tot een van die grootste multinasionale bedrywe ter wêreld gegroei het. Die maatskappy is tans in Londen genoteer. Dié syfers is volgens die mediese navorsingsraad in die staatskoerant gepubliseer
Steenkoolskaarste dreig by Eskom
Eskom staar ‘n tekort van 17 miljoen ton steenkool vir sy kragaanlegte in die gesig, het RSG berig. Die minister van openbare werke, Lynne Brown sê die tekort word by die Matla-, Tutuka-, Kriel-, Arnot- en Hendrina-kragaanlegte verwag. Vroeër het Eskom se waarnemende bestuurshoof, Brian Molefe bespiegelings afgemaak dat steenkooltekorte kan voorkom. Molefe het gesê
Helfte van wêreld kry internettoegang
Die Verenigde Nasies beraam dat bykans die helfte van die wêreld se bevolking teen die einde van die jaar toegang tot die internet sal hê, het RSG berig. Die internasionale telekommunikasie vereniging voorspel dat drie komma twee miljard van die wêreldbevolking van sewe komma twee miljard mense vanjaar nog internettoegang sal hê. Sowat twee miljard
Oorlogsmisdadiger Blair kry skop onder die sitvlak
Die voormalige Britse eerste-minister Tony Blair, wat deesdae vir sy gruwelike menseregskendings en oorlogsmisdade onthou word, het bedank as die spesiale vredesgesant vir die Midde-Ooste. Sy bedanking kom te midde van Anglo-Amerikaanse pogings om kernsamesprekings met Iran te voltrek tot hulle voordeel. Behalwe dat Blair se posbeskrywing aangedui het dat hy vrede in die Israelse
Lees verder: Oorlogsmisdadiger Blair kry skop onder die sitvlak
Verhoor van Amerikaanse joernalis in Iran begin
Die verhoor van ‘n Washington Post joernalis wat die afgelope tien maande op aanklagte van onder meer spioenasie in Iran aangehou word, sal na verwagting vandag in Teheran begin. Jason Rezaian, wat oor burgerskap van beide van die VSA en Iran beskik, se vrou is ook gearresteer maar later op borgtog vrygelaat. Op dieselfde dag
Lees verder: Verhoor van Amerikaanse joernalis in Iran begin
Solidariteit verloor na 17 jaar teen Eskom
Eskom sal die peperduur regskoste van Solidariteit verhaal nadat die vakbond verloor het in ‘n regsgeding teen die kragvoorsiener wat 17 jaar lank geduur het. Dit volg na die ontslag van Solidariteit se aansoek om verlof tot appèl in die Grondwethof rakende ‘n saak wat Eskom wou dwing om ‘n mondelinge ooreenkoms van 17 jaar
Brandstigter in Bethlehem vasgevat
‘n 40-jarige werker van die Dihlabeng-munisipaliteit op Bethlehem is in hegtenis geneem nadat hy ‘n munisipale gebou vanoggend aan die brand gesteek het. Polisiewoordvoerder Mmako Mophiring het bevestig dat een van die kantore erg deurgeloop het en dat ‘n saak van brandstigting ondersoek word. Mophiring sê die motief vir die brand is onbekend en sê
