Duisende mynwerkers het by die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg begin aankom. Hulle sal na verwagting deur die president van Amcu, Joseph Matunjwa toegespreek word oor nuwe looneise. Matunjwa sal die stakende mynwerkers waarskynlik inlig oor toekomstige optrede na ‘n ooreenkoms in beginsel bereik is tussen die platinumprodusente en Amcu. Die mynwerkers het op 23 Januarie
Amerikaanse fiasko in Irak verdiep
Die Amerikaanse fiasko in Irak is besig om te verdiep. Die Irakse weermag wat deur die VSA opgelei is ten bedrae van miljarde, verkeer in chaos, volgens die Washington Post. Dié koerant beskik oor dokumentasie wat ‘n gebrek aan toerusting, drostery, en toenemende afhanklikheid van sektariese milisie bewys. Die VSA se minister van buitelandse sake,
Spanning oor rassetransformasie by Universiteit van Stellenbosch-vergadering
Volgens ‘n voorbladberig in die Kaapse koerant, Die Burger, gaan “transformasie en die sentrum vir inklusiwiteit by die Universiteit Stellenbosch (US) na verwagting vanoggend vir groot spanning by ’n US-raadsvergadering sorg”. Hoewel die huidige US-raad nie ten gunste van die radikale transformasie van die universiteit is, het die rektor, prof. Russel Botman, blykbaar ander planne.
Lees verder: Spanning oor rassetransformasie by Universiteit van Stellenbosch-vergadering
Pagad belowe om misdadigers self vas te vat
Die misdaadbekampingsgroep Pagad sê die polisie moet dwelmhandelaars op die Kaapse Vlakte vasvat of sy lede sal dit self doen. Pagad het by vergadering wat gehou is in Freedom Park Sondag, die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beskuldig daarvan dat hulle nie misdaad hokslaan nie. Ontstoke inwoners by die Freedom Park Gemeenskapsaal, sê daar is ‘n
Zuma na landbouberaad, Cyril neem waar
President Jacob Zuma sal vandeesweek Suid-Afrika se afvaardiging na die Afrika Unie-beraad in Ekwatoriaal-Guinee lei, het RSG berig. Die beraad word van Woensdag tot Vrydag in Malabo gehou. Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj, sê die klem sal op landbou en voedselsekerheid. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal waarneem as president terwyl Zuma uit die land is. Die
SA geskiedenis moet glo nog swarter word
Die ANC wil graag swarter geskiedenis in alle skoolkinders se kele afdruk. Dié nuutste plan vir meer intensiewe ideologiese breinspoeling, sal lande soos Kuba uitsonder. Die huidige kurrikulum plaas glo te veel klem op die Europese geskiedenis in plaas van “plaaslike helde en heldinne en hul stryd”, sê die onderwysersunie Sadou. Die idee van ‘n
Waterpypbars, rioolstorting kopseer vir Pretorianers
Wat vir Johan Erickson soos ’n klein waterlekkie gelyk het, het binne dae in ’n waterramp verander met derduisende rand se skade. Erickson en Meyerstraat se inwoners in Wonderboom-suid, Pretoria, is Donderdagaand omstreeks 23:00 deur ’n geweldige slag wakkergemaak.’n Gebarste waterpyp voor Erickson se huis was die oorsaak vir dié helse ontploffing. “Die water het
Lees verder: Waterpypbars, rioolstorting kopseer vir Pretorianers
Universiteit Stellenbosch: Die wortel van die kwaad
In die Suid-Afrikaanse politiek is die Dakar-safari van 1987 na Senegal redelik goed bekend. Frederik van Zyl Slabbert beskryf dit as ‘n “ontmoeting tussen leiers van die ANC in ballingskap en hoofsaaklik Afrikaanssprekende professionele mense” (Duskant die geskiedenis, Kaapstad: Tafelberg, 2006, p 58). In hierdie boek is daar ‘n foto van die Dakar-gangers en ‘n
Lees verder: Universiteit Stellenbosch: Die wortel van die kwaad
Lyke van agt myners opgespoor
Die SAPD in Gauteng het op die lyke van agt onwettige mynwerkers Sondagaand in ’n goudmyn by Benoni afgekom nadat hulle deur mynpersoneel ontbied is. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê twee van die lyke was ondergronds. “In die stadium is die motief vir die moorde onbekend. Al agt is in die bolyf
Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap
Ek wou vandag eintlik graag oor ander onderwerpe as Afrikaans en die Universiteit Stellenbosch (US) geskryf het. As ek uitstel, sou my reaksie op onlangse berigte egter inboet aan aktualiteit. Sowel Afrikaans as die US is vir die Afrikanersaak so belangrik dat ek verplig voel om nog ‘n rubriek hieraan te wy. Die US het
Lees verder: Afrikaans op Stellenbosch: van bakermat tot vloerlap
