Die Popela-gemeenskap buite Modjadjiskloof in Limpopo gaan uiteindelik hulle grond terugkry, sewe jaar nadat die Grondwethof beslis het dat swart individue die regmatige eienaars is. Die streek se grondkommissaris, Tele Maphoto het bevestig dat die eis binnekort afgehandel sal wees, nadat ‘n ooreenkoms tussen die huidige eienaars en die Kommissie vir Grondeise bereik is. Die
Indringende vrae aan Kaapstad oor tenderkonkelary, MyCiti-busprojek
‘n Konstruksiemaatskappy wat by die multimiljoenrand gekonkel met tenders voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi betrokke was, het ook die tender vir die ontwikkeling van die peperduur MyCiti-busprojek van die Stad Kaapstad ontvang. Mnr. André Fourie, raadslid van die Vryheidsfront Plus vir Kaapstad, het sy ernstige kommer hieroor uitgespreek in ‘n lys indringende vrae wat op die volgende
Lees verder: Indringende vrae aan Kaapstad oor tenderkonkelary, MyCiti-busprojek
Ondersoek na vakansieklubongerymdhede byna voltooi
‘n Ondersoek na ongeoorloofde- en onbillike praktyke in die vakansieklub-industrie wat ‘n spesiale ondersoekspan van die verbruikerskommissie die laaste paar maande op aandrang van die Vryheidsfront Plus gedoen het, is feitlik voltooi. Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, het mev. Prudence Moilwa, hoof van die ondersoekeenheid, hom
Lees verder: Ondersoek na vakansieklubongerymdhede byna voltooi
Oros-diewe vasgetrek
Twee mans is in Pietermaritzburg in hegtenis geneem vir die besit van 43 kaste Oros koeldrank. Volgens die polisie in Kwa Zulu-Natal is die koeldrank tydens ‘n gewapende roof in Sobantu van ‘n vragmotor gesteel. Die twee is gewond toe ‘n skietery met die polisie ontstaan het. Hulle is onder polisiebewaking in die hospitaal. Die
‘Gewelddadige en militante oproer sal toeneem’
Die werkersvakbond NUMSA beskuldig die ANC daarvan dat hy nie swart werkers as mense erken nie. Die vakbond se hoofsekretaris Irvin Jim het Sondag die Joe Slovo-gedenklesing in Queenstown, in die Oos-Kaap gelewer. Jim sê die regerende party verwag van die land se arm mense om nederig en nie-gewelddadig te wees nie, ten spyte daarvan
Nuwe beeldmateriaal wys glo vreedsame Marikana-betogers
Beeldmateriaal wat voorheen nie beskikbaar was nie en wat die polisie se verklarings weerspreek oor hulle rol in die moorde is deur die Marikana se ondersteuningskommittee verkry. Die beeldmateriaal wys glo hoe polisiebeamptes hulle pistole uithaal voor die beweerde aanval deur mynwerkers. Dit wys ook hoe mynwerkers rustig aangestap kom en nie op die polisie
Lees verder: Nuwe beeldmateriaal wys glo vreedsame Marikana-betogers
Ramphele se Agang aap Amerikaanse beleidsvoorkeure na
Die leier van Agang, Mamphela Ramphele het in Washington gesê Suid-Afrika het hoë morele standaarde en internasionale respek verloor wat die land gehad het toe dit ‘n demokrasie geword het. Sy het die Oliver Tambo-gedenklesing by die gesogte Georgetown Universiteit in Washington gelewer. Ramphele het gepraat oor haar verkose onderwerp “Hulde aan Oliver Tambo deur
Lees verder: Ramphele se Agang aap Amerikaanse beleidsvoorkeure na
DRK, M23 steeds haaks
Vredessamesprekings tussen die regering in die DRK en M23 rebelle is weer opgeskort. Albei partye het kop uitgetrek kort nadat VN gesante gewaarsku het dat ‘n ooreenkoms bereik moet word om die rebellie, wat reeds 18 maande aan die gang is, te beëindig. Die Kongolese regering sê die samesprekings is gestaak omdat daar nie ‘n
Kleurling vol lof vir ‘goedbeplande’ sluipmoord
‘n Versoek om die grafte van dr. Hendrik Verwoerd en sy sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas, tot nasionale erfenisterreine te verklaar, is ingedien. Christian Martins, ANC-MPL, het dié versoek in ‘n brief aan die Nasionale Erfenisraad gemaak. Die brief is Maandag aan die media vrygestel. Martins, ‘n Kleurling, het in die brief gesê Suid-Afrika se geskiedenis sal
Lees verder: Kleurling vol lof vir ‘goedbeplande’ sluipmoord
Renamo, Frelimo op die oorlogspad
Mosambiek se opposisieparty, Renamo, het verklaar dat die vredesverdrag wat in 1992 met die regerende Frelimo-party gesluit is, tot die verlede behoort. Dié aankondiging volg nadat ‘n aanval deur regeringsoldate op Renamo se hoofkwartier geloods is. Volgens Renamo het die Mosambiekse weermag die party se basis in die sentrale Sofala-provinsie aangeval waarna die Renamo-leier, Alfonso
