Die hoof van Ekoniese Oorsig en Statistiek, by die Suid-Afrikaanse Reserwebank, dr Johan van den Heever sê die groot tekort op die lopende rekening is ‘n aanduiding dat Suid-Afrikaners se besteding gestyg het. Hy sê nominale rentekoerse in die land is steeds veel hoër as die van volwasse ekonomieë van die wêreld. Van den Heever sê selfs
ANC sal aanstons op integriteit van OB-verslag reageer
Die lekkasie van sekere inligting uit die Openbare Beskermer Thuli Madonsela se voorlopige Nkandla-verslag kon die geloofwaardigheid van die finale verslag aangetas het, meen bronne wat vertroud is met die saak. Madonsela het Woesdag gesê dat een van die persone aan wie sy die voorlopige verslag gestuur het, dit kon laat uitlek het. Die kabinet
Lees verder: ANC sal aanstons op integriteit van OB-verslag reageer
Vliegtuigongeluk in Richmond eis 2
‘n Ligte vliegtuig se wrakstukke is vroeg Donderdagoggend op ‘n suikerriet-plaas buite Richmond in KwaZulu-Natal opgespoor. Die vliegtuig het Woensdagmiddag van radarskerms af verdwyn. ER24 se woordvoerder Werner Vermaak het gesê die vliegtuig het vermis geraak kort nadat hy van die Oribi-lughawe in Pietermaritzburg opgestyg het. Albei die insittendes van die vliegtuig is in die ongeluk
Haelskade sal ekonomie knou sê Britsboere
‘n Haelstorm by Brits, in Noordwes het vir groot skade gesorg. Boere sê ‘n geraamde R100 miljoen is deur die storm in die Brits-omgewing aangerig. Die meeste plase in die gebied is geraak deur die swaar weer en haelskade. Groenteboere sê hulle is baie nadelig geraak omdat hulle nie versekering op die oeste het nie.
SA het 5 op Brics-ranglys van beste universiteite
Vyf Suid-Afrikaanse universiteite is in die top 100 van ‘n nuwe internasionale ranglys wat meer as 700 instellings vir hoër onderwys in 22 lande beoordeel. Times Higher Education (THE) het Woensdag “die wêreld se eerste ranglys van universiteite in Brics en opkomende ekonomieë” bekendgemaak. Brasilië, Rusland, Indië , China en Suid-Afrika, asook 17 ander lande wat die
Lees verder: SA het 5 op Brics-ranglys van beste universiteite
Staat wen eerste ronde teen Krejcir
Die staat het die eerste ronde teen die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir gewen toe landdros Reginald Dawa geweier het dat ‘n bekentenis deur Krejcir se mede-beskuldigde aan die mafiabaas se verdedigingspan getoon word tydens sy borgaansoek. ‘n Eiendomsontwikkelaar van Sandton Desai Luphondo se getuienis het glo die name van die staatsgetuies en verdagtes bevat wat
Vyf damme om Ermelo breek weens reën
Vyf damme om Ermelo en omliggende gebiede in Mpumalanga het meegegee na aanhoudende swaar reën. Meer as 100 millimeter reën het sedert die naweek in die provinsie uitgesak. Van die boere is in hulle skik met die reën terwyl ander bekommerd is oor die beskadigde damme. Die R-39 van Morgenzon suid van Ermelo na Standerton
Gru-ongeluk eis drie op Sir Lowryspas
Drie passasiers is dood en drie beseer toe drie motors Woensdag naby Gordonsbaai op Sir Lowryspas in die Wes-Kaap in ‘n botsing betrokke was. Twee volwassenes en ʼn kind is op die toneel dood verklaar. Een van die passasiers het kritieke beserings opgedoen en moes per helikopter na ʼn hospitaal geneem word. “Een van die voertuie
Wat van kostes wat verswyg word?
Ons betaal reeds duur vir energie, medisyne, bankwese, en telekommunikasiedienste. Maar ‘n bietjie navorsing toon dat ons veel meer betaal op ‘n verskeidenheid maniere waarop ons sakevriendelike hoofstroommedia nie sal praat nie. 1. Farmaseutiese maatskappye: Die bedryf gaan baie verder as winste, met die werklike privatisering van ons liggame. Een vyfde van die menslike genoom
Vavi: SAKP deel van ‘oligarge wat sal moor’
Die ANC verdeel die werkersklas, volgens Cosatu se geskorsde sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het The Star Woensdag berig. “Dit is duidelik dat die post-apartheid-staat ‘n kapitalistiese staat is,” het Vavi glo Dinsdag gesê. “Is dit nie die tyd om … ‘n beweging vir sosialisme, ‘n breë anti-kapitalistiese front te bou nie?” Vavi het ook na bewering
