Berlusconi se vrou moeg vir sy manewales

Premier Silvio Berlusconi van Italië se vrou wil glo van hom skei. Die ANSA-nuusagentskap sowel as die dagblaaie La Stampa en La Repubblica het berig me. Veronica Lario het ’n prokureur aangestel om ’n skeisaak te begin. Met die stap het sy ook verklaar dat sy nie 'n geveg op tou wil sit nie. Berlusconi

Lees verder: Berlusconi se vrou moeg vir sy manewales

Gevangenisse tans sonder veiligheidstelsels

Die departement van korrektiewe dienste het Sondag ontken dat daar 'n risiko bestaan by gevangenisse omdat 'n kontrak met 'n sekere veiligheidsmaatskappy ten einde geloop het.   Segsman Manelisi Wolela, het gesê hulle sal seker maak dat daar oor die "korttermyn" geen ontsnappings is nie. "Gespesialiseerde veiligheidstelsels is net 'n bykomstigheid by ons bestaande veiligheidstelsel

Lees verder: Gevangenisse tans sonder veiligheidstelsels

Pick ‘n Pay voor met voedselinflasie

Die vakbond Solidariteit se maandelikse voedselprysvergelyking wat sedert die begin van die jaar onder die drie grootste supermarkgroepe in Suid-Afrika gedoen word, het die afgelope week getoon dat voedselpryse die afgelope vier maande met ʼn gemiddeld van 5,5% gestyg het. Verder het die prysverskille van Solidariteit se voedselmandjie tussen die winkelgroepe drasties afgeneem tot minder

Lees verder: Pick ‘n Pay voor met voedselinflasie

Boesak vra steun vir Zille

Die ANC moet ophou met "egopolitiek" en die DA se Helen Zille 'n kans gee om die Wes-Kaap te regeer, het die leier van Cope in die provinsie, Alan Boesak Sondag gesê. "Hoekom nou 'n opdraende stryd voer teen die administrasie van 'n opposisieparty as dit gewone Suid-Afrikaners is wat ly onder hierdie soort egopolitiek?"

Lees verder: Boesak vra steun vir Zille

Volskaalse grieppandemie nie uitgesluit

Die Wêreldgesondheidsorganisasie meen dat die Mexikaanse griepvirus die pandemiewaarskuwingsvlak van ses, ’n volskaalse pandemie, kan bereik. ’n Vlak van ses beteken daar is volgehoue uitbrekings van die siekte in minstens twee WGO-streke. Die waarskuwingsvlak is tans vyf. Die WGO het verklarings van die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer dat die virus nie so dodelik is soos

Lees verder: Volskaalse grieppandemie nie uitgesluit

Die ‘Tuin van Eden’ is dor en leeg

Uit 'n onlangse genetiese studie blyk dit dat die Paradys langs die grens tussen Namibië en Angola lê, 'n dorre en leë stukkie aarde. In dié streek, waarvan die koördinate 12.5 grade O en 17.5 grade Z is, lewe die San. Hulle taal waarvan die klikgeluid kenmerkend is, is volgens sommige kenners 'n regstreekse oorblyfsel

Lees verder: Die ‘Tuin van Eden’ is dor en leeg

Die politieke na?witeit van die Vryheidsfront Plus

As 'n entoesiastiese Praagwebwerfleser het ek met verbasing gesien hoe ontnugter die meeste Praagrubriekskrywers is oor die afgelope algemene "verkiesing". Dit kom klaarblyklik van mense wat vir die Vryheidsfront Plus gestem het, want "elke stem tel". Niemand van die Vryheidsfront Plus kon eintlik vir ons vertel wat is die Vryheidsfront Plus se ideaal of visie nie. My inligting is dat die Vryheidsfront Plus toenemend skaam geword het vir sy volkstaatbeleid.

Lees verder: Die politieke na?witeit van die Vryheidsfront Plus

Introspeksie oor die verkiesing

Ek moet sê dat dit ’n plesier is om deur al die briewe te lees wat op PRAAG se webbladsy geplaas word. Dit getuig van ’n eerlike introspeksie ná die afgelope verkiesing.

Ek moet sê dat dit ’n plesier is om deur al die briewe te lees wat op PRAAG se webbladsy geplaas word. Dit getuig van ’n eerlike introspeksie ná die afgelope verkiesing.

Lees verder: Introspeksie oor die verkiesing

Herbesin oor VF-leierskap?

As 'n VF Plus-ondersteuner in die afgelope verkiesing, is dit teleurstellend om te sien dat die VF Plus nie daarin kan slaag om die deursnee-Afrikaner te oortuig dat identiteits- of minderheidspolitiek die enigste werklike oplossings bied vir ons volk se toekoms nie, veral nie ná die moontlikheid van politieke suurstof wat Zuma se onlangse ontmoeting met Afrikanerorganisasies vir ons geskep het nie. Feit is dat die VF Plus onder Pieter Mulder in sowel die 2004- as 2009-verkiesings geen vordering getoon het nie.

Lees verder: Herbesin oor VF-leierskap?

Klein partye sal moet keuses maak

ImageVerskeie politieke ontleders vra of ondersteuners van klein partye sal volhou om lojaal te bly as hul stemme so vermors word.

Kyk mens na die getalle van die klein partye op nasionale vlak, lyk die prentjie uiters verdoemend.

Lees verder: Klein partye sal moet keuses maak