Volskaalse grieppandemie nie uitgesluit

ImageDie Wêreldgesondheidsorganisasie meen dat die Mexikaanse griepvirus die pandemiewaarskuwingsvlak van ses, ’n volskaalse pandemie, kan bereik. ’n Vlak van ses beteken daar is volgehoue uitbrekings van die siekte in minstens twee WGO-streke. Die waarskuwingsvlak is tans vyf.

Die WGO het verklarings van die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer dat die virus nie so dodelik is soos die Spaanse griep (1918 -1919) nie, verwerp. Die WGO het gister aangekondig dat 17 lande intussen 787 bevestigde gevalle van Mexikaanse griep bekendgemaak het.

In die VSA het meer as 400 skole hul deure gesluit en ongeveer 250 000 kinders word hierdeur geraak.

Die virus het vermoedelik reeds by tot 1 000 mense in New York voorgekom, maar niemand in die stad is noodlottig geraak daardeur nie. Van die160 gevalle in die VSA is een kind dood weens die griep.

In die Europese Unie is die aantal mense wat positief vir Mexikaanse griep getoets het, 49.

зарядное устройствоАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae