Popela kry grond na eis slaag

landclaimDie Popela-gemeenskap buite Modjadjiskloof in Limpopo gaan uiteindelik hulle grond terugkry, sewe jaar nadat die Grondwethof beslis het dat swart individue die regmatige eienaars is.

Die streek se grondkommissaris, Tele Maphoto het bevestig dat die eis binnekort afgehandel sal wees, nadat ‘n ooreenkoms tussen die huidige eienaars en die Kommissie vir Grondeise bereik is.

Die gemeenskap het die Hof tien jaar gelede genader nadat laer howe beslis het dat hulle nooit op die grond gewoon het en dus nie die regmatige eienaars is nie.

Regter Dikgang Moseneke het toe bevind dat Popela nie bestaan het as ‘n gemeenskap ten tye van die onteiening nie, maar as individuele huurarbeiders en dat hulle as individue oor dieselfde regte as gemeenskappe beskik.

Die uitspraak het ‘n beroering veroorsaak omdat die betrokke gemeenskap as individue die eis teen ‘n boer Augustus Altenroxel, van Limpopo, geloods het.

Altenroxel het volgehou dat hy destyds nooit geweet het van apartheidswette soos die Naturelle Wet oor Grondbesit, die Naturelle Trust en Grondbesitwet, die Bantoe Wysigingswet op en die regeringskennisgewing van 1970 oor swart huurarbeid nie.

Die bestuur van die Wesfalia-plase het sedertdien geweier om ‘n stuk grond vry te stel sodat die gemeenskap toegang tot water kan hê.

Die Popela-gemeenskap het in Julie na Westfaliaplase by Mooketsi opgeruk om hul grond terug te eis van die huidige eienaars ná die Grondwethof se beslissing van agt jaar gelede oor ‘n aantal plase in die Mooketsi-gebied.

Die grondkommissaris het toe gesê dat hulle die onteieningsroete sal volg as die eienaars nie gehoor gee aan die beslissing nie.

Die Popela-gemeenskap se woordvoerder Ally Maake het toe gesê hulle sal die grond met geweld vat indien die huidige eienaars voortgaan om te weier om dit te oorhandig wat ook die toegang tot water insluit. 

39 thoughts on “Popela kry grond na eis slaag”

  1. Daar sal nou meer effektief en ekonomies geboer word na die onteiening van daardie plase. Daar sal glad nie bakhand gestaan word om implemente wat daar is te vervang agv geen onderhoud nie. Die DBV sal geen vee van kant hoef te maak nie, hulle sal soos gekry in top kondisie bly. Daar sal groter oeste per hektaar wees sodoende sal die regering meer balasting kan vorder.
    Wishful dreams! Ek wens Maake neem “before and after” foto’s van hoe dit daar oor ‘n jaar sal lyk.

    1. Moes nou glimlag – maar alles wat jy hier sê is waar – OF NIE !!!!
      Ons weet mos daar gaan vuur gemaak word van die houtkaste in die kombuis, sommer so in die middel van die vloer.
      Net een vraag, wie gaan die implemente voorsien (die staat ?) – dink nie so nie.

      1. Môresê Trippie. Die implemente en diere is deel van die deal, maar glo my, dit gaan oproes in wind en weer en die diere gaan aan hulle eie genade oorgelaat word.
        Ek het al foto’s gesien waar die baddens gebruik word vir stoorplek vir kole en hout!

          1. Dis feite wat jy noem Rooikop. Ek het “before and after” lugfoto’s gesien van een van die Letsitele sitrus-uitvoerplase. Die plaashuis wat seker kan kwalifiseer as ‘n herehuis is so geplunder dat net gedeeltes van die buitemure nog staan. Daardie eertydse sprokiestuin is om van te huil! Die lande lyk soos ‘n kaal stuk paradegrond! Dan sê party dat grondhervorming ‘n sukses is!

          2. Rooikop dit lyk vir hoe later in die dag dit raak hoe meer kom die Praag kommentors se skerp sin vir humor na vore so ver ek lees – hoe meer lag ek – “vreet die diere op binne 6 maande op en verkoop die implimente vir skroot” – dit is vir my skreeusnaaks – Sjert wat n ou bobbejaan is en self sy ketting optel om te loop – JAVR is besig om Jellietots te kou – ek lag dat die trane oor my wange loop!

          3. Riempies, ek het hierdie al by soveel geleenthede van gehoor. Dat spogplase binne een seisoen tot niet is. Die boer het vir homself en ten minste 40 gesinne gesorg op die plaas en nou is die hele helse spul honger. Dit is amper onmoontlik om daardie infrastruktuur weer op te bou – dit kos net te veel.

  2. So al het hulle nie die grond besit nie en al was hulle nooit as n stam daar nie, ” vir wat dit mag werd wees” al het geen swart nerf sy voet op die betrokke stuk grond gesit voor 1913 nie, moet hulle dit kry. Hoekom? want hulle se hulle wil dit he.

          1. Ek moes al ‘n slag my skoot rekenaar se skerm gaan was het.
            Ek kan mos lag soos ek wil. Hehe.

          2. Laat jy my nou dink aan die feit van hoekom het die mandela kindertjies ALMAL tissues in die kar???? omdat hulle sit en BRRRRRRRR met die lippe en die tissues moet die windskerm droogmaak!

          3. Ek is besig om aan jellytots te kou en het LELIK verstik met die stelling!!! Dis ‘n puik idee!!! Ek kan dit in my geestesoog sien! Dadelik ‘n patent kry vir dit!

  3. Baie interresante beslissing wat ons ook kan gebruik later veral die laaste paar woorde oor individuele regte “Regter Dikgang Moseneke het toe bevind dat Popela nie bestaan het as ‘n gemeenskap ten tye van die onteiening nie, maar as individuele huurarbeiders en dat hulle as individue oor dieselfde regte as gemeenskappe beskik”

        1. Rooikop –

          Ek het al gedink dat as ek en Trippie elk proctor in die hande kan kry wat jy beeste mee mak maak om in drukgang “gewillig” in te loop en nog meer “gewillig” om in dipbad te spring – hoe ons twee, hierdie hardekop hardebaard leiers van ons – heeltemal mak en baie gewillig om een tafel gaan kry.

          1. Ek sal kom help. My “Cattle Prod” is egter bietjie sterker as standaard – so ‘n bietjie “warm gemaak” 🙂

          2. Rooikop ek kan my mos so verloor in my eie geestesbeeld dat ander my aankyk asof ek nie regwys is nie terwyl ek vir my eie grappie in my kop lag dat ek bly le terwyl niemand weet waaroor ek by myself lag nie.

Maak 'n opvolg-bydrae