Kleurling vol lof vir ‘goedbeplande’ sluipmoord

Tsafendas, Verwoerd se sluipmoorenaar
Tsafendas, Verwoerd se sluipmoorenaar

‘n Versoek om die grafte van dr. Hendrik Verwoerd en sy sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas, tot nasionale erfenisterreine te verklaar, is ingedien.

Christian Martins, ANC-MPL, het dié versoek in ‘n brief aan die Nasionale Erfenisraad gemaak. Die brief is Maandag aan die media vrygestel.

Martins, ‘n Kleurling, het in die brief gesê Suid-Afrika se geskiedenis sal onvoltooid wees sonder Verwoerd, die sogenaamde argitek van apartheid.

Verwoerd het vanaf 2 September 1958 tot 6 September 1966 as Suid-Afrika se eerste minister gedien, toe hy in die destydse Volksraad deur Tsafendas aangeval is.

“Dimitri Tsafendas en Hendrik Verwoerd het dalk die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis ná die oorlog meer as enigiets verander toe Tsafendas die ‘argitek van apartheid’ doodgesteek het,” het Martins gesê.

Martins het gesê hoewel Tsafendas ongeskik verklaar is om verhoor te word, toon navorsing dat hy presies geweet het wat hy doen en die sluipmoord vooraf beplan het. – Sapa