Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, Professor Adam Habib, het gevra dat daar ondersoek ingestel word na die voorsitter van Wits se Studenteraad, Mcebo Dlamini. Dlamini het die naweek in ‘n Facebook-inskrywing gesê hy is ‘n groot bewonderaar van Adolf Hitler en dat alle wit mense ‘n element van Hitler in
Mosie slaag om provinsie Kotane te noem
Die ANC in die provinsiale wetgewer in Noordwes het sy meerderheid gebruik om ‘n mosie goed te keur om die naam van die provinsie na Moses Kotane te verander. Kotane, ‘n veteraan van die ANC, se oorskot is verlede maand in Moskou opgegrawe en in sy tuisdorp Phela herbegrawe. Die Speaker van die provinsiale wetgewer,
Kenners het Nepal-ramp voorspel
Die grootste tragedie in Nepal, wat Saterdag deur ‘n massiewe aardbewing getref is en duisende mense dood of haweloos gelaat het, is dat daar twee weke gelede reeds ‘n vergadering gehou was waarin kundiges hierdie aardbewing voorspel het. Dit is volgens Prof. Dewald van Niekerk, Direkteur van die Afrika-Sentrum vir Rampstudies, wat in Potchefstroom gebaseer
Malawiese burgers vertrek huiswaarts
Meer as duisend Malawiese burgers vertrek vandag uit Suid-Afrika as deel van ‘n repatriasie-program vir diegene wat die afgelope tyd deur geweld teen buitelandse burgers geraak is. Vier-en-twintig busse sal vanoggend uit Midrand, noord van Johannesburg na Malawi vertrek, het RSG berig. Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers sê hulle werk saam met die regerings
Zuma by SAOG-vergadering oor minerale
President Jacob Zuma sal die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se buitengewone beraad oor nywerheidsontwikkeling vandag in Harare in Zimbabwe saam met ander streeksleiers bywoon. Suid-Afrika se ministers van Internasionale Betrekkinge, Handel en Nywerheid, en Finansies sal die president vergesel. Die beraad volg nadat SAOG-lede verlede jaar by ‘n vergadering besluit het dat ‘n konsepstrategie oor waardetoevoeging tov
Brande woed steeds in Baltimore
Brande het gister steeds in die noordoostelike Amerikaanse stad Baltimore gewoed, waar ’n aandklokreël gisteraand ingestel sou word nadat onluste Maandag tot diep in die nag voortgeduur het. Die deelstaat Maryland het ’n noodtoestand afgekondig nadat betogers winkels geplunder en met armsvol buit ontsnap het. Skole is gister as ’n veiligheidsmaatreël gesluit. Die volle omvang
Geld reën na treinbotsing
‘n Botsing tussen twee treine by die Denverstasie in die suidooste van Johannesburg Dinsdag, waarin 240 mense beseer is, het die lewe van een passasier geëis. ‘n Business Express-trein by die Denver-stasie suidoos van Johannesburg het teen ‘n stilstaande Metroplus-trein gebots. ‘n Woordvoerder van die Spoorveiligheidsreguleerder, Babalwa Mpendu, sê hulle het teen laat gistermiddag die
Virtuele volksvergadering op 1 Mei 2015
Vanweë die toenemende onveiligheid en geweld, regeringsvyandigheid, aanslag op Afrikaanse skole, xenofobie, demografiese marginalisering, werkloosheid, armoede en ander probleme waarmee Afrikaners te kampe het, hou PRAAG op 1 Mei heel dag lank ‘n virtuele volksvergadering waaraan elkeen vrylik kan deelneem. U op die volgende 3 forums deelneem: 1. Die PRAAG-blad op Facebook. 2. @pro_afrikaans op
Die Bolsjewistiese Rewolusie is nou globaal
Ek hoor nou-die-dag hoe een van M-TV se popafgode, Katy Perry, al singend waarsku dat ons reg moet maak vir die perfekte storm net toe donker stormwolke begin saampak oor Noord-Holland. Nogal toevallig was my gedagtes op daardie tyd, maar ek dink me. Perry se lirieke het ’n dieper betekenis as een of ander puberale
Noodtoestand in Baltimore na swart geweld
‘n Noodtoestand is afgekondig en ‘n weeklange aandklokreël is ingestel nadat swart geweld uitgebreek het in Baltimore in die Amerikaanse deelstaat, Maryland. Die onrus het ontstaan na die begrafnis van Freddie Gray, ‘n swart Amerikaanse krimineel wat vroeër die maand in polisie-aanhouding dood is. Gray was 18 keer voorheen in hegtenis geneem vir dwelmverwante oortredings.
