Dit is duidelik dat, alhoewel ek hoë agting vir dr. Mulder het, sy leiding nie oor die nodige dinamika en kragdadigheid beskik om die volk agter VF-beleid te monster nie. Die Afrikaner koop nie in die VF Plus in nie, die laaste twee verkiesingsuitslae bevestig dit en indien die leierskapskwessie nie aangespreek gaan word nie sal die party krimp en sy bestaansreg nie meer geregverdig kan word nie.
Die vraag is of die VF Plus dit sal besef en of daar kandidate binne die party is wat wel die vonk kan verskaf. Die VF Plus onder Mulder word geassiosieer met verloor; dit is hard, maar dit is die werklikheid. Ek hoop die VF doen ernstige selfondersoek en besef nuwe leierskap met 'n nuwe, vars en effektiewe bemarkingstrategie is broodnodig. Ek hoop van harte so.
