Ondersoek na bouwerk van tien skole in Vrystaat gelas

Multimiljoenrandse projekte van die Vrystaatse Onderwysdepartment en die nasionale Departement van Basiese Onderwys – waaronder die nuut geboude Heide Primêre Skool in Heidedal, Bloemfontein – word nou ondersoek. Die ondersoek is geloods deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE). Dié skool vorm deel van ‘n lys van tien skole in die Vrystaat wat deel uitmaak van die

Lees verder: Ondersoek na bouwerk van tien skole in Vrystaat gelas

Clinton werk onverpoos vir oorlog teen Rusland

Net soos tydens die laaste Amerikaanse presidensiële debat wat lewendig uitgesaai is, het CNN se debatsmoderators Donald Trump herhaaldelik onderbreek. Trump het die een partydige moderator, Anderson Cooper uiteindelik gevra waarom hy nie toelaat dat Hillary Clinton se onwettige eposse bespreek word nie. In die gehoor het Clinton se eggenoot Bill en haar dogter Chelsea

Lees verder: Clinton werk onverpoos vir oorlog teen Rusland

Talle universiteite heropen vandag

Talle universiteite het aangedui dat hulle Maandag weer sal heropen, ondanks dreigemente van geweld en voortslepende onluste wat die kampusse die afgelope weke teister. Universiteite wat vandag heropen, sluit in die Tshwane Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Venda, die Noordwes-Universiteit, die Universiteit van die Vrystaat en die Sol Plaatjie-Universiteit. Die Universiteit van Kaapstad sal

Lees verder: Talle universiteite heropen vandag

Cosatu vra internasionale steun vir gratis onderwys

Die linkse vakbond Cosatu het intussen ‘n beroep gedoen om internasionale steun vir die protesoptrede van Suid-Afrikaanse studente wat gratis onderwys eis. Die SABC berig die president van Cosatu, Sdumo Dlamini, het die versoek by die vergadering van die Wêreldfederasie van Vakbonde in Durban gedoen. Afgevaardigdes van verskeie lande soos Amerika, Brittanje, Rusland, Kanada, Griekeland

Lees verder: Cosatu vra internasionale steun vir gratis onderwys

Wits-studenteleier waarsku dat onluste sal aanhou

Die swart studenteleier die Universiteit van die Witwatersrand, Mcebo Dlamini, het belowe om te verseker dat die instelling gesluit bly. Dit volg nadat Wits in ‘n verklaring Saterdag gesê het dat die akademiese program Maandag sal voortgaan. Dlamini sê die posisie van die universiteit is “skokkend en onredelik”. “Dit sê vir ons as studente ons

Lees verder: Wits-studenteleier waarsku dat onluste sal aanhou

Tier byt wit vrou dood

Die bestuur en werknemers by die Laohu Valley-reservaat by Philippolis in die Vrystaat is in rou gedompel nadat ‘n werknemer, wat verantwoordelik was vir die welstand van tiere, Saterdag deur ‘n tier doodgebyt is. Die tierplaas sê in ‘n verklaring dat die 43-jarige Vivienne McKenzie sedert 2002 by die plaas gewerk het. McKenzie het onder

Lees verder: Tier byt wit vrou dood

Aso-vulkaan in Japan kom tot uitbarsting

Die Asoberg-vulkaan op die suidelike eiland Kjioesjoe in Japan het Saterdagoggend vir die eerste keer in langer as drie dekades tot uitbarsting gekom. Dit is die eerste groot uitbarsting van dié vulkaan sedert Januarie 1980. Vulkaanas is tot 320 km verder van Aso opgemerk nadat Japan se meteorologiese agentskap (JMA) gesê het die vulkaanas het

Lees verder: Aso-vulkaan in Japan kom tot uitbarsting

Die stand van die Amerikaanse wedloop

Soos wat die aanloop na die presidentverkiesing van die Verenigde State vorder, word die stryd meer verbete en persoonlik. Albei partye probeer mekaar roskam oor hul slegte gedrag uit die verlede. Dit is natuurlik ‘n gerieflike strategie om die aandag af te lei van die werklike kwessies wat ter sprake is. Net die afgelope Saterdag

Lees verder: Die stand van die Amerikaanse wedloop

Dan Roodt: In Stockholm broei ‘n ‘regse gevaar’

Ek is nou maar enkele dae terug van my besoek aan Stockholm waar ek op uitnodiging aan die Identitär Idé-konferensie op Saterdag 1 Oktober deelgeneem het. Oral in Europa het die woord “identitêr” deesdae ‘n regse of nasionalistiese konnotasie en dié konferensie wat jaarliks plaasvind gaan dan juis om temas soos identiteit, immigrasie en samewerking

Lees verder: Dan Roodt: In Stockholm broei ‘n ‘regse gevaar’

Leon Lemmer: Die aktualiteit van verraad

In sy boek, Three Years’ War (New York: Charles Scribner’s Sons, 1902, 416p; Amazon Kindle $0),* oor die Anglo-Boere-oorlog (ABO, 1899-1902), skryf Christiaan de Wet (1854-1922) in hoofstuk 2: “The English only learned the art of scouting during the latter part of the war, when they made use of the Boer deserters – the ‘Hands-uppers.’

Lees verder: Leon Lemmer: Die aktualiteit van verraad