Die lekkasie van sekere inligting uit die Openbare Beskermer Thuli Madonsela se voorlopige Nkandla-verslag kon die geloofwaardigheid van die finale verslag aangetas het, meen bronne wat vertroud is met die saak.
Madonsela het Woesdag gesê dat een van die persone aan wie sy die voorlopige verslag gestuur het, dit kon laat uitlek het.
Die kabinet sal na verwagting vandag op die verwikkelinge reageer.
Vroeër het die hoofsekretaris van die ANC, Gwede Mantashe Madonsela se kantoor daarvan beskuldig dat hulle doelbewus die verslag laat uitlek het vir politieke gewin. Madonsela het die aantygins ontken.
Die waarnemende minister in die presidense wat verantwoordelik is vir prestasiemonitering, Angie Motshekga sal meer lig op die kwessie werp wanneer sy die media in Pretoria toespreek ná ‘n twee dae-lange vergadering deur die kabinet.
Madonsela sal ook vandag die media toespreek oor haar afgehandelde verslae oor verskeie ondersoeke, onder ander na die voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, die minister van Landbou en Visserye, Tina Joemat-Petterson, sowel as die SAUK.

Elke persoon hier ter sprake, Dina Pule, Joemat, en Zuma is eersteklas bedrieërs. Sy het haar goed gekwyt van haar taak deur hul aan die kaak te stel en nou moet daar verder gelieg word om haar in dieselfde lig te stel as hulle. Ek stem met niks saam van die ANC / Regering, ens. nie – maar hierdie keer maak ek die uitsondering – Thuli se verslae is geloofwaardig.
Ek stem met jou oor Thuli Madonsela – Sy is n ontwikkelde vrou met n BA LLB wat dit verwerf het toe die grade nog iets beteken het.
Geweet ons sal mekaar eendag ( op n reendag ) vind.
Daantjie Maartens.
QC ( Let wel. )
Neeeejaaaahhh…………. ek weet nie so mooi nie Riemsa. n BA-graad in regte aan die Universiteit Swaziland ? Sal maar bars in n situasie van n ” one on one ” met van ons ander regsfakulteite se gegradueerdes.
Ek reken sy het haar eie doodsvonnis geteken – die ander het dit so lank moontlik stil probeer hou en dit nou gelek om haar in ‘n slegte lig te stel. Sy moet maar met twee oë oop slaap in die nag.
Presies wat ek en Eric ook van gepraat het elders. Was dit nie Adv Jaap Cilliers wat ook by die hof met ‘n onbekende middel ingespuit is na hy die hofsaal verlaat het nie ? Soos ek gesê het, sy gaan baie versigtig moet wees, op die pad, waar sy haarself ookal mag bevind. Hierdie is ‘n wrede nasie – hulle haal mekaar NET SO uit !!!
of ekstra bakstene onder die bed se pote sit…..dai tokkolosh, hy es funnee, soms hy lyk sos, skilpad, soms hy lyk sos ………
dis die lekker ding van demokrasie, niemand mag teen jou wees, of die waarheid praat nie…. ek is koning in my kasteel, sorry rondawel….
aantygins -> aantygings
??