Herbesin oor VF-leierskap?

As 'n VF Plus-ondersteuner in die afgelope verkiesing, is dit teleurstellend om te sien dat die VF Plus nie daarin kan slaag om die deursnee-Afrikaner te oortuig dat identiteits- of minderheidspolitiek die enigste werklike oplossings bied vir ons volk se toekoms nie, veral nie ná die moontlikheid van politieke suurstof wat Zuma se onlangse ontmoeting met Afrikanerorganisasies vir ons geskep het nie. Feit is dat die VF Plus onder Pieter Mulder in sowel die 2004- as 2009-verkiesings geen vordering getoon het nie.

Dit is duidelik dat, alhoewel ek hoë agting vir dr. Mulder het, sy leiding nie oor die nodige dinamika en kragdadigheid beskik om die volk agter VF-beleid te monster nie. Die Afrikaner koop nie in die VF Plus in nie, die laaste twee verkiesingsuitslae bevestig dit en indien die leierskapskwessie nie aangespreek gaan word nie sal die party krimp en sy bestaansreg nie meer geregverdig kan word nie.

Die vraag is of die VF Plus dit sal besef en of daar kandidate binne die party is wat wel die vonk kan verskaf. Die VF Plus onder Mulder word geassiosieer met verloor; dit is hard, maar dit is die werklikheid. Ek hoop die VF doen ernstige selfondersoek en besef nuwe leierskap met 'n nuwe, vars en effektiewe bemarkingstrategie is broodnodig. Ek hoop van harte so.

online casino noОлександр Васильович Фільчаков