Pick ‘n Pay voor met voedselinflasie

Die vakbond Solidariteit se maandelikse voedselprysvergelyking wat sedert die begin van die jaar onder die drie grootste supermarkgroepe in Suid-Afrika gedoen word, het die afgelope week getoon dat voedselpryse die afgelope vier maande met ʼn gemiddeld van 5,5% gestyg het. Verder het die prysverskille van Solidariteit se voedselmandjie tussen die winkelgroepe drasties afgeneem tot minder as R2,50.

“Pick ʼn Pay se pryse in die mandjie het die afgelope vier maande met 8,1% gestyg terwyl Spar en Checkers se voedselpryse met 3,1% en 5,1% toegeneem het. Dié stygings bring die drie supermarkgroepe wat die afgelope vier maande deur Solidariteit dopgehou word, byna op gelyke voet, sê Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit.

Pick ʼn Pay se finansiële resultate is intussen bekendgestel en toon dat dié supermark se wins op voorgesette bedrywighede ná belasting met bykans 21% toegeneem het, ondanks meneer Kevin Korb, Pick ʼn Pay se Direkteur vir voedselaankope, se ontkenning in Februarie vanjaar dat dié supermarkgroep die jaar baie winsgewend gaan wees.

Solidariteit het vandag, aan die vooraand van taai loononderhandelings weereens ʼn beroep op supermarkte gedoen om die las wat die wêreldwye ekonomiese krisis op Jan Alleman se skouers laat, te verlig deur hul voedselpryse te laat daal.

игри для дэвочэкФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae