Die ‘Tuin van Eden’ is dor en leeg

Uit 'n onlangse genetiese studie blyk dit dat die Paradys langs die grens tussen Namibië en Angola lê, 'n dorre en leë stukkie aarde. In dié streek, waarvan die koördinate 12.5 grade O en 17.5 grade Z is, lewe die San. Hulle taal waarvan die klikgeluid kenmerkend is, is volgens sommige kenners 'n regstreekse oorblyfsel van oorspronklike menselike spraak.

Dit is van die bevindinge uit 'n studie van Afrika se genetika, die mees omvattende wat nog tot op hede onderneem is. Die navorsers, onder leiding van Sarah Tishkoff van die universiteit van Pennsylvanië, het die gene bestudeer van meer as 3 000 mense in 121 van die 2 000 bevolkingsgroepe in Afrika. Daaruit is bevind dat die genetiee diversiteit op die kontinent groter is as op om het enige ander plek op aarde.
  
Volgens dr. Tishkoff was die uitgangspunt van die studie die stelling dat die oudste bevolkingsgroep die grootste genetiese diversiteit sou vertoon en dat dit sal afneem namate bevolkingsgroepen migreer.

Die uiteinde: "Die brongebied vir migrasie in Afrika lê in die streek waar die San tans woon. Dit word weergegee in die groot mate van diversiteit binne die bevolking." Of die San dalk self geïmmigreer het uit 'n ander Tuin van Eden is uit die ondersoek nie duidelik nie,  "maar is wel 'n moontlikheid", aldus Tishkoff.

монтаж баниданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae