Die hoof van Ekoniese Oorsig en Statistiek, by die Suid-Afrikaanse Reserwebank, dr Johan van den Heever sê die groot tekort op die lopende rekening is ‘n aanduiding dat Suid-Afrikaners se besteding gestyg het.
Hy sê nominale rentekoerse in die land is steeds veel hoër as die van volwasse ekonomieë van die wêreld.
Van den Heever sê selfs ná die Amerikaanse Federale Reserweraad met ‘n afplatting van sy ekonomiese stimilus begin, behoort buitelandse beleggers steeds belangstelling in Suid-Afrika te toon.
Die Reserwebank sê die betreklik groot tekort op die land se lopende rekening beteken dat die land nie genoeg produseer nie en meer steun op invoere.
Die tekort op die lopende rekenig het in die derde kwartaal tot 6,8% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) gestyg, wat die hoogste in vyf jaar is.
Dit het daartoe gelei dat die rand vandag verder verswak het.
