Tekort op lopende rekening laat Rand verswak

reserwebankDie hoof van Ekoniese Oorsig en Statistiek, by die Suid-Afrikaanse Reserwebank, dr Johan van den Heever sê die groot tekort op die lopende rekening is ‘n aanduiding dat Suid-Afrikaners se besteding gestyg het.

Hy sê nominale rentekoerse in die land is steeds veel hoër as die van volwasse ekonomieë van die wêreld.

Van den Heever sê selfs ná die Amerikaanse Federale Reserweraad met ‘n afplatting van sy ekonomiese stimilus begin, behoort buitelandse beleggers steeds belangstelling in Suid-Afrika te toon.

Die Reserwebank sê die betreklik groot tekort op die land se lopende rekening beteken dat die land nie genoeg produseer nie en meer steun op invoere.

Die tekort op die lopende rekenig het in die derde kwartaal tot 6,8% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) gestyg, wat die hoogste in vyf jaar is.

Dit het daartoe gelei dat die rand vandag verder verswak het.

16 thoughts on “Tekort op lopende rekening laat Rand verswak”

      1. Jackie om te dink dat daar nog sulke mense soos jy op ‘n forum is, wat nie enige argument of kritiek kan lewer op berigte nie, maar net op mense, is dit betreurenswaardig.

        Nog iets nie jy of enige iemand sal vir my se waar ek welkom is of kommentaar kan lewer nie. Daardie besluit lê by my en by my alleenlik
        En ja ek sal aanhou aanhou om op ‘n antwoord aan te dring indien iemand nie my vraag beantwoord nie. Nie soos jou soort wat draaie loop nie..

        1. Meneer, Praag het jou met goeie reg al hoeveel keer verban oor jou banale en buffelagtige maniere. Dan herregistreer jy maar net weer en kom pos jy ‘n paar “heilige” opinies en dan???? Dat verander jy maar weer na jou ware gedaante. Waarom maak jy nie jou eie plek oop nie asb.? Dan kan jy mos almal skel, vloek en verskree, net soos die bevlieging jou invaar.

          1. Willie hoeveel name het jy nou al hier. Wat ek doen en hoe ek dinge doen is my keuse en myne alleen. Nie jy sal dit verander nie. Wat ek vir wie se is my keuse Willy en jy kan en sal niks daaraan kan doen nie. Of kom hierheen en probeer.

  1. Solank die arbeidsmag in hierdie land bly staak, steel, afbrand en met onbillike looneise kom terwyl hul produktiwiteit laer is as in enige ander nywerheidsland in die wêreld sal die tekort op die lopende rekening net al groter word. Onredelike arbeidswetgewing en verpligte swart bemagtiging ontmoedig voornemende produsente sodat daar maar liewers op invoere staatgemaak word. Dit is `n bose kringloop wat m.i. net gaan eskaleer. Die regering is besig om kapitalisme by die deur uit te smyt ten gunste van sosialisme. Hulle gaan die wrang vrugte pluk.

  2. hanna, hanna, wierook……
    besteding is op, rondawels is duur, etollie is duur.
    “….behoort buitelandse beleggers steeds belangstelling in Suid Afrika te toon… hewt skillie nie gese dat hy nie sekere lande se beleggings kan waarborg nie?….. watter belegger gaan tans in die myne belangstel met ayencee se vergrype?
    waarom ons met n volwasse ekonomie vergelyk? het ons n”volwasse regering”?

  3. Betalingsbalans is een ding. Moet nie die effek van die persepsie van ongekende spandabelrigheid (soos ook in die res van afrika voorkom) uit die oog verloor nie. Nkandla debakel is maar een voorbeeld.

    Verder is al wat die buiteland sien is stakings en nog stakings – wie met ‘n gesonde verstand sal sy geld hierheen stuur? Ek het bv ‘n voëltjie hoor fluit dat Anglo besig is om van al sy bates in ZA ontslae te raak. Wat weet hulle wat ons nie weet nie? Die adder wat hulle grootgemaak het en aan bewind gesit het is nou besig om ons te vernietig en hulle skoert want hulle kan dit bekostig.

  4. Ons is hier, want werk is mos werk. Of jy nou werk by die mense wat die helkampe/konsentrasiekampe bewerk het, of jy nou by iemand anders gaan werk, en of jy jou eie werk skep, die een is NIKS beter as die ander een nie. Solank ek elke jaar op vakansie kan gaan.

    1. Koos ek is bevrees met so ‘n uitkyk op die lewe sal jy nie baie ver kom nie. So jy is een wat werk net vir daardie 30 dae vakansie per jaar? Jy sal jou doelwitte in die lewe moet verskerp om enigsins ‘n sukses te wil maak of vorentoe te beweeg.

      1. Gawie, ek het sukses in die vorm van my gesin, my huis, my versekering, my pensioen, my medies, my karre, my tyd by casino’s, my vakansie huis, en ander speelgoed juis want my doelwitte was hierop gefokus, soos dit tog moet wees? Ek sou niks daarvan gehad het as ek nie vir my baas, wat destyds my oumas in die kampe gedruk het, sweep geslaan het om die boys harder en vir minder te laat werk in die skagte nie.

  5. Om finansieel te oorleef dink bietjie hieraan: Ek begin wonder of die Selfbeskikkingsondersteuners binne ons Volk nie in twee duidelike wederuitsluitende kampe verdeel nie – ‘verdeel en heers’ of verdeel en hou hul onderdruk – werk in ons vyande se hande en hou ons gebukkend onder die ANC se finansies.

    Die ‘gematigde’ groep wie interne selfbeskikking as meer haalbaar beskou deur onder andere te stem volgende jaar (mate van outonomie bv. plaaslike skole, plaaslike kerk en kulturele voorkeur maar geen diskriminasie woonbuurte in geselekteerde areas is hul visie en missie). En die slegs ‘n eie vrye republiek sal aanvaar word groep. Die eerste groep beskou die ander groep as fanaties, dom, sektaries, en hul verstaan nie die RSA grondwet en wereld-mening nie.

    Die republikeinse groep beskou die gematigde groep as die FW Stigting (wat ons weer gaan verneuk), kommunis-paaiende ‘useful idiots’, AB beheerde, Soli-gesenteerde groep, die oud-NP en nuwe DA simpatiseerdes, die Kaap Afrikaners (nie Boerevolk nie). Hulle hou die ANC aan bewind.

    Miskien moet ons ons leiers van altwee groepe vra om in hemels naam elkeen ‘n onafhanklike fasiliteerder aan te stel sodat die twee fasiliteerders ‘n roete met mylpale kan onderhandel met beide groepe wat rekening hou met ‘n twee- of meer fase strategie wat redelike Volksgenote kan ondersteun wat die eerste groep se interne selfbeskikking insluit, maar ook om verdere opgradering van die grade van outonomie tot by republiekwording kan visualiseer. Die spoed van bereiking van ‘n eie vrye republiek kan vining of baie lank neem afhangende van veranderlikes soos die mate van Volksteun, Volksekonomiese kragtigheid, Geweldadige verset, veranderende dinamiek in die RSA verteenwordiging, wereld gebeure, ensomeer. Die visie vir maksimale selfbeskikking moet nooit laat vaar word nie. Elke geslag het ‘n stryd om te stry vir groter selfbeskikking en om afteruitgang van wat bereik is te voorkom.

Maak 'n opvolg-bydrae