Premier Silvio Berlusconi van Italië se vrou wil glo van hom skei. Die ANSA-nuusagentskap sowel as die dagblaaie La Stampa en La Repubblica het berig me. Veronica Lario het ’n prokureur aangestel om ’n skeisaak te begin. Met die stap het sy ook verklaar dat sy nie 'n geveg op tou wil sit nie.
Berlusconi se kantoor wou nie gister op die bewerings kommentaar lewer nie.
“Ek is genoodsaak om hierdie stap te doen,” het Lario glo aan La Stampa gesê.
Sy het verlede week haar woede uitgespreek oor berigte dat Berlusconi se politieke party TV-verhoogmeisies en opkomende aktrises as kandidate vir die Europese parlement beskikbaar gestel het. Sy was ook siedend omdat hy glo ’n 18-jarige tiener se verjaardagpartytjie in Napels bygewoon het.
Dit is maar die premier se vrou se tweede persverklaring. In die eerste het sy in 2007 'n openbare verskoning geëis omdat haar man 'n kaalborsster aangestel as minister.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.