’n Meerderheid van twee derdes van Cites se lidlande het by die 17de Vergadering (COP17) van die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) in Johannesburg besluit om ivoorhandel finaal die nekslag toe te dien. Hulle het ‘n raamwerk waarbinne ivoorhandel bespreek en bedryf kan word, verwerp. Amerika se afgevaardigdes op die beraad het
Trump wen debat loshande, Netwerk24 lieg skaamteloos
Die eerste debat tussen die presidentskandidate van die Republikeinse en Demokratiese party in Amerika, Donald Trump en Hillary Clinton, Dinsdagaand is loshande deur Trump gewen. Netwerk24 het egter skaamteloos daaroor gelieg en één bron aangehaal: CNN. Maar CNN se “peiling” was naakte propaganda én hulle is boonop uitgevang daarmee. Alhoewel CNN probeer voorgee het dat
Lees verder: Trump wen debat loshande, Netwerk24 lieg skaamteloos
Tifone woed weens veranderende weerpatrone oor Stille Oseaan
Die hewige tifoon Megi het Taiwan Dinsdag met stormwinde en swaar reën in geteister waarin vier mense reeds omgekom het. Dit is die derde storm in twee weke wat die eiland tref ná die supertifoon Meranti, die sterkste storm in 21 jaar, en tifoon Malakas vroeër vandeesmaand. Meer as 250 000 huishoudings is sonder elektrisiteit.
Lees verder: Tifone woed weens veranderende weerpatrone oor Stille Oseaan
Visvrektes in Bethlehem-dam lei tot kommer
Grootskaalse besoedeling van rou riool wat na die Loch Lomond-dam in Bethlehem vloei is moontlik die rede van die dooie, drywende vis op die dam se oppervlak. Nie net pragtige visse het in die slag gebly nie maar dié riool is na Gauteng op pad. Dit is lewensbedreigend vir mens sowel as dier. Opposisielede in
Genadelose Russiese aanslag op djihadi-vestings in Sirië
Russiese vegvliegtuie het ‘n genadelose aanslag op djihadistiese stellings in Sirië voorgesit. Inwoners in die gebiede wat geraak word sê dat hulle ernstige tekorte aan kos en medisyne ondervind. Die aanvalle teen dagbreek het groot brande in die Al-Mashhad- en Sayf al-Dawla-distrik laat ontstaan. Dit was die vierde dag van intensiewe lugaanvalle op die stad,
Lees verder: Genadelose Russiese aanslag op djihadi-vestings in Sirië
Switserse kiesers stem vir meeluistering
Kiesers het ‘n wet wat die Switserse intelligensiediens die mag gee om private kommunikasie te monitor in die kuberruim, goedgekeur. Hulle meen dit is nodig om terroriste-aanvalle te voorkom. Kritici het gewaarsku teen arbitrêre toesig, maar hulle het ‘n duidelike nederlaag in Sondag se referendum gely. Meer as 65% van die vyf miljoen kiesers in
Bob wil blykbaar sonder VN-voedselkruk
President Robert Mugabe van die bankrot mishoop wat bekend staan as Zimbabwe het na berig word, gesê Afrika is gereed om hom aan die Verenigde Nasies (VN) te onttrek. Hy het dié ultimatum gerig as daar nie aan sy eis om hervorming voldoen word nie. Mugabe is terugverwelkom ná sy besoek aan die VN se
Wits smeek OVK, polisie om hulp om akademiese jaar te red
Die Universiteit van die Witwatersrand het die hulp van die Verkiesingskommissie ingeroep om die uitslag van ‘n meningspeiling oor die hervatting van lesings te verifieer. Die Universiteit doen blykbaar die peiling onder dosente en studente sodat hulle ‘n getallemeerderheid kan monster om die betogers te keer. Die woordvoerder van die Universiteit, Sherona Patel sê honderde
Lees verder: Wits smeek OVK, polisie om hulp om akademiese jaar te red
Nuwe SA spioenasiebaas aangestel
Die Suid-Afrikaanse minister van staatsveiligheid David Mahlobo het Maandag aangekondig dat Arthur Fraser, ‘n bruin man, as nuwe direkteur-generaal en rekenpligtige beampte van sy departement aangestel is. Fraser (foto), ‘n voormalige adjunk-direkteur-generaal in die voormalige Nasionale Intelligensie-agentskap, het Maandag ná sy aanstelling begin werk en sy pos is reeds deur president Jacob Zuma bekragtig, het
Russe roep skaakmat in Sirië
Die Neocons bevind hulself in ‘n doodloopstraat na die ineenstorting van die Kerry-Lawrof-ooreenkoms om ‘n skietstilstand in Sirië uit te roep. Die Siriese weermag het die djihadis in die ooste van Aleppo vasgekeer, en die werklikheid van verdoemende nederlaag in Aleppo het uiteindelik by mense soos die Amerikaanse VN-ambasadeur Samantha Power ingesink. Die resultaat is
