Boesak vra steun vir Zille

ImageDie ANC moet ophou met "egopolitiek" en die DA se Helen Zille 'n kans gee om die Wes-Kaap te regeer, het die leier van Cope in die provinsie, Alan Boesak Sondag gesê.

"Hoekom nou 'n opdraende stryd voer teen die administrasie van 'n opposisieparty as dit gewone Suid-Afrikaners is wat ly onder hierdie soort egopolitiek?" het Boesak in 'n verklaring gesê.

Die ANC het verlede week 'n "skadukabinet" in die Wes-Kaap bekend gemaak wat onder leiding van die huidige premier, Lynne Brown, sal dien.

"Terwyl die DA en Zille ook nie my ideale keuse vir die regering in die Wes-Kaap is nie, is die feit dat hulle ingestem is deur dieselfde mense wat vyf jaar gelede die Wes-Kaap in die hande van die ANC geplaas het, iets wat aanvaarding en respek vra en die Wes-Kaap moet dieselfde ondersteuning geniet van die regerende party as die ander gebiede wat hulle beheer," het Boesak gesê.

купить белые брюки для мальчикаФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae