Gevangenisse tans sonder veiligheidstelsels

Die departement van korrektiewe dienste het Sondag ontken dat daar 'n risiko bestaan by gevangenisse omdat 'n kontrak met 'n sekere veiligheidsmaatskappy ten einde geloop het.
 
Segsman Manelisi Wolela, het gesê hulle sal seker maak dat daar oor die "korttermyn" geen ontsnappings is nie.

"Gespesialiseerde veiligheidstelsels is net 'n bykomstigheid by ons bestaande veiligheidstelsel by gevangenisse, waarvan die menslike komponent die belangrikste is," het hy gesê.
 
Volgens die Sunday Times het die department se kontrak met Sondolo IT, wat verantwoordelik was vir byna 600 privaat personeellede in 66 tronke regdeur die land, Vrydag ten einde geloop.

Die maatskappy het Vrydagoggend hulle lede uit 72 beheerkamers onttrek. Dit sluit Pretoria Sentraal, Johannesburg Gevangenis, Kaapstad se Pollsmoor Gevangenis en Durban se Westville Gevangenis in. Vyf streeksbeheersentra asook die nasionale beheerkamer is tans sonder waarnemingsvermoë.

Wolela meen hulle grootste prestasie was om die koers van ontsnappings af te bring. "Dit was nog voor ons die tegnologie aangewend het," het hy gesê.

Hy het nietemin toegegee dat dit 'n belangrike onderdeel van die gevangenisse se geïntegreerde veiligheidstelsels verteenwoordig en gesê dat sy departement reeds poste averteer om die gaping te vul.

Teen Junie sal die proses klaarblyklik afgehandel wees.

сколько стоит циклевка паркетаФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae